Goose wrote:Pietb wrote:PM Gestuur
Ag nee man watse ge PM is dit met jou ons almal wil weet
Goose
Relax Manne !!!
Daar is geen geheime nie !!
Hier is maar die eenvoudige manier waarop ek dit doen....dit werk vir my en hopelik vir julle ook.
Groetnis !
Hier is wat ek vir Pitt Bull en Koos gestuur het.
Hi Koos
Eerstens watter tipe GoPro het jy ? Is dit die 2 of 3 model ?
Indien jy `n GoPro 2 het kan jy vir jou `n "Olympus ME 15" eksterne mikrofoon koop (ek het een by Digital World in Kolonade Sentrum Pretoria) gekry.
Dan Koppel ek sommer direk in kamera en vat die mikrofoon en sit dit binne in die cup van my headset. Werk soos `n droom as die kamera natuurlik in die vliegtuig gemonteer is (agv lengte van koord...is maar kort). As ek dit op die vlerk monteer het ek `n ander mikrofoon gevat en die koord verleng.
Nou....indien jy `n GoPro 3 het moet jy ook natuurlik `n eksterne mikrofoon kry maar die probleem is jy kan nie die stereo sok direk in die kamera Koppel nie en het `n "3.5 mm stereo na hdm kabeltjie (standaard GoPro item by New World Pretoria) nodig om die mikrofoon aan kamera te Koppel. "ook weer `n manier om geld te maak uit die man op straat !!)
Hoop jy kom reg.
Indien enige verdere vrae is jy welkom om te kontak.
Groetnis
Piet