Hi MAK en Tink.
Eerstens Tink veels geluk met jou vlug - Ek weet van vlieniers wat paar honderd uur het maar net om die dam.
Jy het nou werklik vlerke gesprei en weg gevlieg.
Ek het natuurlik n ongemaklikheid met enigiets waar die vlerke vinigger beweeg as die kajuit gedeelte) -HE HE
Mak - Die beste tyd om Namibia se weste dele te vlieg is ongelukkig nou tot so einde Mei begin junie.
Net na die reen en die mooi is as die rooi duine onder wuiwende blinkaar gras staan. Weer is altyd mooi met min winde.
Temperature begin ook nou stadig daal .
Winter is koud met skoon lug maar baie droog.
Augustus tot November is weer klein reentyd met baie sterk weste winde en stof ( baie onplessierig)
Reen sysoen begin gewoonlik eers middel Januarie tot so eind April ( soos tink nou gevlieg het.
So sal voorstel beplan lekker lank voor die tyd - mooiste natuur tonele asook beste winde etc is April tot net voor die eerste ryp val en alles droog raak
Junie.
Namibia het net drie skool kwartale en het nie n impak op die verblyf nie - maar kyk na die RSA skool vakansies-
Jy sal verbaar wees om op sesriem of Solitair te land en dan het jy werklik met die gyro nie eers n vlerk om onder in te kruip nie.
Hou my privaat mail erens en kontak my vorentoe veral met verblyf - brandstof etc.
groete uit die woestyn
Johan de Wet
jdewet@mweb.com.na
Enigiemand wat vlieg diekant toe voel vry om my te kontak