Ek is so pas tuis na n lekker lang rustige "drive, in en om ons mooi dorpie. Die afgelope paar weke het ons mooi reens hier gekry, en alles hier is met n groen kleed oorgetrek. Die groen raak later in die jaar BLOMME. As die reen gereeld kom kan vanjaar weer n blomme seisoen afgee wat dit die moeite werd maak om te kom kyk. Dis altyd moeilik om te voorspel wanneer presies hierdie kleure skouspel gaan begin, maar dis normaalweg in Augustus tot Oktober. Ons omgewing spog met n onsaglike groot verskeidenheid van blom-spesies, n botanikus se droom OF sy nagmerrie. Hiermee n paar blom fotos, party my eie, en n paar wat CFD geneem het, van n blomme seisoen n paar jaar terug. Dis moeilik om op fotos weer te gee wat n mens hier in blommetyd ervaar. Ek sal probeer om deur hierde tread julle op hoogte te hou, so as dit BAIE mooi raak, kom kyk gerus self. Dis n lekker ervaring.
Attachments
Beetle daisies op low level
19.08.06 Flowertjies 134.jpg (68.84 KiB) Viewed 6437 times
Hi Boet ek en Hildegard beplan om hiedie jaar weer die blomme te gaan kyk by Nieuwoudtville, as ons tyd het kom maak ons dalk n vinnige draai by julle.
Groete
Jean
The new front seat solo Cubby MK2 powered by Rotax 912 S 100hp
Cubby Aircraft Factory
Suppliers of Nitrate, Butyrate, adhesive, Fabric
Email: cubbyaircraftfactory@gmail.com
0726716240
Jean Crous
SACAA Approved Person 402
Nice *&%$# nice het jy al gesien as ons koring of mielies of sonneblom en katoen hier oppie vlakte blom dis net so nice ,
Jis Ou Boet ek sal graag wil kom kyk watis die kans vir n aviator naweek daar op windpompiesfontein Wit willem
Witwillempie, jy is meer as welkom om te kom kuier. Bring vir ons n lekker stukkie dro rooibok saam. Dit raak nogal partykeers baie mooi hier op Windpompiesfontein.
Ons het die laaste 2 dae 25mm lekker sagte insak reen gekry. Dis NAT hier....en baie GROEN. As dit so voortgaan sal ons vanjaar n rekord blommejaar beleef!
Namiddag weer rond gery. Dis moerse mooi groen hier, en al die groen gaan oor n maand of twee in blomme oorgaan. Dit gaan MOOI lyk hierdie jaar op Loeriesfontein, as die reen so voortgaan. Volgende koue front word vir Dinsdag voorspel.........