pit bull wrote:LOUIS & PAUL,
waar sal ek begin........................!! julle het ''yster-knaaters''
buiten dat dit n helse trip was, moet ek julle geluk wens ( en almal wat gehelp het om julle ''in-die-lug te-kry-en daar te hou)
ek het regtig n knop in my keel gekry, toe ek die kinders sien op die video ( wat baat- vind by julle onselfsigtige en mooi daad!!!!!!!!)
ek is TROTS OP JULLE!!!!!!!!
ek bid julle net vrede, en geluk toe, (MAG GOD JULLE SEEN )
MOOI LOOP
veilig vlieg
pit bull
Pit Bull ek is nie so seker oor die yster knater ding nie. Ek dink dit was meer 'n kwessie van twee klipkoppe wat nie heeltemal geweet het waarvoor hulle hulself ingelaat het nie. Daar was tye oor die woestyn, Visrivier Canyon, Groot Karasberge, Mopanie woude sover soos die oog kon sien en daai nagmerrie vlug by Hammerstein waar ek gewens het ek het yster knaters. Om my aandag af te lei het ek het later gemaak asof ek in 'n motor op die hoofweg sit en dat niks kan verkeerd gaan nie. Al wat ek kan se is dat Rotax koning is.
Ek moet erken dat die uitdrukking op daai kinders se gesigte toe hulle by die huis kom en hulle kamer sien wat voorheen leeg gestaan het, was iets wat lank by my sal bly. Ons self het baie om voor dankbaar te wees en neem dinge baie as van selfsprekend aan.