

Ek en Asterix be-oog om eersdaag op ons roete na Numbie vir n nag by Hippo Pools te oornag..
Dit sal ongeveer die 4 de keer wees wat ek hulle vereer met my ondersteuning.!!
Al die kere sover het ek daar geland met my trike..Ek en baie ander ouens..Daar ge-eet en daar oornag en vir almal vertel hoe lekker is dit om daar te oornag en te land..
Nou skielik moet ek n indemnity teken waar voor ek nie omgee nie....maar waaroor ek wel omgee is dat ek n landingsfooi van R50 moet betaal indien ek daar land..
"Bid jou dit aan" sou my oorlede ouma vir sulke nonsence gese het...en ek stem saam met haar...
Nou wonder ek net of hulle die besoekers wie met motors daar opdaag ook R50 vra vir die teerpad waarop hulle ry wanneer hulle daar wil oornag.

Uit die aard van die saak is ek nie tevrede nie en gaan ek met Asterix oor hierdie nonsens praat om te sien of ons nie ander plan kan maak nie...
As ons alles wat na ons kant toe gegooi word net met gelatenheid aanvaar sal ons nerens kom nie..
My verblyf daar is onder oorweging en ek hoop julle s,n ook.!!!
