93 Oktaan teenoor 95 Oktaan Petrol!!!

The meeting place for gyronauts, gyronuts and those nuts about gyro's

Moderators: Gyronaut, Condor, FO Gyro

M I Claase
First solo
Posts: 76
Joined: Wed Dec 09, 2009 4:39 pm

93 Oktaan teenoor 95 Oktaan Petrol!!!

Postby M I Claase » Mon Jan 31, 2011 5:59 pm

:shock: :shock: :shock: Oktaan het n groot invloed op die Subaru enjin van die RAF. Het my max rpm van 5180 na 4830 rpm afgebring. Klink dalk nie ernstig nie maar glo my as ek 90% van my opstyg gewig was het ek my ____ gesien en die gyro ook! Ek het toevallig so 80% van my opstyg gewig aan boord gehad, opdraende opgestyg, 60 mpu, geklim tot so 150vt en toe ek na my spoed kyk 40mpu! Druk neus liggies af, geen verbetering. Hoogte word vinnig minder, begin noodlanding plek soek, bome voor my en na regs n redelike grondpad tussen bome, druk nou neus meer ernstig af in rigting van grondpad,trim rotor stabiliseerder vorentoe, engin bly op 4830 rpm en spoed begin optel na
50,55 en wat soos 10 min gevoel het net bo die bome en oor die grondpad eindlik 60mpu! Stadig geklim en kon toe selfs 70mpu hanhaaf. Terug op moeder aarde, vonkproppe uit, silinders druk toets binne 6 kpa van spesifikasie (1000kpa). Vonkproppe terug, kyk vir tydreeling- 100%.Grondloop, kry net 4830 rpm. Begin wonder of prop stellings kon verander het, onmoontlik. Val my nou by van die 93 oktaan wat ek by BP gekoop het. Gyro amper leeg, Maak vol met SASOL 95 oktaan, grondloop die enjin (met tou aan kar vasgemaak en baie versigtig) terug is my 5180 rpm.
Punt 1: maak seker jy gooi hoogste beskikbare oktaan in. Sasol sin is groen van kleur.
Punt 2: tydens opstyging gooi maar ogie oor enjin rpm en neem vroegtydig n besluit as dit nie reg is nie, veral as jy n passasier het.
User avatar
Pieter Smith
Flying low - mind the power lines
Flying low - mind the power lines
Posts: 379
Joined: Mon Mar 29, 2010 4:12 pm
Location: Alldays, Limpopo

Re: 93 Oktaan teenoor 95 Oktaan Petrol!!!

Postby Pieter Smith » Tue Feb 01, 2011 12:00 pm

Mnr Classe,
Wat se jy my nou?? Ek kry dan net 93 hier in die Limpopo. Het nog nooit 95 gebruik nie en vlieg dan op 100% teen 5200rpm. Kan dit regtig so groot verskil maak. Ek weet ek en jy is altwee dik gatte en ons alleen in die Gyro vol Petrol is al klaar naby 80%. :lol: :lol: :lol: :lol: :lol:
Grap net Malcolm, maar laat weet my asb, as dit waar is dan ry ek vir my 95 petrol aan van Polokwane af.
Groete
User avatar
Jabbanaught
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1177
Joined: Sat Sep 01, 2007 7:45 pm
Location: FASH - Stellenbosch

Re: 93 Oktaan teenoor 95 Oktaan Petrol!!!

Postby Jabbanaught » Tue Feb 01, 2011 1:20 pm

Pieter Smith wrote:Mnr Classe,
Wat se jy my nou?? Ek kry dan net 93 hier in die Limpopo. Het nog nooit 95 gebruik nie en vlieg dan op 100% teen 5200rpm. Kan dit regtig so groot verskil maak. Ek weet ek en jy is altwee dik gatte en ons alleen in die Gyro vol Petrol is al klaar naby 80%. :lol: :lol: :lol: :lol: :lol:
Grap net Malcolm, maar laat weet my asb, as dit waar is dan ry ek vir my 95 petrol aan van Polokwane af.
Groete
Pieter gooi net n paar biere by petrol om oktaan op te kry vhpy
Autogyro - Calidus ZU- ???
Magni M22 - ZU EGA
M I Claase
First solo
Posts: 76
Joined: Wed Dec 09, 2009 4:39 pm

Re: 93 Oktaan teenoor 95 Oktaan Petrol!!!

Postby M I Claase » Tue Feb 01, 2011 1:28 pm

Glo my dis waar! As dit nie die geval is nie dan is daar groot fout met BP se petrol! Jy sal dalk met 95 oktaan 5300rpm kry, wees maar net versigtig anders vlieg jy onder jou rotors uit of heeltemal van jou klok af. Stel voor kry eers vir jou G-suit.(Dit gaan dalk moeilik wees want ek dink nie hulle maak ons size nie!)
Ek hoor niks van jou t.o.v. die jagplekke nie.

Groetnis
ger koff
Thinking of flying
Posts: 14
Joined: Fri Nov 12, 2010 9:14 am

Re: 93 Oktaan teenoor 95 Oktaan Petrol!!!

