Kleinboet se briewe

Matters of general interest
User avatar
smallfly
Almost a pilot
Almost a pilot
Posts: 164
Joined: Tue Oct 03, 2006 4:14 pm
Location: Kaikohe New Zealand

Kleinboet se briewe

Postby smallfly » Thu Jun 21, 2012 12:09 am

Hallo antie Hannie,

Lanklaas van antie gehoor. Net baie donkerte hier by ons op Paterson
as gevolg van een of ander moer wat moeligheid gemaak het by Koe..
Koe. ag daar innie Kaap se Yskor.

Ons huis lyk party aande soos 'n disco so kort opmekaar gaan die krag
af en aan. My pa het toe besluit genoeg is genoeg. Net voor Krismis
het pa besluit lat hy wil oplaas 'n generator koop, oorlat hy moeg was
virrie krag onderbrekings.

my Oupa het al gedink dis omdat my pa party maande die Munispaliteit
se geld innie borrelstoor belê. My pa sê hy's gatvol, dit maak nie
saak nie, of dit nou daai simpel mannetjie vannie Cownsil is wat sy
krag afsny, of daai simpel mannetjie van Eskom, hy worrie nie, hy wil
'n generator hê.

Nou ja, toe gat ons winkels toe om die ding te koop. Oppie kaart want
my Pa sê my ma se kaart is baie lekker, jy koop net op Budget se
rekening. As jy koop en jy vertel die mense om dit op Budget se
rekening te sit, doen hulle dit sommer. Ek weet nie lekker wie Budget
issie, maar ek weet my pa sit alles op Budget se rekening. Ek reken
die Budget gat darem lekker moerig wees as hy uitvind wat my pa alles
op sy rekening koop. Hoe gaan hulle ooit weet... wil pa weet.

In elk geval ons loop koop toe die generator ding, en dis mooi
daar waar die moeilikheid begin. Kyk, as julle dink my pa weet niks
van kamp af nie, of van karre af nie, of van vroumense af nie, dit is
tog goed wat 'n mens kan sien, dan moet julle weet, hy weet éérs
niks van lektriek af,.... dis wat my ouma altyd sê

Maar my pa worrie nie, toe hy eers na 'n hele paragraaf vreemde woorde
daai generatortjie gestart kry, toe dink hy lat hy 'n elektriese
ingeneer is. Dis glo slim ouens wat krag verstaan, sê hy.

Toe is my pa slim genoeg om te weet, solank daai generatortjie loop,
solank maak hy krag, maar as hy stop, dan is hy net 'n stuk blik, met
'n fancy Japanese naam.

So, voor my pa die ding aan die krag loop koenek, toe swiets hy eers
die generatortjie af, en hy se vir my " Jannie, as 'n ou met krag
werk, dan moet jy slim wees, en nugter"... nou val dit my by...
my pa is nie een vannie twee nie, so toe weet ek .... hie kom stront.

Maar ek het verniet geworrie, toe my pa daai drade vat, en hy shok
nie, toe weet ek hy weet waarvan hy praat. Toe maak hy die drade mooi
skoon solat die koper uitsteek en hy is toe reg om die masjien aan die
kragpunt te konnek. Nou ja, toe sit ek lekker en kyk hoe my slim pa
die kragonderbreking ding onner die knieg kry, en ek worrie niks nie,
oorlat ek kan sien my pa ken.

Toe maak my pa daai swietsbord innie kombuis oop, en hy maak reg om sy
generatortjie se drade aan die swietsbord se drade te koenek. Dis glo
solat as die krag afgaan, dan start my pa net sy generatortjie en dié
se krag sal die swietsbord maak werk.

Daar is 'n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle sê dat as die pawpaw
die fan strike, dan is daar moeilikheid. Daai ooms wat so sê,.. het
nog nie gesien wat gebeur as die swietsbord se krag my pa tref nie.

Kyk antie, toe my pa so oppie leertjie staan en hy konnek daai
generatortjie se krag draad so aan die swietsbord se rooi draad, toe
smaak dit vir my my pa is aan die hartaanval kry of hy kry 'n senuwee
instorting of 'n eleptiese aanval of 'n stroke offe ding, so beskyt
hy hom.

