Rotax 583 powered KR2

Aircraft Projects Underway or Completed

Moderator: Tailspin

User avatar
Rudix
The Boss
The Boss
Posts: 1653
Joined: Sun May 07, 2006 8:04 pm
Location: Pretoria - Rhino Park
Contact:

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby Rudix » Thu Mar 27, 2014 8:00 pm

Boet wrote:Rudix, met daai exos wat so trug kyk, maak daai turbo seker thrust soos n jet enjin, dit help dalk??. :lol: :lol: :lol: :lol: Hennie, ek piepie nie graag op n entoesias se battery nie, maar ek, Boet Jacobus Martin Loubser, gee jou n briefie: Jy GAAN jou GT-middle-A sien met n 532 enjin in jou KR. Die enjin is maar so R5000 werd. Die KR kan jy nie bou vir R15000 nie. Op die foudies lyk die KRtjie nogal mooi. Jy kry net een body en een lewe, is jou lewe dan vir jou minder werd as die prys van n enjin? Adverteer hier onder, iewers sal jy n goeie Jabbie kry teen n bekostigbare prys. Gedult grootseun, gedult!! Volla enjins is oor die algemeen gagga enjins. Ek het te amper my gat gesien met een om OOIT weer die stuk gemors te vertrou. Once bitten.......... :roll:
Hehe Boet, ja, dit moet seker help! VYZ is tog die vinnigste vliegtuig onder 600kg in die land vhpy

Ek moet erken, ek is nie gemaklik met daai 532 in die KR nie, dan eerder a 582. Ek weet hoe graag my maat Henni wil vlieg maar die KR is nie jou maat as jy nie die aanloopbaan kan maak nie, ek weet......
"Never be afraid to try something new. Remember that a lone amateur built the Ark. A large group of professionals built the Titanic." ;)
User avatar
Henni
Pilot in Command
Pilot in Command
Posts: 807
Joined: Tue Jan 16, 2007 10:58 am
Location: Pretoria

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby Henni » Thu Mar 27, 2014 8:40 pm

Hi ouens,

Okay, jul maak jul punt. Sal maar ons 1500 Vulcan Nomad Tourer verkoop en vir my n 6 cyl Jabbi soek. Behoort so R65k vir die bike te kry. Het geen idee van hoeveel die Jabbi kos nie. Sal ook kyk of ek my prys vir die Rotax kan terugkry of dit ruil vir iets anders van waarde.

Het nou alles wat ek op die net oor die 532 kon kry gelees. Party vlieg al vir oor die 12 jaar met amper 500 probleem vry ure daarme in iets soos n Kitfox, ander praat van die coils wat gereeld faal.

Boet is reg, die lewe is meer werd. Ek sal maar uitkyk vir n ander opsie. As iemand weet van iets, laat my weet asb.

Groete,
Henni
Keep grassroot aviation alive!
Jean Crous
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1259
Joined: Sun Sep 19, 2010 6:31 pm
Location: Barrydale Western Cape

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby Jean Crous » Thu Mar 27, 2014 11:36 pm

Henni, as ek 2 cent kan ingooi..............Ek sal ook saamstem met die 582 Rotax, onthou alhoewel dit net 65 hp is, word die torque vermeerder deur die ratkas. As jy dieselfde prop wat op n 582 is afhaal en op n direkte aandrywing Jabbi engine sit , sal hy sukkel(lees nie regkry) om dit te draai op die RPM waar die Jabbi 80HP maak. Daar is baie 2 slag engines wat goeie diens gee , ASOOK VW engines.......... :twisted: Dit kom neer op hoe jy hulle diens en behandel :wink:
My raad en Boet se raad klop hiermee.......LOS DAAI 532 , laat iemand hom in n Hovercraft gebruik. Dit is n groot verantwoordelikheid om n passasier in n "experimental" aerie te neem, veral jou vrou............... :shock:
Jean.
The new front seat solo Cubby MK2 powered by Rotax 912 S 100hp
Cubby Aircraft Factory
Suppliers of Nitrate, Butyrate, adhesive, Fabric
Email: cubbyaircraftfactory@gmail.com
0726716240
Jean Crous
SACAA Approved Person 402
User avatar
Henni
Pilot in Command
Pilot in Command
Posts: 807
Joined: Tue Jan 16, 2007 10:58 am
Location: Pretoria

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby Henni » Fri Mar 28, 2014 6:09 am

Hi Jean,

Ek het besluit om jul raad te volg. Ek gaan maar uitkyk vir iets anders, verkieslik n 6 cyl Jabbi. Hang af wat ek kan kry vir hoeveel. Weet jy, jy gaan nou lag, maar die Lexus V8 met 'n belt drive is dalks ook n opsie. Hulle is glad nie swaar nie. In elk geval, spreek maar net my gedagtes uit, dit is miskien heeltemal belaglik. So jammer die Corvair engines breek ook cranks...

