Hoop iemand kan my help en bietjie meer inligting gee oor jou/ jul versekering asb?
Skies as ek dit gemis het, daar is al seker hieroor gepraat op die forum.
Ek het die begin van die jaar my makelaar gaan sien om so bietjie my lewensversekering te hersien.
Met my seuntjie wat vroeg in Januarie 2 jaar oud geword het begin mens al meer aan die tipe goed dink. Julle ou manne het seker al die pad gestap en graag wil ek by julle hoor en leer wat is die beste.
Op my lewensversekering is daar n VOORWAARDES paragraaf wat die volgende se:
Addisionele uitsluitings wat sal geld.
Uitgebreide Beroeps Ongeskiktheidsvoordele. (eie)
Sluit eise uit wat verband hou met vlieg in n “GYROCOPTER”
Benewens die bepalings en voorwaardes van my kontrak kom ek hiermee ooreen dat geen eis ingevolge die Voordeel hierbo gelys oorweeg sal word nie indien die gebeurtenis waarvoor geeis word, op enige wyse teweeggebring of verhaas is deur die Versekerde Lewe se deelname aan lugvaart waarby n “GYROCOPTER" betrokke is.
Is daar enige iemand wat Gyrocopter vlieg en wel Beroeps Ongekiktheidsvoordele op hom /haar se lewensversekering het en hoe werk joune en by wat se maatskappy is dit?
Byvoorbaat baie dankie.
Groete uit n lowergroen en sopnat Limpopo!
Pieter
Ongeskiktheidvoordele vir Gyrocopter vlieg op jou LEWENSVERS
Moderators: Gyronaut, Condor, FO Gyro
- Pieter Smith
- Flying low - mind the power lines
- Posts: 379
- Joined: Mon Mar 29, 2010 4:12 pm
- Location: Alldays, Limpopo
-
- First solo
- Posts: 76
- Joined: Wed Dec 09, 2009 4:39 pm
Re: Ongeskiktheidvoordele vir Gyrocopter vlieg op jou LEWENS
Dit is n probleem. Toe my PPL nog geldig was het ek net n risoko bybetaling op n hele paar van my pollise gehad maar ek was ge-cover. Toe verval my PPL en so 2jaar later doen ek toe my GPL en laat weet die verskye instansies van my vlieg situasie. 2 uit die sewe het dit aangeteken en aanvaar op grond van my ure en die res het geweier om dit te aanvaar. Ek kan nie vir jou se of dit direk agv die GYRO is en of dit agv vlieg in vliegtuie wat in diesefde katarogie soos microlights, homebuilds, ens val nie. Al wat ek vir my vrou gese het is dat sy n patalogie verslag moet kry en as dit kan bewys word ek is dood voor kontak met grond het sy n eis!
- Pieter Smith
- Flying low - mind the power lines
- Posts: 379
- Joined: Mon Mar 29, 2010 4:12 pm
- Location: Alldays, Limpopo
Re: Ongeskiktheidvoordele vir Gyrocopter vlieg op jou LEWENS
M I Claase wrote: Al wat ek vir my vrou gese het is dat sy n patalogie verslag moet kry en as dit kan bewys word ek is dood voor kontak met grond het sy n eis!
As ek my lewensversekering reg verstaan is die eis geldig as ek in n Gyro sterf maar kry nie n sent as ek in n Gyro ongeluk beseering opdoen so, dat ek nie meer kan werk nie. Of verstaan ek die voorwaardes paragraaf verkeerd???
- Low Level
- Frequent Flyer
- Posts: 1204
- Joined: Fri Jul 28, 2006 6:18 pm
- Location: Pretoria - Rhino park
Re: Ongeskiktheidvoordele vir Gyrocopter vlieg op jou LEWENS
Hi Piet
Ek het my polisse geskuif na Momentum. Hulle is happy met gyro vlieg. Sanlam, Old mutual en Discovery is vol stories. Ek gaan nou nie veroorsaak dat hulle aandeelprys val nie, maar dis hulle loss, nie myne nie.
Ek het my polisse geskuif na Momentum. Hulle is happy met gyro vlieg. Sanlam, Old mutual en Discovery is vol stories. Ek gaan nou nie veroorsaak dat hulle aandeelprys val nie, maar dis hulle loss, nie myne nie.

Happiness is: Wanting what you have.
ZU-CFW
My soul called, and it wants it's life back. Only one thing to do. Let's fly.
ZU-CFW
My soul called, and it wants it's life back. Only one thing to do. Let's fly.
Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 3 guests