Hiers nou vir jou n storie

Matters of general interest
witwillem
Top Gun
Top Gun
Posts: 529
Joined: Sat Mar 21, 2009 10:55 am

Hiers nou vir jou n storie

Postby witwillem » Wed Jun 22, 2011 8:45 pm

:mrgreen: Ek sit laat agtermiddag op die stoep — yskoue Castle in die hand, die mal rifrug van my jaag tarentale wat hoenderkos wil steel, vroulief is besig om ʼn rooibokboud (het heel toevallig voor die bakkie ingeloop; julle weet mos) in die oond te druk, toe ek amper die bottel insluk na ʼn moerske slag en gil van agter die waenhuis.
Die rifrug skrik homself in ʼn ander bloedgroep in, vroulief gee ʼn gil wat die dode kan wek, my trotse haan val hom des moers van sy stok en ek mors van die kosbare koudheid.

Kom my jongste knaap om die waenhuishoek gehol met ʼn stofstreep agter hom aan, spoegslierte om die mondhoeke, skreeuend van ver af: "Pa moet gou kom, hier het ʼn lelike ding gebeur!!"

Ek storm soos ʼn wafferse voorspeler die trappe af, slaat oor ons werfkat neer, spring op - so in die verbygaan skop ek die arme kat amper in ʼn gehoortoestelletjie in - en gryp my seun aan die skouers. Die hond raak verbouereerd, gryp my aan die broek. Vroulief, pan in die hand - minus die boud - storm my uit die pad, slaat die hond vir ʼn ses met die pan, gryp my seun by my en hyg:

"Is jy oraait? Het jy seergekry?"

"Nee, Ma!" met so ʼn vriesbrand stemmetjie, "Dis Jakobus, Ma, hy het die longdrop opgeblaas."

Nou moet ek eers verduidelik: agter die waenhuis het ons ʼn longdrop gebou vir die werkers, vat te veel tyd as hulle eers kaias toe moet loop vir die dinge van die natuur; dinge kan partykeer jaerig raak so met die werk en eet saam. Veral vir Jakobus, my butler, soos ek hom noem.

"Is Jakobus oraait? Leef hy?" hyg skreeu vroulief met ʼn aamborstige Gunston-stem. Nie dat vroulief enigsins rook nie.

"Ja, Ma, hy't ʼn vuurhoutjie in die skag afgegooi terwyl hy op die troon gesit het, Ma! Sy kroonjuwele en exhaust is geskroei, Ma!"

"Swerwer, gaan kyk of die man nie dood is nie," word ek beveel.

Nou met vroulief praat jy nie teë nie, veral as haar stemmetjie so ʼn oktaaf styg.

So staat ek en kyk na Jakobus se agterent en juwele, hy gebukkend, toe Dominee skielik om die hoek kom. Was so beïndruk met die werkinge van metaangas dat ek nie die motor hoor stop het nie.

"En nou, broer?" wil Dominee met ʼn skok in sy stem weet.

Ek skrik my amper bo-op Jakob se rug en probeer terselfdertyd sy broek optrek. Hy brul en gil van die pyn en probeer uit die broek ontsnap.

"Nee, Dominee, man, gee bietjie hand, Jakob wil nie stilstaan nie," hyg ek uitasem.

Dominee ruk hom om, marsjeer stywebeen en baaaaie vinnig terug na sy motor. Ek staan vasgevang tussen Jakobus se pyn en Dominee se gedagtes.

"Te dinges met jou, Dominee," dink ek by myself en trek weer Jakobus se broek af. Met dié draai Dominee om en sy mond gaan oop om iets te sê, maar geen woord kom uit by die aanskoue van die af broek. Hy staat en gaap-gaap soos ʼn vis op droë grond voor hy homself in sy motor boender en met skreeuende bande wegtrek.

Intussen het Jakob homself uit sy broek bevry en daar gaat die man op loop reguit na sy kaia toe. Sy vrou het hom op ʼn afstand sien aankom, vasgesteek, en weer gekyk, ʼn smile op haar gesig gekry en begin om haar bloes los te knoop. (Ek het eers later by Jakob verneem hulle was teen daardie tyd al twee weke nie op "speaking terms" gewees nie.)