Ek wil een van twee dinge he:

1. n Baie ligte KR2 met miskien minder perdekrag.
2. n Normale KR2 met meer as genoeg krag vir twee aanboord hier by ons.

Intussen gaan ek die KR2 verander in n nose dragger, daai groot inboard ailerons verander in flaps, outboard ailerons maak, alle oppervlaktes wat beweeg balanseer, 'n trimtab vir die elevator maak, fuel tanks installeer, nuwe instrument paneel maak, die binnekant mooi maak ensomeer.

Ek glo vas ek sal binne minder as drie maande die regte enjin he vir haar.

Baie dankie my vriend vir the thread op AVCOM en weereens so jammer vir die verwarring.

Groete,

Henni
Keep grassroot aviation alive!
Jean Crous
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1259
Joined: Sun Sep 19, 2010 6:31 pm
Location: Barrydale Western Cape

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby Jean Crous » Fri Mar 28, 2014 8:59 am

vhpy Hi Henni,alles reg,...... soos n vriend van my al gese het ......" It certainly is interesting to be a human ! " :wink:
The new front seat solo Cubby MK2 powered by Rotax 912 S 100hp
Cubby Aircraft Factory
Suppliers of Nitrate, Butyrate, adhesive, Fabric
Email: cubbyaircraftfactory@gmail.com
0726716240
Jean Crous
SACAA Approved Person 402
User avatar
Boet
Three Thousand
Three Thousand
Posts: 3795
Joined: Sun Jun 05, 2005 4:40 pm

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby Boet » Fri Mar 28, 2014 1:38 pm

Mmmm. And these humans are strange animals. Jaaaa Hennie, If it fits under the cowling, it is too small. Die 4 selinder Jabbie is meer as genoeg. Hou net die errie lig. Die 6 selinder is te swaar. Dankie dat jy vir ons luister. Ek het al te veel gesien....... :roll: :wink:
User avatar
Henni
Pilot in Command
Pilot in Command
Posts: 807
Joined: Tue Jan 16, 2007 10:58 am
Location: Pretoria

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby Henni » Fri Mar 28, 2014 1:57 pm

Hi Boet,

Daar is bitter min ouens wat ek van weet wat die KR2 gereeld met twee aan boord hierbo by ons vlieg. Almal se die spasie binne is te klein, maar ek glo eerder dit gaan oor die swak werkverrigting in daardie konfigurasie.

Ek weet vir 'n feit dat ek meeste van die die tyd saam met Monica gaan vlieg, so ek wil seker maak dit werk. Yip, as ek 'n 2200 Jabbi kan kry, reg so. Willie vlieg syne met die groter Jabbi en dit vlieg aangenaam volgens sy terugvoer. Die Jabbis word warm, so as mens nie te veel krag hoef te gebruik nie kan dit sekerlik net goed wees.

Wat ek kan kry sal bepaal wat ek gaan gebruik. Ek glo 'n ding moet vloei. Lyk nie juis op die oomblik of my begeerte na 'n ander enjin juis "vloei" nie. Gaan maar more my nuwe wiele en brieke haal en begin om haar in 'n "nose dragger" te verander. Dit sal my so 'n rukkie besig hou en kans gee om te kyk wat gebeur met die enjin behoefte.

