Blue Max wrote:
Kan ons die lys sien van ouens wie gaan, en wat vlieg hulle.
My roete is
Plaas (marble Hall) Secunda verby tot by Dawie by grootdraai dam, Volsrus, Shell Ultracity, en Margate.
Lyk nie asof n ou dit in een dag sal kan doen nie.!? as jy trike vlieg.
Sal graag van julle wil hoor.?

Hi Paul
Ek sal by Dawie 'n update kry van wie almal gaan maar hier is voorlopig:
Dawie - Savannah - vlieg af vanaf Kroon
Nathan - Aquilla 582 - vlieg af vanaf Kroon
Francois Innibos - Windlass 503 - vlieg af vanaf Kroon
Rafiek - Aquilla 503? - vlieg vanaf Crosswinds
Jan - Thunderbird - vlieg vanaf Crosswinds
John.Com - vlieg vanaf Crosswinds (Our new MISASA PRO, we have MISASA representaion on this trip

)
Blue Max - Vlieg vanaf?
Daar is nog Jodie, Johan en is nie seker van die ander nie wat af trailer.
Die beplande roete is:
Vrydag die 25ste April - Vlieg van die verskillend vertrek punte tot by Grootdraai (Villiers) en oornag die aand daar, daar is 'n jagkamp waar die eienaar R100 'n persoon vra vir oornag. Beddens vir 8 maar slaapplek vir meer as jy slaapsak het.
Saterdag die 26ste - Eerste lig wiele op tot by Aerofarm (Harismith) vir refuel, dan deur tot by Ultracity Estcourt, en dan was die voorstel dat hulle vlieg tot by James Bently se Evas field vir refuel omdat daar 'n paar aeries met 2 mense op dit dalk nie gaan maak direk Margate toe nie. Van Eva's, direk tot by Margate. Dis kort bene maar deel van die fun. Hierdie Saterdag bene kan gedoen word in een dag as die weer saamspeel. (Was al gedoen op vorige trips)