Another day at Rhinopark

Matters of general interest
User avatar
Slabfish
Nothing beats flying
Nothing beats flying
Posts: 416
Joined: Sat Oct 08, 2005 2:29 pm
Location: Jeffreysbaai FAPX

Postby Slabfish » Mon Jun 25, 2007 2:36 pm

Hi Henni,
Dit lyk of julle die Mizer geniet,mooi so!
Ek het die week met die vorige eienaar van WHY gepraat en van hom verneem dat hy wel verkoop is. Op een van jou vorige vrae:ons vlieg die Mizer hier op die kus met MAW ,met 503, teen 6000rpm cont. en 60 Mph.Die klim tempo is nie wonderlik nie maar voldoende.Ek behou hoogte teen 5800rpm en 57 mph.Een veiligheids aspek wat jy in gedagte moet hou is as jy n' deadstick landing 'doen,met MAW', is om die spoed na tenminste 65mph of meer as jy kan, te bring voor flare om sodoende genoegsame energie op te bou vir die 'flare',sonie sal die 'sinkrate'jou hard laat land.Onthou ek praat nou van MAW kondisies,
Die hoek waarteen jy inkom is dan taamlik steil en die flare taamlik agrisief.Oefen maar n paar van hulle !
Ek swaai n P Prop-hout 2blade,ek dink 69x33,is nie seker maar sal kyk as ek weer vlieg.
N Mizer eienaar het eendag vir my gese dat die Mizer nie goed werk met n 3blade nie,hoeveel waarheid daarin sit weet ek nie.
Ek sal fotos probeer stuur,maar het net 3G op die boot-STAAAAAADIG !!!
Ons Mizers kon n tweeling gewees het!
Geniet julle vlieg.Dis altyd lekker om te sien iemand geniet sy arie.
Groete
Clem
User avatar
Henni
Pilot in Command
Pilot in Command
Posts: 807
Joined: Tue Jan 16, 2007 10:58 am
Location: Pretoria

Postby Henni » Mon Jun 25, 2007 3:22 pm

Hi Clem,

Ja, ek het sommer gou-gou selfs in Saldanha al agter gekom wat jy hier noem. Soos jy op die fotos kan sien, kom ek altyd hoog en vinnig in met die Mizer (help ook baie vir ruk-dwarswinde!) Wanneer ek begin "flare", is ek op 65 mph en baie naby die grond, soos jy noem, verloor sy momentum baie vinnig. Ek het net een harder as normale landing in Saldanha nodig gehad om my wakker to hierdie feit te maak.

Wat lekker is van die Mizer is dat as jy vinning inkom en sien dat jy uit aanloop gaan hardloop, die flaperons baie, baie, baie goed werk. Dit breek onmiddelik jou spoed! En as jy dit gebruik wanneer jy hoog is, kom jy soos 'n klip uit die lug uit.

Ongelooflik om te dink dat die Mizer daar met 'n 503 met twee kan vlieg - ek sal dit nie hier waag nie. Wanneer daardie rotors oor die koppie by Rhinopark kom, wens ek dat ek selfs nog meer krag gehad het! Nie lekker om krag drade te sien nader kom met 'n wind wat jou af onder toe dwing nie.

Clem, werk jy op 'n boot? Dit klink baie interessant! Die see is darem maar mooi, ek het op 'n stadium snoek met my eie boot gevang, so ek weet.

Ek hoop regtig dat jy nog 'n goeie Mizer vir jou vriend kan opspoor. Hulle is regtig, maar regtig baie goeie waarde vir geld.

Henni
Keep grassroot aviation alive!

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 5 guests