Groete en lekker naweek my vriend,

Henni
Keep grassroot aviation alive!
johnythelaw
First solo
Posts: 80
Joined: Wed Jun 05, 2013 5:32 pm

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby johnythelaw » Fri Mar 28, 2014 3:00 pm

Hi HENRY
Ek is nou in dieselfde situasie as jy.
Verskil is ek het n Volksplane VP1 wat gevlieg het met die volkswagen enjin - Maar ook maar net.
Maks 50 pk by seevlak.
Ek het die enjin uitgehaal en vervang dit ook nou met n Rotax 582 enjin.
VW 1835 big bore enjin = 67 kg met alles - sonder die prop en 50 pk ( dan moet ek nog met die hand start)
Rotax 582 enjin = 47.1 kg vir 65 pk en dit is electric start.
Die manne moet maar net aan sy gesiggie gewoond raak want die Rotax skuif voorentoe vir C og G.
Tussen hakkies dit was my grootste probleem dat die VP gat swaar was en op die maksimum agterste C og G was.
Nou kan ek dit reg stel.
Moenie bang wees nie die New Zealanders en Ausies doen dit al lankal - kyk na youtube Bv Volksplane ZK-EDA mer Vw enjin en dan met Rotax enjin.
Ek sal jou volg want jy vra al klaar vrae wat ek ook moet weet soos die aluminium vir nuwe engine mount etc.

Geniet die projek

Johan de Wet
Swakopmund
Namibia
User avatar
Rudix
The Boss
The Boss
Posts: 1653
Joined: Sun May 07, 2006 8:04 pm
Location: Pretoria - Rhino Park
Contact:

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby Rudix » Fri Mar 28, 2014 3:32 pm

Hi Henni!

Bly jy gaan nie kanse vat nie! Jy sal wel die regte engin kry!

Jy moet so gou as moontlik die papierwerk begin, dit kan omtrent 'n pyn wees.... As jy sukkel moet jy laat weet, dalk kan ek help, ken een of 2 mense :wink:

Het jy al die instrumente wat jy nodig het?

Groete,
Rudi
"Never be afraid to try something new. Remember that a lone amateur built the Ark. A large group of professionals built the Titanic." ;)
User avatar
Rudix
The Boss
The Boss
Posts: 1653
Joined: Sun May 07, 2006 8:04 pm
Location: Pretoria - Rhino Park
Contact:

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby Rudix » Fri Mar 28, 2014 3:37 pm

johnythelaw wrote:Hi HENRY
Ek is nou in dieselfde situasie as jy.
Verskil is ek het n Volksplane VP1 wat gevlieg het met die volkswagen enjin - Maar ook maar net.
Maks 50 pk by seevlak.
Ek het die enjin uitgehaal en vervang dit ook nou met n Rotax 582 enjin.
VW 1835 big bore enjin = 67 kg met alles - sonder die prop en 50 pk ( dan moet ek nog met die hand start)
Rotax 582 enjin = 47.1 kg vir 65 pk en dit is electric start.
Die manne moet maar net aan sy gesiggie gewoond raak want die Rotax skuif voorentoe vir C og G.
Tussen hakkies dit was my grootste probleem dat die VP gat swaar was en op die maksimum agterste C og G was.
Nou kan ek dit reg stel.
Moenie bang wees nie die New Zealanders en Ausies doen dit al lankal - kyk na youtube Bv Volksplane ZK-EDA mer Vw enjin en dan met Rotax enjin.
Ek sal jou volg want jy vra al klaar vrae wat ek ook moet weet soos die aluminium vir nuwe engine mount etc.

Geniet die projek

Johan de Wet
Swakopmund
Namibia
Hi Johan!

Sal interssant wees om te sien hoe die Volksplane vlieg met die Rotax. Is dit 'n VP1 of VP2? Ek het vir 'n rukkie in VP2 gehad met 'n Jetta engin, hy het goed gevlieg maar het water skade gehad.

Ek kom nogal gereeld in Swakop, het familie daar, as ek weer daar is kan ons dalk iets kouds gaan geniet en vliegtuie gesels, sal graag jou VP wil sien!

Groete,
Rudi
"Never be afraid to try something new. Remember that a lone amateur built the Ark. A large group of professionals built the Titanic." ;)
User avatar
Henni
Pilot in Command
Pilot in Command
Posts: 807
Joined: Tue Jan 16, 2007 10:58 am
Location: Pretoria

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby Henni » Fri Mar 28, 2014 5:49 pm

Hi Johan,

Dankie vir die bemoediging. Die probleem is ek beplan hierdie keer langafstand vlugte - wel ten minste lang afstand vir my vorige ondervindinge. Die enjin moet dus betroubaar wees. Ongelukkig kan ek ook net soveel op n slag spandeer. As iemand in ons cruiser belangstel, kry sy n ander enjin. Indien nie, hou ek by my oorspronklike plan met die 532.