Die way wat my pa daai swietsbord ruk en pluk, met die briek-dance en
alles, dog ek my pa gat die ding uit die muur uit ruk en net 'n gat
daar los innie muur daar waar die swietsbordtjie was. Met die smile op sy

gesig van die ge-shock lyk dit
nogal of hy dit geniet. My pa spog mos hoeka hy kon jongtyd deurnag
disko sonner ophou. Hy ruk daai swietsboks of hy aan't wen is op 'n
pinball-masjien!

Nou ja.. die swietsbordtjie moef nie, en my pa hou nie op ruk nie, en
hy jodel soos Charles Jacoby dit sou gelaaik het. Ek dog dis van
woede wat my pa so skreeu oorlat hy nou begin kwaad word virrie
swietsbordtjie. Hy dans so oppie leer dat die een na die ander boutjie
uit die leer pop vannie skud ... en hy gooi sy dikkerige lyfie rond bo
op daai leer asof hy nou inne jaaif kompetisie deelneem, of 'n
voordanser by die 20 -20 krieket is.

Net toe ek vir my pa wil waarsku lat hy vannie leer gaan afval, toe
gebeur dit al klaar, .... hy val van daai leer af, maar hy val nie
grond toe soos 'n mens moet nie, toe verstaan ek hoekom party mense sê
" hy't daar afgemoer" want.. daai wassie 'n val nie, daai was 'n
harde slag!

In elk geval, kyk my pa val toe lat dit lyk asof hy geskiet is, maar
sy lyf gee nog so 'n paar rukke met die wat hy so sierlik deur die lug
trek, nes daai ouens op TV wat by die olimpiese spele innie swembad
induik en dan sulke langarm S-draaie innie lug maak. Al
verskil is nou dat daar nie water onner is nie - net die kombuisvloer
met die tapyt wat golwe maak soos hy neerval. Sy splinternuwe
bo-tanne sit om die tafelblad vasgebyt, sonner lat my pa by hulle is.

Toe dit vir my lyk dat my pa sy kop helemal gaan misval en op sy agterent
te lande gaan kom, toe skrik ek want ek vrees toe vir
harsing-skudding, want my ma sê altyd my pa se verstand sit in sy
agterent en dat hy 'n harde kop en 'n lamsak is. Nou gaan my
arme pa sy agterent verder lam val. Maar toe is dit te laat, hy val
dat die droogtestof in 'n wolk tussen die vloerplanke uitspring en my
pa met sy asmalyf in 'n stofwolk sit en hoes.

Maar toe is dit nog nie al nie. Daar sit my pa en jaaif, toe voel ek
darem beter oorlat ek kan sien hy is nie heeltemal 'n lamsak nie,
oordat hy sy boude toe daar oppie grond lekker vinnig wikkel, en
jodel..met die een kant van die kragdraad steeds in sy hand soos 'n
getrynde sanger met 'n mike. Skielik dink ek weer aan Charles Jacobie.

Hy weet van ..want so tussendeur trek hy nog vir my gesigte ook, en
spoeg sy ondertande met een boog in die wasbak.. Wat 'n
performance... ek kon wragtag nie anders as om vir Pa hande te klap
nie.

Groetnis, Kleinboet
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 5056
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Mooketsi,Duiwelskloof
Contact:

Re: Kleinboet se briewe

Postby nicow » Thu Jun 21, 2012 7:46 am

:lol: :lol: :lol: :lol: (^^)
Nico
Limpopo Flight School
nico@limpopoflightschool.co.za
witwillem
Top Gun
Top Gun
Posts: 529
Joined: Sat Mar 21, 2009 10:55 am

Re: Kleinboet se briewe

Postby witwillem » Wed Jun 27, 2012 10:04 pm

Jys nie ernstig nie die arme man sal sygat afval en bloedblase op sy gums kry en senou net sy gevreet bly so , ???
Charls Jacobie en Jannie Reeves sal saam met die grafsteen sanger julle moet troos as hy geroep was !! (-)

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 10 guests