Caledonner wrote:Ek is baie jaloers elke keer as ek Gert se website (DVE) besoek en sien hoe hy die Weskaap verken en sy pragtige foto's met ons deel en ek laat my nie vertel al hierdie vlugte is in mooi stil weer soos waarin ek vlieg !! Om n lang storie kort te knip,- beskryf asb. vir my wanneer omstandighede JOU bang maak ; of wanneer jy weet dit is nie nodig om nou al op jou senuwees te raak. Ek sien nie op die oomblik kans om verder as 40 km van my hanger af te vlieg vir ingeval die weer sou versleg . Is rowwe thermal turbulensie 11:00 tot 14:00 gevaarlik ? Kan skielike sterk wind waarin ek onverwags beland my Trike omdop? Onder watter omstandighede moet ek nie probeer terugvlieg huistoe ,maar land waar ek kan en nederig huistoe bel ! In kort : waar is die limits ??? As ek aan Mike Blythe se wereldwye trips dink,- onder watter omstandighede sou hulle land en nie verder vlieg ?

Hello daar!!
Hier is my 2 cent
Vir n begin, n trike kan in baie erge weer vlieg en jy sal Ok wees, maar die idee is om nie daar te begin.
Doen dit in stappe en met mede pilots.
1) Besluit hierdie Saterdag gaan jy n trip doen van 30km een kant toe saam met ander pilots.
2) Gewoonlik soontoe sal glad wees en terug sal dit dalk bietjie stamp met die thermals. Kyk na die ander trikes om jou se vlerke as dit turbulent is. Jy sal sien die vlerk beweeg skaars, dit is eintlik die karrietjie wat skud en jou laat dink jy word rond gegooi
3) Maak seker vir n begin jou vlug na die bestemming is so ver moontlik in die wind in. Wat lekker is, as jy terug vlieg met die thermals wat kan pla, gaan jy vinniger by die huis kom, dus die minste ongemak op daai manier.
4) Doen dit lekker vroeg sodat die thermals jou so min moontlik pla.
5) As jy terug by jou vliegveld is en dit stamp so bietjie onthou altyd "airspeed is geld in die bank", so trek daai bar bietjie in wanneer jy finals draai sodat jy bietjie beter deur die thermals kan sny en met meer beheer kan land.
Dis omtrent dit.
So begin jy confidence bou.
Volgende naweek as die weer goed lyk doen dieselfde maar nou vlieg jy 40km uit en dan 50 en 60... etc etc
Jy gaan gewoont raak aan die kondisies en jy sal sien om 12 uur in die dag te vlieg is eintlik nie n probleem solank as wat die weer redelik Ok is en die wind nie te stamperig.
n Wind wat redelik sterk waai maar konstant waai is geen probleem vir n trike. Al wat gebeur jy gaan vinniger of stadiger by jou bestemming uitkom
As ek 12h00 iewers heen wil vlieg doen ek dit maar ek vlieg gewoonlik redelik hoog sodat die thermals my so min moontlik pla.
Solank as wat jy nie in n doner storm in vlieg en baie sterk terbulente wind vlieg sal jou aerie jou veilig vat waar jy wil gaan.
Daar is n baie mooi wereld daar buite, bes gesien uit n microlight, geniet dit!!