Dit is julle skuld dat ek hier is !!

Matters of general interest
User avatar
PhilWest
Ready for the first flight
Posts: 48
Joined: Mon Mar 12, 2007 10:51 am
Location: Philadelphia Cape Town

Dit is julle skuld dat ek hier is !!

Postby PhilWest » Mon Mar 12, 2007 8:24 pm

Elke mooi Saterdag/Sondag vroeg oggend storm ek hier by my huis uit in die mooi klein dorpie Philadelphia om my te verkyk na die helderkleurige "voëls" met enjins wat oor my huis se dak vlieg. Party van hulle sooooooo laag :wink: dat ek amper die "pilot" wil nooi vir "breakfast" :lol:

Die vryheid daarbo het my nou al lankal laat wonder hoe dit sal wees om in een van die vliegende voëls te vlieg, met die gevolg dat die gogga nou regtig begin byt.

Die grap van die dag is dat ek nog nooit gevlieg het nie... nie eers in 'n boeing nie.... seker te bang die ding val of wat, maar nou wil ek leer microlight vlieg. :P

Ek vlieg al lank radio beheerde helikopters en vliegtuie, maar met my voete oppie grond.

Nou die vraag aan die Kaapse manne... en dames... Ek woon hier tussen 'n magdom vliegvelde, maar waar stel julle voor is die beste vliegveld om by in te skakel veral as 'n mens onder begin.

Ek weet Delta 2000 en Fisantekraal is waar die opleiding plaasvind, maar sal graag julle input wil hê. " :twisted: Ek skryf maar net in afrikaans om te sien wie almal afrikaans is wat my antwoord :twisted: "
User avatar
gertcoetzee
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1303
Joined: Mon May 23, 2005 1:01 pm
Location: Cape Town
Contact:

Postby gertcoetzee » Mon Mar 12, 2007 8:41 pm

Welkom PhilWest.

Eers moet ons jou in die lug kry. Bel my by oh83564oh636. Ek vlieg redelik gereeld en sal jou vat vir 'n flip. Miskien skiet jy 'n kat en wil nooit weer in die lug nie.

As jy nog wil vlieg, gaan jy vir lesse by Trygve Skorge by Wintervogel (so 20 minute se ry van jou af). Hy is 'n bietjie eksentriek maar doen die ding goed. Dan ontmoet jy ook die spul wat die eksodus van Fisante na Wintervogel gedoen het - hulle vlieg net so gereeld. Volgende koop jy 'n trike, en soek hanger spasie (Wintervogel is die mooiste, Morningstar - so 10 minute van jou af, die winderigste, en Fisantekraal die lelikste).

Dan is jy een van ons.

So maklik soos val uit 'n boom uit.

Sien www.zu-dve.com om te sien hoe ek dit doen.

Ek hoop ek het wyd genoeg getrap sodat ek almal se tone hier vertrap het - wil nie graag iemand uitlos nie.
Last edited by gertcoetzee on Mon Mar 12, 2007 9:33 pm, edited 2 times in total.
User avatar
John Young
The Boss
The Boss
Posts: 1973
Joined: Tue May 24, 2005 8:38 am
Location: Jacksonville, Florida, USA

Re: Dit is julle skuld dat ek hier is !!

Postby John Young » Mon Mar 12, 2007 8:42 pm

PhilWest wrote:Ek skryf maar net in afrikaans om te sien wie almal afrikaans is wat my antwoord :twisted: "
Eerstans, verskoon die taal van "die vervlakste engelsman". :lol:

Tweedens - groot welkom ou maat - dit is 'n liewenslank siekte - geen regmak recipe. :lol:

Deerdens - besoek baie vlieg plekke in die Kaap. Praat aanhoudend met die mense. Organise a paar "flips". :idea: :idea:

Sit voer in 'n paar airies - dan maak jy jou 'mind op', :idea:

Help Bennie - my spel check wil nie lekker werk nie. :lol: :lol:

Groete
John ZU-CIB
User avatar
Bennie Vorster
Toooooo Thousand
Toooooo Thousand
Posts: 2111
Joined: Sun Nov 13, 2005 1:57 pm
Location: Newcastle
Contact:

Re: Dit is julle skuld dat ek hier is !!