Postby ger koff » Tue Feb 01, 2011 4:39 pm

Jammer. Ek kan net Engels mooi praat!

What may be happening is that the knock sensor on the engine is retarding the ignition timing slightly to prevent detonation when using 93 octane fuel. This will reduce the output power of the engine slightly but protect it from detonation. The solution of coarse is to use 95 octane at all times. Unfortunately it's difficult to hear detonation (pinking) in aircraft because of all the noise.
User avatar
Pieter Smith
Flying low - mind the power lines
Flying low - mind the power lines
Posts: 379
Joined: Mon Mar 29, 2010 4:12 pm
Location: Alldays, Limpopo

Re: 93 Oktaan teenoor 95 Oktaan Petrol!!!

Postby Pieter Smith » Wed Feb 02, 2011 7:44 am

M I Claase wrote: Ek hoor niks van jou t.o.v. die jagplekke nie.

Groetnis
Het jy nie jou mail gekry ni?????? :shock: :shock: :shock:
Ek het n klomp plekke op FB ook gelys. Ek stuur jou vandag weer al die nommers vir jou mail.
Ek drein al my 93 petrol vandag, het 95 uit Pietersburg laat kom, sal jou laat weet as ek deur die klankgrens breek.. :lol: :lol: :lol:
User avatar
MAGNIficent
Got my wings at last
Got my wings at last
Posts: 230
Joined: Fri Dec 07, 2007 10:36 am
Location: Pretoria

Re: 93 Oktaan teenoor 95 Oktaan Petrol!!!

Postby MAGNIficent » Wed Feb 02, 2011 12:46 pm

Pieter
Jy sal moet seker maak daar is 95 Oktaan vir die ALLDAYS FLY FESTIVAL
To fly is LIFE...!!!
Keep on LIVING...!!
User avatar
Pieter Smith
Flying low - mind the power lines
Flying low - mind the power lines
Posts: 379
Joined: Mon Mar 29, 2010 4:12 pm
Location: Alldays, Limpopo

Re: 93 Oktaan teenoor 95 Oktaan Petrol!!!

Postby Pieter Smith » Wed Feb 02, 2011 1:48 pm

MAGNIficent wrote:Pieter
Jy sal moet seker maak daar is 95 Oktaan vir die ALLDAYS FLY FESTIVAL
Hi MAGNIficent,
Ek het vandag met Jaques Pennels gepraat, hy verskaf Pietersburg Civil met Mogas en Avgas. Hy het n 2000lit en 4000lit trailer wat met die Vliegfees op Alldays sal wees met 95 Oktaan en Avgas. ( Hy aanvaar ook Petrolkaarte vir betaling )

LW: Die Total Garage op Alldays skuif ook binnekort oor van 93 na 95 Oktaan. (^^) (^^) (^^) (^^)
User avatar
MAGNIficent
Got my wings at last
Got my wings at last
Posts: 230
Joined: Fri Dec 07, 2007 10:36 am
Location: Pretoria

Re: 93 Oktaan teenoor 95 Oktaan Petrol!!!

Postby MAGNIficent » Wed Feb 02, 2011 2:02 pm

LW: Die Total Garage op Alldays skuif ook binnekort oor van 93 na 95 Oktaan.
TOTAL BO (^^)
To fly is LIFE...!!!
Keep on LIVING...!!
User avatar
Gyronaut
Toooooo Thousand
Toooooo Thousand
Posts: 2265
Joined: Mon Oct 30, 2006 4:26 pm
Location: Morningstar - Cape Town, Western Cape

Re: 93 Oktaan teenoor 95 Oktaan Petrol!!!

Postby Gyronaut » Thu Feb 03, 2011 1:36 pm

Net nog een interessante punt... Hoe ouer brandstof raak, hoe laer raak die oktaan! Veral in plastiese houers - so passop. Ek het iewers verneem dit kan soveel as 3 oktaan in 3 weke verloor! :shock:
User avatar
LenM
Going for flight test
Going for flight test
Posts: 193
Joined: Mon Jun 15, 2009 10:14 am

Re: 93 Oktaan teenoor 95 Oktaan Petrol!!!

Postby LenM » Thu Feb 03, 2011 2:17 pm

Gyronaut

[Verskoon maar, maar vir almal op die forum gaan ek in Engels reageer]

The layman’s response...
The octane drop you mention is similar to a balloon with Helium inside. On day one the helium + ‘air’ mix fills the balloon and it floats nicely. During the night the smaller (helium) particles escape and therefore in the morning you find the balloon floating much lower to the ground. There’s much less Helium left over and the ‘air’ is closer to equilibrium...

Similarly, on the molecular level a plastic container (or balloon) looks like sieve or grid. When storing fuel there is therefore an escape of smaller molecular particles, which will result in an octane drop.

Metal containers, on the other hand, offer no such issues!
Len M

The knack [to flying] lies in learning how to throw yourself at the ground and miss.

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests