Ek sal graag meer inligting wil van die van julle wat eerste handse ondervinding het van jag met 'n trike. Hopelik is dit baie goedkoper. Watter tipe trike? Is een genoeg? ens. Ek is self 'n trike pilot maar het my trike verkoop aangesien daar nie huidiglik 'n hanger en landingstrook is nie. Ek wil so gou moondlik 'n "strip en Hanger" opsit om weer te begin vlieg. Huidiglik is daar ander prioriteite, maar die jakkals is nie bereid om op te hou vang tot ek reg is vir hom nie


Alle potensiele trike-jagter is natuurlik welkom om te kom probeer. Ek sal die karoo choppies voorsien en kan oor 'n prys ooreenkom vir elke jakkals (dood) geskiet.
Groete
Peter