Hier volg n weergawe van ons vlug tot by Narabus, in die Suide van Namibiee.
Verder Suid tot by Keetmans.
Ons roete vanaf Reveille neem ons na Piet Brunert op die plaas Goldene Aur. Dit is slegs 98 Knt van Reveille en word ook beplan met n stop iewers op n pan tussen die twee plekke. Ons word weer verras met n kalm wind wat ons grondspoed opskuif na ongeveer 75 knt.
Wat ons vliegplanne betref was ons altwee teleurgestel dat ons nie die volle dag kon benut vir vlieg nie.!! Met n gasheer soos Piet en Gerda Brunert van die plaas Goldene Auf was die opoffering weldra beloon.!!!Ons ontvang die plaasbakkie om self op die plaas rond te ry en wild te besigtig.
As kompensasie vir ons gratis verblyf en my oordadige eetlus onderneem ek om die vleis te braai. Met my vernuftige braai tegnieke voeg ek aansienlike smul-waarde by die reeds perfekte gemarrineerde skaap rib wat vervolgens sonder seremonie verorber word.
Piet was self n trike pilot van formaat wie reeds bekendheid verwerf het met n paar moeilike landings, waaroor ons nie hier kan praat nie, Hy het nou oorgeskakel na Gyro.s toe soos die meeste Namibiese boere tans doen. Trikes is in Nam ou brood.!! En daar is goeie redes voor.!! Vra my later.!
Na n lekker kuier is ons vroeg die volgende oggend in die lug en sterk op pad na Keetmanshoop wat meer as 200knt verder suid gelee is. n uur en half se vlieg verder land ons by nog n Gyrp Pilot boerseun, Alwyn Jordaan, wie ons inwag met 100 litt brandstof en n uitnodiging om die nag daar te vertoef.!!! Ons geniet Koffie en beskuit, vat daarna die lug verder. Die plan is om iewers ons vlug te onderbreek en bene te rek. Die besluit val op Gaumus Pan .
Ek land eerste en kom met my trike tot stistand net voor twee pale wat op n kort afstand tussen mekaar geplant is…

baie gelukkig dat ek betyds tor stilstand kon kom.!!! Die pale was uit die lug onsigbaar as gevolg van hul kleur wat aangepas het by die grond oppervlak. .Ek waarsku Louis en hy misgis ander paaltjies verder langs die runway as die paaltjies waarteen ek waarsku..Lang storie kort ons was albei amper in die moeilikheid..Die terrain waaroor ons vlieg is steeds ‘leeu wereld’ en enige oomblik kan iets uit die bos spring en jou verslind!!
Ons kom presies 12 uur, SA tyd, by Keetmans aan. Die vroee aankoms is te danke aan n lekker matige noordewind en stel ons instaat om ons uitklarings en paspoorte te laat stempel en die nodige opdrag om Namibie te verlaat word nou n amptelike dokument.!
Ons bedoeling om eers die volgende oggend te vertrek word verydel toe die amptenaar ons meedeel dat ons dokumente bepaal dat ons dadelik moet koers vat..!!!
Ons besluit op n plekkie met die naam van Narubis en vertrek in ietwat rukkerige omstandighede na ons destinasie so 35 knts verder suid-Oos.
Teen so 65 Knts grondspoed is ons weldra daar en poog ons om iewers langs die opstal te land. Toe dit nie slaag nie word die pad daar naby probeer. Ook dit is nie moontlik nie en ons laaste opsie is die stuk veld so 5 Km verder waarop daar in 1984 laas n aerie op geland het,!! Louis land eerste met sukses en sonder enige gebreekte bene of vliegtuig skade. My poging is minder suksesvol toe ek aan die einde van die gewese runway eers die gras korter sny met my prop en toe daarna deur n sloot jaag!!!

Genadiglik is niks beskadig nie en anker ons die trikes teen n verwese boompie wat op die oog-af jare laas water geproe het.
Ons onvermoee om by die opstal te land veroorsaak dat ons die distansie na die plaas toe moet stap. Die eienaar het klaarblyklik nie gehoor hoe ons sukkel om by sy huis te land nie en ons maak die afleiding dat daar niemand by die huis is nie. Na n uitmergelende staptog boslangs van ongeveer 5 km en oor n droe revier- bedding kom ons swetend en swetsend en honger en dors by n lewelose plaas opstal aan.,
Verweerde plaas geboue, stukkende vensters en n dooie koedoe wat neffens die plaashek le versterk die gevoel van verlatenheid. In die lig van die volmaan ondersoek Louis n verlate gebou wat eens n hotel was en nou leeg staan met geen teken van lewe op hierdie Saterdag aand nie.!!
Die stap deur die sand en bos met n vrag van 20 Kg noop my om n rusplek iewers op die sement stoep te vind. Ek sluk twee voltarins wat Louis iewers uit n sakkie krap met n voorraad spoeg af wat ek met moeite versamel het.!! Louis se onrustige gees noop hom om ondersoek in te stel na n lig wat n ent verder flou deur n venster skyn en waarby ons reeds in die verbygaan geroep en gefluit het sonder enige sukses.
Net toe ek begin gemaklik raak met die vlermuise en harde sementvloer hoor ek iemand roep my naam..Dit is Louis en ek hoor hy praat met iemand..
Weereens word ons die gaste van n weldoener en na n baie lekker koppie koffie word ons vriende met Giel Bronkhorst..wie dadelik merk dat my skoene vir maande nie geborsel is nie.!!!
So tussen gesels en kosmaak leer Giel ons beter ken en begin ek al hoe meer sku;ldig voel oor my ongeskeerde gesig, lang hare, en vuil pet wat ek op het..
Vir ons honger manne was die gereg van gekookte artappels, en wors met sous n heerlike gereg. As self-opgelegde straf omdat ek vergeet het om my pet af te haal gedurende die tafel-gebed onderneem ek om die skottelgoed te was en sodoende weer die guns van my gasheer te wen.
Dit was gisteraand 22 Junnie en more oggend vroeg vlieg ons Ariamsvlei toe..Daar moet ons brandstof kry en weer op konnekteer met Fransa wie die sleepwa in Maltueue moes gaan haal.
Ons is nou onwettig in die land aangesien ons al in Upington moes gewees het,.!!Hopelik sal inspekteur watsenaam ons nie weer op die runway kom haal nie!!!!! Nie dat ek bang is om toegesluit te word nie..maar dink net aan al die burokratiese rompslomp en bla, bla, bla.!!wat sal volg!!

vir eers.!!