VREDENDAL FLYIN

Upcoming flying events, fly-ins, airshows, flights etc
Johan Nortje
Signed up at flight school
Posts: 24
Joined: Mon May 23, 2005 10:01 am

VREDENDAL FLYIN

Postby Johan Nortje » Wed Aug 15, 2012 11:06 am

Hoekom is die Vredendal manne so stil vanjaar. Gaan julle nie vanjaar n flyin hou nie?
Fires
Slow starter
Posts: 1
Joined: Thu Aug 23, 2012 8:17 am

Re: VREDENDAL FLYIN

Postby Fires » Thu Aug 23, 2012 8:44 am

Verseker hou ons Flyin!
Die inligting rondom ons flyin is redelik wyd versprei maar om een of ander rede nie hier op Microlighters nie.

Die flyin vind plaas volgende naweek 01 Seprtember 2012 op die aanbreek van lente. Ons het dit een naweek aangeskuif juis om alle ons besoekers
'n beter geleentheid te bied om die area in sy blomme prag te aanskou. Dit is ook die rede hoekom daar geen beperkings gaan wees op scenic flights nie.

Soos oudergewoonte sal dinge al die vrydag afskop, met 'n hele paar manne wat dan reeds invlieg om ons wyn in die kontrei te probeer minder maak!
Daar sal musiek wees en die hanger met kroeg sal van Vrydag reeds oop wees.
Vrydagaand sal daar potjiekos vir die honger manne teen R60 per kop beskikbaar wees, jy sal kan kies tussen hoender of skaap.

Saterdag oggend word 'n ontbyt teen R35 aangebied om die dag met 'n lining te begin.

SAterdag gedurende die dag sal daar kos te koop aangebied word, dit sal wissel van hamburgers, hotdogs tot slap chips ens.

Saterdagaand word daar 'n braaivleis ete teen R125 aangebeid, wat'die optrede van 'n gaskunstenaar sal insluit. Andries Vermeulen kom
op aanvraag weer terug hierdie jaar. Hy het die manne aan die brand gepraat en tot laat aand lekker besig gehou.

Sondag oggend voor vertrek is daar weer 'n ontbyt teen R35 beskikbaar.

Dit is egter baie belangrik om vroegtydig jou ete kaartjies te bespreek om teleurstelling te voorkom.

Met aankoms vra ons elkeen om asb net te registreer, dit sal gratis wees, maar ons wil asb julle inligting hê en dan kan jy sommer jou
ete kaartjies wat nog nie gekoop is nie, daar koop.

Moet asb nie wag tot saterdag aand om jou ete kaartjies te koop nie, ons het verlede jaar baie vinnig uit verkoop!

Daar sal nie traffic cantrol wees nie, soos verlede jaar net informasie.

Vredendal Toyota stel weer twee voertuie bekikbaar vir die shuttle diens vanaf vlieg veld na gastehuise en ook die dorp self.

Op ons perseel sal badkamer geriewe beskikbaar wees vir die manne wat wil kamp.

Vir enige verblyf navrae of enige verdere inligting kontak asb vir Jacques Jansen van Vuuren by 0836440311 of Tilana by 0724840392.

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest