Ek het in die 70`s in Oranjemund by die diamantmyne gewerk as n Mining supervisor. My ryding daar by die werk was n Landie. Baaaie pret gehad met die Landies. Jy is later so goed met die ding, jy "chyns gheers" 8 keer sonder dat sy ratkas kap of krap. 1ste rat low range,vir die wegtrek, 2de chyns, 1 ste rat hoog, 3de chyns, 2 de rat low range, en so gaan jy aan,tot by 4 de rat hoog:- 8 ratte!! Klink amper soos n Oskos lorretjie sonder exos brieke wat deur n lekker windgat boy bestuur word. Jy raak gesout om in sand te ry, en sit later net nie meer vas nie! Maar ek het agtergekom hulle vrot ook maar lekker op van die blikwurm daar teen die weskus. Jy ry nog so lekker, dan sak sak die Landie inmekaar, soos n perd uit n Ronald Ragan Western wat in n trip-wire ingehardloop het. En dan ry jy nie verder nie. Die Landie n sorry sight, chassis middeldeur, en olie loop oral uit. Oor Oranjemund se Landies kan ek vir jou n boek skryf. Ons was toe n klomp jong latte bymekaar, en het vet pret met die Landies gehad, EN CDM het ons daarvoor betaal ook nog.
