

Die vryheid daarbo het my nou al lankal laat wonder hoe dit sal wees om in een van die vliegende voëls te vlieg, met die gevolg dat die gogga nou regtig begin byt.
Die grap van die dag is dat ek nog nooit gevlieg het nie... nie eers in 'n boeing nie.... seker te bang die ding val of wat, maar nou wil ek leer microlight vlieg.

Ek vlieg al lank radio beheerde helikopters en vliegtuie, maar met my voete oppie grond.
Nou die vraag aan die Kaapse manne... en dames... Ek woon hier tussen 'n magdom vliegvelde, maar waar stel julle voor is die beste vliegveld om by in te skakel veral as 'n mens onder begin.
Ek weet Delta 2000 en Fisantekraal is waar die opleiding plaasvind, maar sal graag julle input wil hê. "

