Hier is nog maar ek moet erken hoe later hoe meer deurmekaar...Die wind waai die shit uit die vlaktes en ek en Louis sit in n kroeg tussen n klomp boere wie kla oor hulle bokke wat so gesteel word.!!!
Ons trikes is voor die kroeg vasgemaak en ons kan hulle nie eers hier weg taxi nie...nevermind nog probeer vlieg,!!!!
Verblyf in Upington aankoms in Namibie
Ons mees onlangste plek van verblyf was Kalahari Oryx waar ons met n hoorbare HOERA! vertrek het..
By Upington word ons met groot antisipasie ingewag..want so met die aankomslag word dit duidelik aan die lug-kontroleur dat hy hier te doen het met manne wat met’ hand held radios’ op privaat runways vlieg..Ek word aangese om al die Radio werk te doen want Louis se radio wil nie lekker werk nie.!!!
Ek voel gekomplentimenteer by die gedagte dat ek nou sommer twee trikes inbring op n Internasionale lughawe…Nie n geringe taak nie.!!! Na so paar blapse en teregwysings vanaf die toring land ons en skud mekaar die blad met die besondere prestasie..min wetend wat voorle..
Ons weldoeners help ons om die aeries in n hanger te kry en die plan is om weer die volgende oggend verder te vlieg na Namibie…( sien Louis se blog vir meer erkentlikheid teenoor diegene wie ons gehelp het).
So gese so gedaan en vroeg-oggend is ons by die lughawe.. ( oggend 22 Mei) Na n paar run-ups wys Louis alles is nou reg met die carbs op sy trike…Net die Radio pla nog n bietjie en die uwe ( dis ek) sal weer die punishment vat met die radiowerk.. Ek moet byvoeg dat die ATC ons nou al baie goed ken en ons vir hulle!!
Die ondersteunings voertuig word aangese om te vertrek want” alles is O K en ons sien julle in Ariamsvlei…” Nou moet ek byvoeg dat dit alleen gebeur na al die administratriewe werk verbonde aan die Doana, Uitklaring, Immigrasie, landingsfooie, vlugplanne , checks en preflight checks ens ens ens…gedoen is.
Ek is reeds in die lug maar sien geen teken van Louis nie…Sy Radio werk nie en ek het nie kontak nie en hy het my klaarblyklik nie gevolg nie.

Die gedagte om deur te druk Ariams vlei toe kom by my op maar gelukkig sien ek toe uit die hoek van my oog dat hy weer geland het…
Ek draai om in n wind wat nie lekker is nie, en moet weer met radiowerk begin wat nog minder lekker is..Intussen Taxi Louis op die runway sonder radio verbinding en toestemming van ATC en ek word aangese om die Pilot van CEX aan te se om by die beheertoring te rapporteer sodra hy terug is op die apron..!!! Louis kon nie in die lug kom nie want sy aerie het gesmoor agv n gebrek aan brandstof wat te wyte is aan die Carburators wat foutief is. ( Klink soos engine out!!!!)
Die ondersteunings-voertuig wat nou al amper oor die grens is word aangese om terug te draai en ons weldoeners word in kennis gestel dat ons terug is…Nou is dit weer vlugplanne wat gekanselleer word, immigrasie, Doana, ens ens ens…Ons wag die dag uit met die verwagting dat die wind sal bedaar en ons later die kans sal kry om weer te probeer…..maar daardie geluk kom ons nie oor nie..
Ons sal weer 23 Mei probeer en hoop dat die wind ons gaan toelaat….Intussen benut ons die tyd om n paar aankope te doen en ons skryfwerk op datum te kry..en hulp te kry met die carbs en Radio op Louis se aerie. Ek besluit om in die aankomssaal te slaap…
Die volgende oggend, 23 Mei, is ons vroeg by die lughawe. Ons betaal R200 elk aan die Doana mense vir die vroeg inkom.!!Dit word later duidelik dat dit n vermorsing van tyd en geld was want ons kom in elk geval nie hier weg voor 08H30 nie……en dit na al die papierwerk, doana, vlugplan, immigrasie ens ens..afgehandel is…Nie n geringe taak nie en Louis neem die leiding met hierdie dinge..By die Apron word Louis gehelp deur Eben Mocke, n nuutgevone vriend en vliegtuig-werktuig kundiges om CEX se carburators na te gaan en hierdie keer vertrek ons met n gevoel van ‘alles is reg’. Die ondersteunings voertuig wag hierdie keer tot hulle oortuig is alles is wel met ons….Die wind is tussen 8 en 10 KNTs en die verwagting is dat dit ons in die ribbes sal tref en dalk nog bietjie spoed sal gee. ..Die Radio-werk is weer aan my oorgelaat en met n n bietjie meer vertroue pak ek die taak aan om tog maar net weer reg gehelp te word met van die kleiner detail.!!! So met die opstyg merk ek met afguns hoe styf die windkous in die lug staan en wonder wat dit vir ons inhou!!!
Na 25 min in die lug besef ons dat die wind ons nie gaan toelaat om ons destinasie te bereik nie aangesien die gronspoed af is na 14 tot 20 knt,s. By tye wys ons verwagte tyd van aankoms by Ariams vlei 8 ure vorentoe..Ons besluit om om te draai en binne 5 min is ons terug en dis weer ek en die lug kontroleer.. Weer deur die roetine van vlugplanne ens ens doeana ens ens..Ons begin nou al soos bekendes voel en ons ken al die 4 lugkontroleurs op die voorname.!!!
Intussen is ons ondersteunings voertuig al op pad na Namibie en ons besluit om dit daar te laat en die dag af te wag vir n beter geleentheid..
Ons weldoener kom haal ons by die lughawe laat die agtermiddag en dring aan ons slaap by hom....Hy laai ons by n Dros af en later die aand hike ons terug na die kamers 6 km verder..
Met al die radiowerk is ons al ou bekendes by die lug kontroleurs...die volgende oggend, 24 Mei, is ons weer terug en hierdie keer is ons vasbeslote om op te styg en nie weer terug te vlieg na Upington nie…Al is die wind hoe sterk en al moet ons elders land..!!! Louis het weer n reuse taak om ons deur al die vlug-planne en landings fooi afdeling te kry en uiteindelik beweeg ons weer by die gelukkige windkous verby wat nie huiwer om sy manlikheid ten toon te stel nie.!!
Na ongeveer 2 uur 30 min land ons veilig in Namibiee, word opgelaai deur die plaaslike polisie inspekteur en na die doana en immigrasie kantore geneem..Binne ongeveer 15 min is ons pasboeke gestempel en word ons wettige toeriste in die land van drome.!!! Dit natuurlik heeltemal teenstrydig met alle verwagtings in want ons was gewaarsku dat ons in Ariamsvlei ge-arresteer sal word..!!!
Blue Max…foto,s will follow.!!!