Postby Bennie Vorster » Mon Mar 12, 2007 9:17 pm

John Young wrote:
PhilWest wrote:Ek skryf maar net in afrikaans om te sien wie almal afrikaans is wat my antwoord :twisted: "
Eerstans, verskoon die taal van "die vervlakste engelsman". :lol:

Tweedens - groot welkom ou maat - dit is 'n liewenslank siekte - geen regmak recipe. :lol:

Deerdens - besoek baie vlieg plekke in die Kaap. Praat aanhoudend met die mense. Organise a paar "flips". :idea: :idea:

Sit voer in 'n paar airies - dan maak jy jou 'mind op', :idea:

Help Bennie - my spel check wil nie lekker werk nie. :lol: :lol:

Groete
John ZU-CIB
=D* =D* =D* John my spell checker said you desurve ten out of ten. :wink: :wink: :wink:

Welkom PhilWest, die manne hierbo het dit reeds alles gese. As ek nou jy was het ek Gert se aanbod dadelik aanvaar en indien jy 'n draai by die vliegveld maak sal jy jou moet reg maak dat hierdie gogga jou nie gaan laat los nie. Dit klink my hy het jou klaar gebyt. Sterkte :twisted:
Growing old is far more dangerous than flying !!!
Bennie Vorster
083 277 5110
User avatar
PhilWest
Ready for the first flight
Posts: 48
Joined: Mon Mar 12, 2007 10:51 am
Location: Philadelphia Cape Town

Postby PhilWest » Mon Mar 12, 2007 9:34 pm

Dankie Gert, Bennie... Many thanks John... Gert ek sal jou definitief kontak... ek kuier BAIE op jou website. Lyk my daar is 'n groot saamtrek van microlighters by Wintervogel?

Ek woon nou so amper 'n jaar hier in Philadelphia. Die huis met die karavaan langs die garage in die nuwe deel van Philadelphia. My huis is teen die wingerd. Kannie mis daar van bo af nie en ek dink ek is die enigste ou met 'n karavaan in die dorp.

Ek sien die ouens land ook baie by Altona airstrip..... Begin ook nou so bietjie kennis maak met van die boere hier in die omtrek.
User avatar
ZS-NEL
Pilot in Command
Pilot in Command
Posts: 862
Joined: Tue Jan 09, 2007 11:13 am
Location: Tembisa
Contact:

Postby ZS-NEL » Mon Mar 12, 2007 9:55 pm

Baie welkom Pilwes,

Ek sê jou nou, as jy eers saam Gertjie gaan vlie het, loop verkoop jy dalk daai karavaan of trade hom in op 'n vlieënde driehoekiekoekie. Jy word dalk nog die enigste ou in die nuwe deel van Filadelfia met 'n kite.

:D :D :D
User avatar
Bacchus
Flying low - mind the power lines
Flying low - mind the power lines
Posts: 375
Joined: Tue Oct 11, 2005 9:21 pm
Location: Wintervogel C.T.

Postby Bacchus » Mon Mar 12, 2007 11:21 pm

Dagse PhilWest!
Ek is een vd Wintervogel "gang" waarvan Gert praat. Jy is baie welkom om by ons ook n draai te maak vir n flip. Sal jou met graagte vat, maar Gert is net so n goeie roep. Se vir hom hy moet sommer daar by ons kom land met jou dan ontmoet ons jou sommer. Vlieg baie oor Philadelphia. Inteendeel, het nou die dag erg huis gesoek in jou dorp. Het nog nie die idee weggegooi nie. Miskien word ons nog bure!

Ek is self n karavaan man , so ek sal hom soek as ek weer vlieg. Dit kan nie te moeilik wees nie! :lol:
ZU-GFC COBRA
User avatar
Bacchus
Flying low - mind the power lines
Flying low - mind the power lines
Posts: 375
Joined: Tue Oct 11, 2005 9:21 pm
Location: Wintervogel C.T.

Postby Bacchus » Mon Mar 12, 2007 11:22 pm

Dis in elk geval great om te hoor iemand like ons geraas. Gewoonlik baklei al die grondbewoners met ons!
ZU-GFC COBRA
User avatar
PhilWest
Ready for the first flight
Posts: 48
Joined: Mon Mar 12, 2007 10:51 am
Location: Philadelphia Cape Town

Postby PhilWest » Tue Mar 13, 2007 7:14 am

Hi Bacchus

Jy moet vandag 13h00 kom na 'n veiling van 'n huis hier in die nuwe dorp. Dis nie 'n bank veiling nie, maar die prys dink ek sal baie laag wees want die ou MOET verkoop want hy het hom reeds gevestig in Hermanus. Dink jy sal 'n bargain kry.

Wat die geraas aan betref ja...... julle kan seker nie meer raas as my quads wat ek hier in die wingerd ry nie.... moes al 3 keer gaan jammer sê het by Polisiestasie....

