


50,55 en wat soos 10 min gevoel het net bo die bome en oor die grondpad eindlik 60mpu! Stadig geklim en kon toe selfs 70mpu hanhaaf. Terug op moeder aarde, vonkproppe uit, silinders druk toets binne 6 kpa van spesifikasie (1000kpa). Vonkproppe terug, kyk vir tydreeling- 100%.Grondloop, kry net 4830 rpm. Begin wonder of prop stellings kon verander het, onmoontlik. Val my nou by van die 93 oktaan wat ek by BP gekoop het. Gyro amper leeg, Maak vol met SASOL 95 oktaan, grondloop die enjin (met tou aan kar vasgemaak en baie versigtig) terug is my 5180 rpm.
Punt 1: maak seker jy gooi hoogste beskikbare oktaan in. Sasol sin is groen van kleur.
Punt 2: tydens opstyging gooi maar ogie oor enjin rpm en neem vroegtydig n besluit as dit nie reg is nie, veral as jy n passasier het.