Ek gaan nou maar eers aan die ander goeters werk en in elkgeval n enjin mount vir die 532 bou want ek het nou al die materiaal benodig. Ek het persoonlik meer as 850 ure agter, nee eerder onder Rotax enjins. So ek is gemaklik daarmee. Maar Boet is ook reg, n veld landing in die KR2 sal anders wees. Ek het al n hele klompie noodlandings agter die rug, maar dit was almal in stadige aeries.

Ja, ek sal stap vir stap hier fotos wys van hoe ek my mount gaan maak. Het dit reeds vir n vorige projek gedoen, so ek weet wat ek wil doen. Sterkte met jou VP1.


Hi Rudix,

Baie dankie, ek gaan verseker jou hulp met die papierwerk benodig. Sal jou later oor die naweek laat weet van die instrumente.

Groete aan almal,

Henni
Keep grassroot aviation alive!
User avatar
Boet
Three Thousand
Three Thousand
Posts: 3795
Joined: Sun Jun 05, 2005 4:40 pm

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby Boet » Fri Mar 28, 2014 8:19 pm

As jy met die Rotax wil aangaan, gebruik dan net ASSEBLIEF n nuwer model 582 / 99. Jy sal n 2.46:1 ratkas nodig he, anders sal jou prop te lank wees. Los nou daai verdomde 532, jy begin werk op ons senuwees.
avgas
Top Gun
Top Gun
Posts: 695
Joined: Mon Jul 16, 2007 8:35 am
Location: Nylstroom/ Vaalwater

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby avgas » Fri Mar 28, 2014 9:05 pm

Henni
Ek was nou bietjie af van die threat.
ek wil jou nie laag vat nie maar...
'n Noodlanding met 'n KR is heelwat anders as een met 'n MX II.
Die 532 was( let wel was) 'n bakgat enjin.
Rotax het na die 582 en toe Bue top gegaan vir goeie redes.
"n Kr was ontwerp vir 'n VW engine op seevlak 2 op. Ons is nie op seevlak nie!!
Die rotax draai 'n langer prop stadiger as die VW se kort prop. Daar is "torsion"op 'n langer prop wat dalk die firewall kan Compromise! En dan langer bene!!
Indien jy wil kyk na ander engine kombinasies kyk na lug verkoelde ligte engines. Moontlik Jab 2200(4sil)
die meeste Kr ongelukke het met modifikasies gekom!
Die beste KR's was lig. Met Volla engines en het marginaal 2 op gevlieg. Toe kom die turbos en die modifications wat baie pilots vals hoop gegee het en party het ongelukkig met hul lewens betaal. Neus wiele is extra gewig. leer om stertwiel te vlieg.
Hoe swaarder hoe viniger kom jy in om te land!!

Stick to the basics asb ou maat.
Ek is nie 'n expert nie maar donners bang vir seerkry en ek het al met vreemde goed gevlieg die laaste 20 jaar.

Gaan vlieg met Rudi of Willie om die airie beter te verstaan dan bou jy daarvandaan!!

moet asb nie oorhaastig wees nie!! Kom ons rekonsilideer ($$)

Sorry as ek op jou battery piepie maar ek voel dis my plig om jou te waarsku teen die gevare!!

groete (^^)
Real men don't have to kill a Rhino for a Horn
Balls to the wall
User avatar
Boet
Three Thousand
Three Thousand
Posts: 3795
Joined: Sun Jun 05, 2005 4:40 pm

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby Boet » Fri Mar 28, 2014 9:07 pm

Dankie Avgas. (-) Ons MOET hom waarsku!
avgas
Top Gun
Top Gun
Posts: 695
Joined: Mon Jul 16, 2007 8:35 am
Location: Nylstroom/ Vaalwater

Re: Rotax 532 powered KR2

Postby avgas » Fri Mar 28, 2014 9:25 pm

Ek wil nie he iemand moet seerkry nie al word ek as voorbarig uitgemaak!!
greetings
Real men don't have to kill a Rhino for a Horn
Balls to the wall

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 17 guests