My hand pyn my vanoggend lank voor son-op wakker. Ek het n helse val gehad, en n beentjie in my hand gebreek. Maar die dag is te mooi om te mors, en ek sluip stil-stil die huis uit, want vandag is VLIEGDAG!! Die "speelpark" wink. Daar is plekke wat ek van naderby wil gaan bekyk. Die hele ritueel van petrol ingooi, ruit was, "taaiers" skop ens word lui-lekker aangepak, want vandag is ek nie haastig nie. Jinx spring baie gewillig die lekker koue lug in. Mmmm, is ons darem vandag weer lig op taaiers!!

Ek wil vandag 2 spots van naderby gaan kyk. Spot een is die landplek nie te grof nie, maar daar is gate en so hier en daar n groterige bos. Geen probleem nie. Ons hang stert omlaag tot presies waar ons wil land, en plant hom waar hy moet wees. Ek klim die klein koppie uit om sy bokant beter te gaan verken. Ja, die boesmans was hier. Oral rond le stukkie volstruis eier dop, en stukkies "flint" waarvan hulle pyl punte gemaak het. Teen die kant van die koppie is n groterige gat in die skalie formasie gegrawe, en ek loer in. n Paar kwaai bye vertel vir my, "voetsek, ons soek jou nie hier nie!!" Ek maak my gedwee uit die voete want daai efinilopiekenienieerrouplanealojem, vat nie kak van enige iemand af nie, en ek swel aller verskrikliks van bysteek.
Opstyg is lekker kort, want die spasie is maar min. Spot 2 is interessant. Die landplek is kort, en die over run maar growwerig. Dankie Vader vir lekker vet tekkies. Dis een van daai plekke waar jy wonder, nou hoekom het ek hier geland?? Ek stap rond, en dis verskriklik droog. Net toe ek dink hier is rerig niks, sien ek hier is tog n bietjie lewe. Blommetjies en n bossie met n paar groen blaartjies. Ek onthou dat hier so 2 weke gelede n buitjie reen geval het. Seker maar die. Die "landingstrook" hier is klipperig, en die opstyg interessant. Terug by die huis vra my Softness:"Waar was jy", en ek vertel.........Haar kommentaar: "Jy kyk te veel long props & big rocks". As sy maar weet!
