Ingelsman in wildtuin

Matters of general interest
User avatar
Alkemac
Top Gun
Top Gun
Posts: 587
Joined: Thu Jun 18, 2009 11:05 am

Ingelsman in wildtuin

Postby Alkemac » Fri Jul 29, 2011 2:10 pm

Ek het my amper dood gelag... vhpy vhpy

Sommer met die intrapslag hou ek niks van die Ingelsman wat my kleindogter hier by ons kom aansleep nie. Vir weke al sien ons uit na haar kuiertjie uit London en aan die begin kon ons nie fout sien, dat sy nou haar Ingelse boyfriendjie wou saamnooi op 'n onvergeetlike toer saam met Oupa en Ouma deur die Kruger Wildtuin nie.

Uiterlik nie 'n onaangename seun nie, maar toe die bleeksiel sy bek oopmaak en my met
"Hello Gramps" groet, is my moer klaar suur. Sulke voorbarige vermetelheid. Met die pap handjie waarmee hy bladskud, skud ek hom amper uit sy oorbel en hy het reeds een verloor.

Maar opgedress vir die okkasie hoor. Leerstewels wat amper tot by sy knieë kom,
sy khakibroek al die pad ingedruk. Met sy dik belt se gespe sal mens 'n olifant met twee houe kan doodslaan.

Wat die man als gelees het oor Suid-Afrika weet ek nie, maar aan die belt is 'n waterbottel, 'n mes wat amper sy stewels raak, 'n moon-bag met 'n rooi kruis op en een van daai kanariegeel selfone met die baie knoppies.

Die man dra 'n swart t-shirt wat sê rook is verbode en iets van die aardbol wat warm word. Maar ek weet, die Wildtuin is nie speletjies oor Desember nie. Warm gaan die man beslis
warm kry en rook gaan ek beslis rook, al het Kleinpop my agteraf gewaarsku dat die man
so bietjie opgewonde oor tabakgebruik kan raak.

Die man is goed in tale ook. Al drie Afrikaanse woorde by Kleinpop geleer. 'Dankie, kak en lekka.' Alles is kak of lekka. Kleinpop is lekka. Ons paaie is kak. Die son is kak. Ouma se koeksisters is lekka. Vreeslik puntenerig oor kos ook, die mannetjie. Eet nie vleis nie, eet nie dit nie, eet nie dat nie, daai moet eers gekook word voor hy sal drink ens, ens. Ek kon dit nog vat toe die man iets van "kak SUV" sê toe hy in die kombi klim, maar toe die man "kak music" op my Klipwerf mompel, steek ek summier my pyp op. Sommer so in die ry, soos ek altyd maak.

Kleinpop probeer nog verbouereerd keer, maar Oupa leer die man nog bietjie Afrikaans:
"Fok jou, in my van rook ek, broer." Die man leer vinnig en maak sy eie Afrikaanse
kombinasies: "Fok, this rook is lekka kak, dankie."

Maar met 'n man wat nie vleis eet nie, gaan dit maar lekka kak in die wildtuin. Teen dag drie is die man se slaaiblare wat hy in Phalaborwa se Spar gekoop het al heel vrot. Sy dieet bestaan uit Ouma se padkos- koekisters, Nik-Naks en braaivleispap sonder sous. Teen aand vier is hy honger genoeg om sy vegetariese geloof te verloën. Natuurlik nie openlik
nie. Vang ek vir Kleinpop uit, toe sy ongemerk 'n tjop of drie na die man se tentjie toe smokkel.

Dag vyf ruik ons al vroegoggend vegetariese maag- reaksies op vleis. Net mooi in die middel van nêrens en op die dag se hitte kom klop die man op my skouer hier voor in die kombi, so in die ry. "I MUST go!" beduie die man na sy poephol - asof ek nie lankal kon ruik wat hy wil doen nie.

Ek stop maar die kombi naby 'n laagte boompies. Dit is in elkgeval so warm, geen dier sal dit in die omgewing waag nie. "There," beduie ek hom na die boompies. "No ways!" protesteer die mannetjie toe. Ek beduie vir die mannetjie in my beste Engels dat daar "no ways" is dat hy verder my kombi se binnelug met sy buikwinde gaan ontsier. As hy nie nou sy ding gaan doen nie, gaan hy verder stap. "Gee vir die man kakpapier," beveel ek vir Kleinpop. Die man weet nou al genoeg van Afrikaans om te smeek "No, I want nice paper please!"

Soos iemand wat oor duwweltjies stap, benader die Ingelsman sy natuurtoilet. Na 'n rukkie verdwyn hy agter die boompies Ons kyk maar almal versigtig in die omgewing om die man darem betyds te waarsku, sou daar dalk ongediertes nader sluip. Nou een ding van die Wildtuin. As een kar stop, stop almal agter hom om te kyk watse diere kyk die voorste
kar. Veral so op die middaghitte as daar min is om te sien. Die Ingelsman het skaars gehurk, voor die Land Rover agter ons stop. Die gesinnetjie bespied die rigting wat ons kyk. Hulle wil ook sien wat ons sien. Verkykers word uitgehaal. Nog voertuie stop.
Een ou klim uit met 'n groot kamera op 'n driepoot. Nog karre stop. Na vyf minute lyk dit soos die Dakar Rally wat wil afskop. Groepies brawes staan teen die reëls orals buite hul karre en kyk met lang lense. Party klim bo-op hul voertuie se dakke vir 'n beter uitsig.
Wild was besonders skaars hierdie jaar. Nou of daar werklik een was, weet ek nie, miskien
was dit 'n oorywerige verbeelding in 'n desperate soeke na diere. Maar toe die ou so ses karre van ons af skree "Leeu, ek sien hom!" weet ek die Ingels- man verstaan meer Afrikaans as wat ons gedink het. Met al die mense wat so staan en kyk na die veld
agter hom, kry die kreet nog eerbaarheid ook.

