Hier is nog geskrifte...
Verblyf en Vertrek Walvisbaai...
Wat jy beplan en uiteindelik gedoen kry is nie altyd versoenbaar nie. Die landing in Walvis was weer n “Internasionale” landing.!! Dit het ook gepaard gegaan met die nodige teregwyssings maar genadiglik baie meer vriendelik as elders ervaar.!!
Ons word deur die bekendste persoonlikhede van Walvisbaai by die lughawe ingewag en word vervolgens afgevoer na Chris en Marissa Fourie se woonhuis waar n genoeglike gereg op ons wag..Na n paar doppe word ons program vir die volgende paar dae aan ons verduidelik wat sonder enige teenspraak deur almal aanvaar word.
Christo Marais ( vrou Deona) n plaaslike Gyro pilot onderneem om met’ brieke aan’ saam met ons te vlieg na n plaas genaamd Libertas waar die eienaar, Poena Olivier en sy vrou Connie n Pilots Fly-Inn vir die naweek bedryf. Die plaas is naby Outjo gelee in die hart van Noordelike Namibie en net n oggend se vlieg van die Etoshapanne..!!! Van Walvis, ons vertrek punt, is dit oor Uis verby die Brandberg en vingerklip en so entjie verder sien jy n runway van 1.3 Km wat uit die bos te voorskyn kom. Die naam is Libertas.
Voor ons vertrek moet Louis se aerie se carburator vervang word met een wat per koerier vanaf SA bestel is. Die taak word opgedra aan Chris Marais ons nuut gevonde Gyro pel..Die Joppie neem ons die beste deel van n dag en is uiteindelik afgehandel teen laat agtermiddag toe dit nie meer moontlik was om die eerste been van ons vlug na Henties te onderneem nie…Met die res van die span wie toe reeds in Hentiesbaai is vlieg ons toe sommer padlangs met ons vriend se Volkswagen Amarok….en die volgende oggend weer terug om werk op Louis se aerie klaar te kry..

Op hierdie stadium begin ek al wonder hoe n ou die trip verder sal doen met n vliegtuig wat net nie wil regkom.!!! Min wetende wat voorle vir my.

!
Terug by Walvis word die werk aan die carbs vootrgesit en teen ongeveer 10H30 is Louis tevrede dat die aerie genoeg reffs het om hom in die lug te besorg.
Ons landing by Uis gaan weer gepaard met die tipiese hoflikheid en vrygewigheid wat ons tot nog toe in Namibie ervaar het. Piet Fourie, hy vlieg ook n trike, sponser my met 25 litt brandstof .
Teen laat agtermiddag land ons by Libertas… Op die runway staan reeds n Jabiro, n Cheeta, twee Gyro,s n Jak, en n Savanna dan nog die twee trikes van ek en Louis. Nog n paar vliegtuie word verwag en moontlik ook ons vriend en donateur van Sesriem en sy aktriese vroukie.
Libertas is gedeeltelik gelee op n plato vanwaar dit deur beboste klowe en droe riviere met oer-oud-watervalle afsak in valleie wat duisende voet onder jou oopmaak in n laeveld wat voor jou uitstrek so ver soos jou oog kan sien. Op die rand van die plato by die ‘valei van stilte ‘ sit ons met n glasie wyn in die hand en staar voor ons uit na n lewende skildery wat wag om op doek vasgele te word.. Die tydloosheid, waarin wind en water oor miljoene jare hierdie tonele baar, sal nie ongemerk deur n oplettende natuurliefhebber mis gekyk word nie.. Teen die kranse wat duisende voet na benede sak bestaan n mikro kosmos van lewe..bekadig jy een vernietig jy die ander… Dassies, bobbejane, pappagaaie, luiperds, slange, maak n lewe teen die kranse.!! Onaangeraak oor miljoene jare..In onontdekte grotte le die gebeentes van diere wat deur luiperds ingesleep en verslind is.
Ons besoek aan Libertas sluit onder andere n besoek aan een van hierdie grotte in. Die grot bestaan uit gange en ruim sale wat oor miljoene jare geskep is deur die tydsame werking van natuurkragte waaroor jy net kan wonder..!!!
Die plaasbestuurder, Klaas Oberholzer en sy vrou Maryna, word ons gasheer en gasvrou toe die res van die besoekers Sondag 16 Junie hulle pad terug vind.
Ons vertrek is bestem vir baie vroeg Maandag oggend 17 Junie...en soos n goeie pilot betaam is ek en Louis gereed om 7 uur Maandag oggend in die lug te klim op pad terug na SA toe waar Debbie my vrou, reeds die dubbel bed met roosblare bestrooi het.!!.

My laaste preflight toets, net voor jy volspoed opstyg is die ‘mags’ en ag tog, daar kom ek toe agter wat gebeur as n magneto gek@k het.
Laaang storie kort, dit is nou Woensdag en more is Donderdag en ons is nog op Libertas en wag vir iemand om n job op my aerie te doen en n onderdeel te kom installeer wat ek by n trike pilot gekoop het met die naam van Dirk Oelofse van Rundu. Die bekendse en bekwaamste trike AP in Namibie…Dirk het die afgelope week al ure met myself en Louis en andere op die telefoon gespandeer om aan ons en die persone wie ons help leiding te gee….DANKIE DIRK, BAIE DANKIE.
Terwyl ek hier skrywe het die werktuigkundige van Outjo ge-arriveer en is hy besig om CHG van al haar waardigheid te stroop..Sy staan ontbloot daar op die runway terwyl n vreemde man in haar binnegoed rondkrap en ek uit hoflikheid teenoor die werktuigkundige en my geliefde CHG eerder hier onder die lapa kom sit en skrywe..In die agtergrond hoor ek die werkruigkundige wie kom koffie drink het praat oor die operasie wat hy uitvoer en moet ek bieg ek is te bang om te luister…
Ja, n ou kry ouens wie trikes bou, dan kry jy ouens wie ander leer om die goeters te vlieg..Nog ander bou vlerke en ander bou weer engines om die goed aan te dryf. Dan is daar die dommes soos ek, wat die goed vlieg, hulle word die pilots genoem en meer kere as gereeld weet hulle niks van die ding se engine af nie.

Ek is een van laasgenoemde.!! Die ou wie die aerie herstel is die tipiese ‘boer maak n plan’ soort, wat kans sien vir alles en nie ophou voor die ding werk nie, of dit nou n generator n waterpomp of n vligtuig engine is, maak nie saak nie.!!
Die goeie nuus is die aerie is herstel..Gestrip op die runway en n ander magneto in gesit..!!Karel van Boere Dienste in Namibie se motto is; daar waar hy breek maak hy hom reg en hy hou nie op voor hy nie reg is nie.!!!Dit wil gedoen wees.!!...En R6000. Vlieg ek weer met mags wat werk…
Die naam van die plaas is Libertas en die persoon wie jy kan kontak indien jy die ervaring van jou lewe wil he, en dit alles teen n billike tarief is:
Poena en Connie Olivier. +264814356326…of Klaas en Maryke Oberholzer +264817936503.

Vir eers.!!