Toe Jakob die deur langs haar ingedraf kom, gee sy hom ʼn speelse klap op die boud, op die eina. Die man pak ʼn paar Dunlop-briekmerke teen die grond vas, swaai om en maak vir die sementdam.

In die hardloop besluit Boel, my rifrug, hierdie is ʼn lekker speletjie en hap speels aan Jakob se alie. Jakob trek sy twee boude inmekaar soos ʼn uitgedroogde lemoen en duik vir die dam, saligheid klaar op sy gesig, maar ongelukkig skuur sy twaksak teen die damwal. Borrels met onaardse geluide binne vasgevang bars bo die oppervlak uit.

Al wat Jakob uitkry met sy kop bo die water: "Jo-jo, nooit ek hy poep weer!!"

Kyk, die ding tussen my, Jakob en dominee het geloop pla. ʼn Anderse soort branderigheid hierbinne waar jy nie vatplek kan kry nie, toe gaat maak ek die saak met dominee reg. Hom mooi verduidelik van die omstandighede en gebeure.

Daarna was dominee saf, maar ook nie te saf nie, wou nooit weer alleen saam met my iewers heen ry nie, en by die kerkbasaar het hy mevrou Dominee altyd styf onder sy arm vasgeknyp as ek sou nader staan. Ek dink ook nie dit het gehelp toe ek na maande weer my gesig in die kerk wys, en my seun wat van Amerika besoek, sy oë op die Nagmaaltafel gerig, kliphard laat hoor het: "Jis, pa, ek hou van dié kerk, hulle het shooters!"
Attachments
Ek sit laat agtermiddag op die stoep - for merge.doc
(40.5 KiB) Downloaded 352 times
User avatar
Duck Rogers
Toooooo Thousand
Toooooo Thousand
Posts: 2318
Joined: Tue Nov 29, 2005 9:49 pm
Location: West Rand

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby Duck Rogers » Wed Jun 22, 2011 9:13 pm

=D* =D* =D*
Ons het jou gemis. Welkom terug met die stories :lol: :lol:
Airspeed, altitude, or brains....you always need at least two
User avatar
Alkemac
Top Gun
Top Gun
Posts: 587
Joined: Thu Jun 18, 2009 11:05 am

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby Alkemac » Thu Jun 23, 2011 7:27 am

I KILLED myself laughing..

WW - you're in the same league as Herman Charles Bosman!

vhpy vhpy
ZU-DODO
User avatar
Tobie
Nothing beats flying
Nothing beats flying
Posts: 405
Joined: Thu Jun 23, 2005 8:37 am
Location: Wintervogel C.T.

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby Tobie » Thu Jun 23, 2011 8:00 am

Skitterend, die trane loop vani lag, dankie nou kan die Donderdag maar kom! (**)
Playing Planes.
ZU-BCW / ZU-BOC
Aerotrike / Challenger
witwillem
Top Gun
Top Gun
Posts: 529
Joined: Sat Mar 21, 2009 10:55 am

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby witwillem » Thu Jun 23, 2011 8:05 am

Dit was laas week n tragiese week , ek wou net almal opbeur ek hoop nie ek het van julle stadsjapie geafronteer nie , Groetnis Willempie
User avatar
Alpha
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1020
Joined: Mon Oct 19, 2009 3:20 pm
Location: Klipriver Airfield JHB South

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby Alpha » Thu Jun 23, 2011 8:17 am

Absoluut fantasties...die prentjie wat n mens in sy kop vorm as jy nou hierdie lees....

