Na twee maande se stres oor 'n gebrek aan vlieg, en die feit dat Polokwane nie hangars het wat hoog genoeg is vir 'n trike nie , beland ek toe op Potties. Aanvanklik het ek opgesien teen die feit dat ek 70 km moet ry om te gaan vlieg, en dan weer 70 km terug, maar, ek het besluit daai petrol en tyd is als die moeite werd om saam met hierdie manne te vlieg!
Saterdag, twee ure in die oggend, wyd oor die Springbokvlakte, toe al langs die kranse by Entabeni, bobbejane soek oor die berg langs die runway, ribbetjies, pap en sous en vliegtuie was, nog 'n uur laatmiddag al langs die Nyl af, en donkertyd by die huiskom! Ek voel heel tuis!
Ek het baie nice footage afgeneem - my kop-kamera werk nou weer mooi - nou moet ek net die software bietjie uitsort dan pos ek later in die week 'n paar mooi foto's en 'n video! Hier is solank 'n paar foto's. Potties rule!
