Dankie Boet, maar lees weer my eerste post. Die arme man het die kraan oop vergeet, nie dat hy dit elke dag oop los nie.
Daar is mos fout as die petrol deurloop, nie waar nie? As mens nie weet wat dit veroorsaak het nie kan mens mos nie gaan vlieg nie.
Wat sal in die lug gebeur, sal die een helfte van die enjin dan te ryk loop? Sal dit vrek? Sal niks gebeur nie?
Gelukkig vlieg ek met C85, net een vergasser

En ek het ook al die kraan oop vergeet, niks het gebeur nie. Trouens, dis soms beter as mens die kraan oop los as die stopover net vinnig koffie drink en dan weer vertrek is, want dit hou die drukking op die brandstof en die mogas vorm dan minder borrels in die pype. Ek mag verkeerd wees, dit voel maar net so. Die Rotax dink seker ook anders daaroor.