Bennie, ek het dieselfde krisis gehad toe ek besluit het om 'n Gyro te koop. Wanneer jy met die agente van elke vliegtuig begin praat, dan raak jy mal. Elke agent se doel is om sy vliegtuig te verkoop.
Ek het gegaan en die verskillendes gevlieg, maar het gevind dat ek nie werklik 'n mening kan vorm nie aangesien ek niks geweet het van gyros nie.
'n Mens is dus aangewese op advies van agente sowel as pilots.
Die betroubaarste inligting sal jy kry by onafhanklike ouens wat reeds al hierdie Gyros gevlieg het. Dit sal instrukteers wees wat ondervinding het op al hierdie vliegtuie en wat opleiding op hierdie vliegtuie bied.
Weereens, as jy 'n Gyro wil he, dan wil jy hom nou he en jy wil gewoonlik nie die raad van die manne met die ondervinding glo nie. Ek weet presies hoe dit voel. Jy dink by jouself: die gyro het dan ook vlerke en 'n toe kajuit ens... hoekom sal hy nie ook dieselfde kan vlieg as die ander nie.
'n Mens dink later in sirkels.
Ek kan jou egter verseker, die toe kajuit is nie so belangrik nie. Meeste ouens se dat dit veroorsaak dat die gyro meer onstabiel is in winderige weer en jy moet wakker sit op landing. As toe kajuit vir jou so belanrik is, kry dan eerder 'n vliegtuig. 'n Gyro werk net beter as dit 'n oop kajuit is en daar is in elk geval min tot geen wind in die pilot seat.
Hoop dit help. Sterkte