Awesome
Sometimes you will never know the value of a moment until it becomes a memory - Flying is making moments, memories

ZS-WGT
ZU-AAS
Proud member of The Chain Gang
viewtopic.php?f=1&t=18311
http://www.facebook.com/groups/574736389205283/
User avatar
Tailspin
Three Thousand
Three Thousand
Posts: 3677
Joined: Mon May 23, 2005 9:53 am
Location: West Rand
Contact:

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby Tailspin » Thu Jun 23, 2011 9:47 am

Witwillem

I have not laughed so much in a long long time.
You keep them stories coming dude !!!! !!!!
Gavin van der Berg - ZS-WWF
“The genius controls the chaos”
One of the Proud Chain Gang Founding Members
User avatar
t-bird
Top Gun
Top Gun
Posts: 717
Joined: Wed Jun 01, 2005 6:03 pm
Location: Brisbane

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby t-bird » Thu Jun 23, 2011 9:55 am

Hou so aan !! Laat my aan die ou dae dink van Tolla en Spies en Plessie
User avatar
Pietb
The sky is all mine
The sky is all mine
Posts: 490
Joined: Mon Sep 18, 2006 1:36 pm
Location: Wonderboom

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby Pietb » Thu Jun 23, 2011 10:07 am

Great !! :lol: :lol: :lol:
User avatar
Bugwar
Top Gun
Top Gun
Posts: 597
Joined: Mon Aug 20, 2007 2:08 pm
Location: Microland

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby Bugwar » Thu Jun 23, 2011 10:39 am

In die gees van goeie stories. Ek kan nie op outerskap aanspraak maak nie.

WAARSKUWING: NIE VIR SENSETIEWE KYKERS NIE!!!!
PG WARNING!!!


Die Ontvanger van Revenue
Posbus 121
Rustenburg
4010

2 Mei 1977

Waarde Heer,

U brief het vandag met 'n 5 sent seel hier aangekom. Ek en my seun het groot plesier daaruit geput, behalwe dat die brief alles wat vooraf gegaan het, teruggebring het in ons gedagtes.

In 1945 het ek 'n saagmeul op skuld gekoop.

In 1955 het ek 'n span perde, twee ponies, 'n ossewa, 'n tweeloop haelgeweer en twee maer varke gekoop - alles op skuld.

In 1956 het die verdomde meul tot op die grond afgebrand. Een van die ponies het gevrek , die ander een het aan 'n onnosele wetter geleen wat hom laat vrek het van honger. Toe sluit ek by die kerk aan.

In 1957 is my pa dood en my broer is opgehang omdat hy 'n pensioenaris verkrag het. 'n Boemelaar het my dogter op die paal gesit en ek moes hom R100 betaal om nie 'n familielid te word nie.

In 1958 het my seun pampoentjies gekry wat toe afgesak het na sy knaters en hy moes gekapater word om sy lewe te red. Later het ons gaan visvang toe die bleddie boot omneuk en twee seuns van my met heel balasse verdrink.

In 1959 loop my vrou weg met 'n skaapskeerder wat my 'n tweeling nalaat as 'n aandenking. Ek huur toe 'n huishoudster en trou later met haar om geld te spaar. Ek het 'n helse job gehad om haar op die paal te kry. My dokter se toe ek moet haar op die Fyndraai skrikmaak. Daardie aand vat ek toe my haelgeweer bed toe. Toe ek dink die tyd is reg toe leun ek by die bed uit en trek die skoot deur die venster af. Die gevolg, my vrou het in die bed gekak, ek het 'n breuk opgedoen, en my beste koei wat buite gestaan het is in haar moer.

In 1960 het 'n vuilgat my stoetbul se eiers uitgesny, ek was toe in my donner en het begin drink. Hiermee het ek aangehou tot ek net 'n armhorlosie en 'n swak blaas oorgehad het. Om die horlosie op te wen en te pis het my 'n tydjie besig gehou. Na 'n jaar het ek moed geskep en 'n misstrooier, 'n baalmasjien en 'n koei gekoop - alles op skuld. Toe kom die vloed en spoel die hele fokken spul weg. Ek was nie verseker nie en was weer in my moer. My vrou kry toe vuilsiek van 'n verkoopsman en 'n ander seun van my (nie die een sonder ballas nie) vee sy gat af met 'n giftige haasvel en vrek van onsteeking in sy hol.

