Slipper clutch........... DIS nou n ding wat jou LELIK kan ore aansit. Stel hom te styf, kan jy dit net sowel maar uitgelos het. Stel hom te pap, dan wil die enjin nie start nie. Jare terug was n vriend se 912 met so n "pap" slipper clutch toegerus. Van koud af wou die enjin nie start nie, of hy HET gestart, maar wil nie loop nie. Hy "start", maar dan draai die prop net so krkrkrkrkrkrkrkr...... staaadig, so of iets die ding terug hou. Haal die prop af, start en loop die ding soos n superbike, en as hy dan warm geloop is, en jy sit die prop terug, geen probleem. Ek en oorlede Cecil Link het lank kop gekrap oor die een, en na die slipper clutch uitgehaal is, geen verdere probleme nie. Wat gebeur is: Omdat die enjin so n klein relatief, ligte flywielietjie het, moet hy redelik vinnig draai om te start. Met so n "slap" slipper clutch, klim die clutch se lobbe teen mekaar uit, en nes die enjin wil spoed optel skop die clutch die krukas terug, en die enjin kry nie genoeg momentum om aan die gang te kom nie, en dan loop die enjin net so krkrkrkrkrkr.......... Another valuable lesson learned.
