Ons bemarking vir die vliegfees het afgeskop met ons eerste advertensie in die SA Flyer ( April 2011) bl.50. Hou asb die African Pilot, SA Jagter, Wild & Jag, SA Flyer en Landbou Weekblad dop vir die Mei en Junie uitgawe. Ons het duisende flyers en posters gedruk, as daar iemand is wat ons kan help met advertensie by Lughawes/Vliegskole ens ens. of enige plek waar u dink dit opgeplak kan word sal ons dit opreg waardeer. Stuur asb u posadres waarheen ek die flyers en posters vir u kan pos. Pieter@alldaysvliegklub.co.za Byvoorbaat baie dankie.
Groete uit n lekker nat Bosveld



http://www.alldaysvliegklub.co.za