Vandag was weer Mr Murphey se dag..

Maar laat ek eers vertel van gister..20 July.
Lieflike weer en lekker gevlieg vanaf Wavecrest hotel 15 nm suid van Transkei grens tot by Port Edward .Distansie 210 nm. Tyd gevlieg 4 hrs 30 min.
Fantastiese omgewing om te vlieg..Die gebied vanaf Port Alfred deur die Siskei tot anderkant die Transkei, loshande die mooiste in die land, veral vir die ou wat stilte en natuurskoon soek.
My kamara werk oortyd..Orals waar ek kyk wil ek afneem.!As jy oorweeg om die land te verlaat gaan kyk eers hoe lyk dit hier en besluit weer..Jy kan vir jou n huisie bou in een van die villages , n paar beeste aanskaf en jy sal stellig ryker wees as die meeste ouens daar in joburg.

Vars lug en vars vis elke dag en vannaand dans al drie jou vrouens vir jou om jou kampvuur.!!
Talle pragtige onbewoonde rivier mondings. Lodges met aanloopbane tot teen jou slaapkamer..Gevlieg oor plekke soos Hole in the wall. Coffee Bay..Geland op die eksklusiewe aanloopbaan van Port st Johns..Die runway is 1500 bokant die kuslyn. Final approach op 27 is seevlak en die holding point op 27 is 1500 ft bo seevlak..!! sien fotos wat ek later sal pos.
Die wind was vol turbulensie en ek sal nie aanbeveel om sommer daar te land as daar alternatiewe plekke is nie.Ek moes my vrag oor vasmaak, refuel en kon agterna ny my trike aan die gang kry nie..en daar is nie n mens binne myle nie…! Bly weg.vlieg oor en geniet..
By Port Edward help Flynn my met brandstof en daarvandaan vlieg ek na oulike plek met die naam van Emoyeni..Brain help met fuel en ek hanger veilig sonder moeite..Ok n plek waar jy langs jou slaapkamer kan land.., Dit is naby Howick..
Vanoggend 21 July na Hluhluwe vertrek. Oor Eshowie en Empangeni..tot by n lodge met die naam van Ezumweni..Die Zulus se alphabet het lyk my baie E,s in.!!
Was nie lekker vlug nie..

Swak uitrsig…Vir 90 nm net berge onder my..

Valey of a Tenthousand Hills..en by dit alles verander die weer skielik en bevind ek my in slegte weer met baie turbulensie..Ek trek daardie controle bar tot teen my keel vas en trap die juice dat die trike net wil boontoe…By Empangenie geland en gereken ek sal daar moet oornag..Nie n mens in sig nie en die vooruitsig dat die weer kan vererger..
Die gedagte dat ek dalk voor n ander ou se toegesluite hanger sal moet slaap, sonder kos het my vrees vir die weer heeltemal verdryf en na ek brandstof ingegooi het,het ek weer laat waai…

Totaal 3 en half uur gevlieg aan 150 nm.. Die laaste uur weer in sulke tipe weer dat n ou nie eers n foto kan neem nie..
Ek begin nou huis toe verlang..Die Rotex gaan nog 6 ure mooi moet sing dan is ek hopelik more aand in my eie bed..
Moeg sal later pics pos..