Soos 'n lus foksterriër wat hitte geruik het, peul die man uit sy bostoilet uit en hardloop vir die kombi. Die broek om die enkels laat die man so paar keer pens en pootjies neerslaan, maar sy herstel is elke keer merkwaardig. Sy roete na die eindpaal is een stofbol soos die man beweeg.

By die kombi aangekom is die man se broek darem min of meer heuphoogte, maar in die veld lê 'n lang mes en 'n kanariegeel selfoon. Die Ingelsman soek dit klaarblyklik nie terug nie. Die konvooi karre agter ons, ry stadig verby, terwyl die Ingelsman sy broek en asem op die regte plekke kry.

Te oordeel aan die hoeters en gesigte het die mense waarde vir geld in die wildtuin gekry.

Na die vakansie is Kleinpop heel uit haar Ingelsman uit. Dié het sommer vroeg 'n vlug London toe gevat. Sy wil hom nie weer sien nie. Miskien was dit die nagedagte aan die ongebruikte toiletpapier.

Miskien was dit die klein, bleek, swaaiende voorgedagte……
ZU-DODO
User avatar
Ranger
Nothing beats flying
Nothing beats flying
Posts: 419
Joined: Tue Jun 20, 2006 8:54 am
Location: Morning star

Re: Ingelsman in wildtuin

Postby Ranger » Fri Jul 29, 2011 7:05 pm

vhpy vhpy vhpy vhpy vhpy Brilliant
I sometimes get confused............But i'm not sure
User avatar
Gompou
Solo cross country
Solo cross country
Posts: 134
Joined: Tue Mar 24, 2009 8:20 am
Location: Verneukpan Noord-Kaap

Re: Ingelsman in wildtuin

Postby Gompou » Fri Jul 29, 2011 8:29 pm

Sekere goed klink net beter in afrikaans.
Dankie vir die lekker lag
Naked Cobra
ZU-CON
Jean Crous
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1262
Joined: Sun Sep 19, 2010 6:31 pm
Location: Barrydale Western Cape

Re: Ingelsman in wildtuin

Postby Jean Crous » Sat Jul 30, 2011 7:38 pm

:lol: :lol: :lol: :lol: The REVENGE of the " Arikaners in Africa" :lol: :lol:
The new front seat solo Cubby MK2 powered by Rotax 912 S 100hp
Cubby Aircraft Factory
Suppliers of Nitrate, Butyrate, adhesive, Fabric
Email: cubbyaircraftfactory@gmail.com
0726716240
Jean Crous
SACAA Approved Person 402
User avatar
Bugwar
Top Gun
Top Gun
Posts: 597
Joined: Mon Aug 20, 2007 2:08 pm
Location: Microland

Re: Ingelsman in wildtuin

Postby Bugwar » Mon Aug 01, 2011 12:50 pm

Laat my dink aan die Ingelsman en ou boer wat sit en gesels in die ouetehuis oor die Anglo Boere oorlog:

Ingelsman: "..... when we cam to Africa you Boere were still putting pumpkins on your roofs to hold it down. If it was not for us that taught you how to build using proper construction techniques, you would still be using pumpkins"

Oom Jaap: " It may be true, maar gedurende die oorlog het julle darm geleer hoe om in die hardloop te skuit!"
ZU-EHG - Raptor

Vulture Squadron videos
http://www.youtube.com/user/VultureSquadronZA
User avatar
Tailspin
Three Thousand
Three Thousand
Posts: 3677
Joined: Mon May 23, 2005 9:53 am
Location: West Rand
Contact:

Re: Ingelsman in wildtuin

Postby Tailspin » Mon Aug 01, 2011 1:05 pm

A boer was walking along a path on his farm when he got to a small dam where he noticed this dude trying to drink water he shoute "Hey Broer moenie daai water drink nie, dis Gif" the guy looks up and Replies " Sorry mate i do not understand what you are saying?" The Boer then says in his best English " Use both hands brother, USE BOTH HANDS" :twisted: :twisted: ## ##
Gavin van der Berg - ZS-WWF
“The genius controls the chaos”
One of the Proud Chain Gang Founding Members
Big Mac
Woohoo 100 posts - flying high
Woohoo 100 posts - flying high
Posts: 116
Joined: Tue Nov 28, 2006 10:57 am
Location: Pretoria

Re: Ingelsman in wildtuin

Postby Big Mac » Tue Aug 02, 2011 7:07 am

Thanks for the humour guys
Regards
Big Mac

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 6 guests