Johan Fourie
User avatar
DarkHelmet
Toooooo Thousand
Toooooo Thousand
Posts: 2046
Joined: Mon May 23, 2005 10:12 am
Location: Jukskei Park - Randburg

Postby DarkHelmet » Tue Mar 13, 2007 7:43 am

Welkom PhilWest!

Ek kan net eggo wat die ander ouens alreeds gese! Die Kaapse vlieg-geweenskap is baie aktief en as die gogga jou gebyt het is die koeel deur die kerk!
User avatar
Wingless Nut
Woohoo 100 posts - flying high
Woohoo 100 posts - flying high
Posts: 108
Joined: Fri Aug 05, 2005 2:10 pm
Location: Bellville

Postby Wingless Nut » Tue Mar 13, 2007 9:02 am

Gert en kie, ek sukkel nou al baie lank om my dik gat in die lug te kry. Het planne gekoop om uit te vind dat na al die CAA poefies en x-strale en, en, en... ek net sowel 'n "kit" kan koop. Fondse en werk spasie is skraps en begin ek nou self wonder oor hierdie trike-bedrywe. Ek is eintlik 'n 3-as man, maar het al aan my sagte enetjie beduie van 'n trike. Haar antwoord was reguit en duidelik; "Ek vlieg nie in 'n eierklitser nie". Ek lees al lank als op die forum en sien baie hoe vinnig ouens hulleself in die moeilikheid kry met trikes. MAAR ek moet een of ander tyd begin vlieg! Die idee is juis om vir sagtegeid 'n bietjie van die land te wys op 'n "birds eye view" metode. My vraag is eintlik; Hoe veilig en prakties is die goed?
Sop die Prop!
User avatar
John Young
The Boss
The Boss
Posts: 1973
Joined: Tue May 24, 2005 8:38 am
Location: Jacksonville, Florida, USA

Howdy Wingless Nut

Postby John Young » Tue Mar 13, 2007 9:31 am

Wingless Nut wrote:My vraag is eintlik; Hoe veilig en prakties is die goed?
Howdy Wingless Nut,

Simply put –

Your engine will only stop for 3 reasons, namely Fuel, Fuel & Fuel (in the widest sense such as kinked lines, blocked filter, blocked breather, cracked carb. rubber etc.) :shock: :shock:

Your trike will only crash for 3 reasons, namely Pilot Error, Pilot Error & Pilot Error (such as flying outside "the window of own ability / experience", showing off meaning too low, too slow and nowhere to go, deliberately flying over what you can’t land on etc.) :shock: :shock:

The other 0.000001% of times is just bad luck.

Regards and good luck with the egg beater theory that your wife has. :lol:
John ZU-CIB
User avatar
Morph
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 5176
Joined: Wed May 25, 2005 3:34 pm
Location: Cape Town

Postby Morph » Tue Mar 13, 2007 10:39 am

Met 'n naam soos Phil West en jy is Afrikaans, laat my herinder aan een van my oud doesente, Richard Archibald. Hy kon nie drie woorde in engels bymekar sit on 'n sin the maak nie.

Welkom,

Kom kuier eenige Saterdag oggend by Morning Star (langs die Volstruis Plaas op die ou Malmesbury Pad - Van Schoordrift Pad). Gert, CLU-less, Ranger, Gadget, ek natuurlik, Tsotsi, Bobman, Skidmark, en baie ander ouens "hanger" daar. Soos Gert gese het, hy of enige van die ander ouens sal jou vat vir n' mooi strand inluiding flip vat wat jou hele lewe sal verander.

Sien jou later

SoutP$%l Morph
Greg Perkins
User avatar
PhilWest
Ready for the first flight
Posts: 48
Joined: Mon Mar 12, 2007 10:51 am
Location: Philadelphia Cape Town

Postby PhilWest » Tue Mar 13, 2007 11:09 am

So baie mense vra my waar ek bly... Dan sê ek (Phil) Philadelphia... Dan vra die ander persoon .... is that in America... Dan sê ek... NO your idiot... on the (West) westcoast north of Cape town
User avatar
Mogas
Pilot in Command
Pilot in Command
Posts: 882
Joined: Thu Jan 11, 2007 5:51 pm
Location: Nelspruit
Contact:

Postby Mogas » Tue Mar 13, 2007 11:46 am

Welcome Philwest
Now if you ever come to the East.....
Anybody always welcome to come fly the Bushbaby with me.
Nottaquitta

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests