n Goeie ou vriend van my, Oom Freddie Jooste het op Kenhardt gebly vir baie jare, en het as werktuigkundige gewerk by die Afdelingsraad. Hy het, omdat Kenhardt so n klein dorpie is, werk-toe en huis-toe gestap. En as hy so n 800m ompad gestap het, gesweer Jan Bean se bar was op sy pad huis toe. Een dag loop hy by die kaffee aan om vir hom n pakkie Lexington te koop, en hy sien in die yskas le sulke spits pakkietjies met blink pampier toegedraai en sulke geel-en blou labeltjies op. En hy vra: Nou watse goed is daai? Nee se die keffie eienaar, dis Rokkeford kaas, of Stink-kaas soos party mense hom noem. Nou maar gee maar , en toe hy betaal, kom hy agter DIE kaas is nogals donners duur, maar is toe te trots om dit nou weer terug te gee. En so loop hy toe maar weer sy 800meter ompad om by sy huis uit te kom.......via Jan Bean se bar.
En toe hy lekker gemaklik sit, met sy dop voor hom, steek hy n Lexington aan, en dit val hom by van sy stuk kaas in sy sak. Toe die papiertjie ritsel, toe sit en KYK Jan Bean se bont Foxterrier hondjie hom met nat neusie, blink ogies en n sterjie wat waai. En hy dag so by homselwers: f-k jou hond, DIE kaas is daam te verdomp duur om virre blerrie hond te gee, en hy maak die pakketjie oop, en besef hoekom party mense se dis "stinkkaas". Maar toe vat hy n diep sluk aan sy dop en maak sy Jousef Rodgers knipmes oop en sny vir hom n stukkie kaas, en voor hy lank daaroor kan dink, toe sit hy dit in sy mond, en toe kom hy agter DIE kaas, proe soos hy ruik. En toe spoe hy die stukkie kaas uit, en die hond vang dit sommer so in die lug. En vertel hy my dit vir die waarheid, toe trek daai hond sy lippe soooo weg van sy tanne af, en hy sluk daai stuk kaas so uuump vinnig in, en toe gooi daai hond hom op sy sy neer en le en lek in sy hol om n beter smaak in sy bek te kry.