Jy kan dus my verbasing voorstel toe ek lees dat julle vir my MOEILIKHEID gaan maak as ek nie my rekening op datum bring nie. As u aan enige moeilikheid kan dink wat ek nog nie gehad het nie, sal ek dit waardeer om daarvan te hore te kom. Om geld uit my te kry, is soos om te probeer om botter met 'n rooiwarm naald in 'n ystervark se hol te stop. Ek wens dat 'n storm muishondstront oor julle trek, en daardie klomp bliksems in jou kantoor wat my die brief gestuur het, vrek.

Dienswillig vir Krediet,

Samuel Venter
Roos Straat 10
Roos Vallei
Rosenville
Rustenburg
ZU-EHG - Raptor

Vulture Squadron videos
http://www.youtube.com/user/VultureSquadronZA
kloot piloot
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1499
Joined: Thu Jan 10, 2008 10:37 pm
Location: Sky @ FABS (Brits Flying Club)
Contact:

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby kloot piloot » Thu Jun 23, 2011 11:57 am

(^^) (^^) (^^)

Nog een van onbekende bron:

Piet en Koos, ou skoolvriende, loop mekaar weer raak na twintig jaar.

“Haai, ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy gaan doen na skool?” vra Koos.

“Ek het Tale gaan swot op Tukkies en het my Honneurs gekry in Afrikaans. Daar ontmoet ek toe ook my vrou, wat gedigte en prosa skryf vir ‘n lewe. Sy het ‘n Meestersgraad in Letterkunde gekry voor ons eerste seun gekom het. My seun is ‘n konsertpianis in Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in London se balletgeselskap. Julle moet een aand oorkom dan hou ons ‘n kultuur-aand. Wat van jou? Wat het jy met jou lewe gedoen Koos?”

“Nee,” sê Koos, “ek was mos al op skool ‘n bietjie bakleierig en het na skool maar ‘n bokser geword. Daar ook my vrou ontmoet, die dogter van ‘n boks promotor, en in daai tyd kon vrouens mos nie boks nie toe begin sy met karate en sy het haar swart belt gekry voor ons eerste kind daar was. Ons seun het laas maand sy SA kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo. Julle moet een aand oorkom dan moer ons julle.”
Roel Jansen
Never say: "I should have ..."
ZU-IAR powered by BMW 1200
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 5057
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Mooketsi,Duiwelskloof
Contact:

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby nicow » Thu Jun 23, 2011 12:42 pm

Nico
Limpopo Flight School
nico@limpopoflightschool.co.za
User avatar
Tumbleweed
Toooooo Thousand
Toooooo Thousand
Posts: 2349
Joined: Wed Nov 16, 2005 7:14 pm
Location: FASC

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby Tumbleweed » Thu Jun 23, 2011 6:18 pm

Put it in the mag (^^)
Sling ZU FYE - For Your Entertainment
Jean Crous
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1262
Joined: Sun Sep 19, 2010 6:31 pm
Location: Barrydale Western Cape

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby Jean Crous » Thu Jun 23, 2011 9:40 pm

witwillem wrote:Dit was laas week n tragiese week , ek wou net almal opbeur ek hoop nie ek het van julle stadsjapie geafronteer nie , Groetnis Willempie
:lol: :lol: :lol: :lol: Willempie, ek het my "baar-vader" geskeur van die lag, my vrou kyk my nou nog snaaks aan........ :lol:
The new front seat solo Cubby MK2 powered by Rotax 912 S 100hp
Cubby Aircraft Factory
Suppliers of Nitrate, Butyrate, adhesive, Fabric
Email: cubbyaircraftfactory@gmail.com
0726716240
Jean Crous
SACAA Approved Person 402
User avatar
Leprachaun
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1161
Joined: Mon Aug 22, 2005 12:57 pm
Location: Pretoria

Re: Hiers nou vir jou n storie

Postby Leprachaun » Fri Jun 24, 2011 12:11 pm

Ek voel nou sommer beter , Jaulle groep grapjasse maak my dag , Hou so aan Alex (Leprachaun )
A pilot lives by perfection , or not at all!

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 15 guests