FLY IN MY PROPWASH II

Upcoming flying events, fly-ins, airshows, flights etc
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Thu Jun 06, 2013 1:20 pm

vhpy vhpy
3 March, 2013..
Arrival at Helmeringhausen and visit to Luderitz
We had a scary flight from Greunau to Berseba, landing at Vogelstrauskluft and then onward to Betani and eventually landing at Helmeringhausen. We flew over deserted parts of Namibe and also over the most northern sections of the canyon.
At times the thought entered my mind that we are crazy to expose ourselves to so many dangers. Having flown with my trike a couple of times over the Drakensberg ridge I was under the impression that the Klein Karrasberge will be a minor obstacle on our route.!! :shock:
First of all the mountain is very high and more so in the eyes of a pilot with frozen hands and also having to find his way under a cloud cover where mountain and clouds hardly allow him to pass through.!!
It was at this stage that Louis did not answer my calls over the radio and the thought of turning back filled my heart with terror. My hands were so cold that it started to pain unbearable. For the first time, after 25 days of flying , the thought of hiring some-one to fly my trike back to Gauteng occurred to me.!!! (**)
At long last the mountain allowed us to pass over it and as I decent back to lower altitude the pain in my hands vanished and so did the thought of hiring a reserved pilot..!!! :lol: :lol: :lol:
Along the way to Helmeringhausen we were shaken and rattled and pushed up into the air, 200 ft in seconds. I distinctly heard the engine picking up revs the moment I receive a push from behind and then I had to hold onto the bar as it gets heavy and moments later the bar again floats in my hands as I’ drop down on the other side.’
So hop ons rond vir die beste deel van 4 ure om n distansie van ongeveer 300 km af te handel.!! Ons voel goed want met die wind wat normaalweg van die noorde af inkom was ons gelukkig om dit hierdie keer van die suid weste af te kry.
Ons land weer op n gruis pad naby die dorpie en taxi tot in die binnehof van die enigste hotel in die dorpie. Ons fondse ontvang n ernstige knou toe ons elkeen n aparte kamer bespreek met aand-ete en ontbyt vir die oggend.
Ons besluit om Luderitz te besoek per motor aangesien ons gewaarsku is oor wind toestande nader aan die kus ..Ons ry deur n landskap wat jou betower met sy skoonheid en uigestrektheid. Om elke draai vind jy jou midde in n Pierneef skildery.
Ons besoek ook die hisroriese geboue by Kolmanskop en neem kennis wat wind aan n gebou kan doen.. Ek en Louis kom sonder stry tot die gevolgtrekking dat ons nie van wind hou nie en die gevoel word verder versterk namate die dag vorder en ons in n woeste windstorm Luderitz verlaat..Die aantrekkingskrag van die weskus gedeelte van ons planne het n ernstige terugslag gekry.!!!
Halfpad terug doen ons aan by n plek met die naam Klein Aus en oornag in n backpackers lodge. Geen internet ontvangs, geen TV, geen sell ontvangs, n longdrop vir n toilet net die geraas van die wind soos dit deur die klowe en gange van die berge om ons druis….en in my hart is dit stil.!! (-)
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Thu Jun 06, 2013 1:32 pm

:shock: :shock:
Gisteraand gekrywe toe daar geen internet verbinding was nie.. :) :)

5 Junie..Helmeringhausen en kasteel naby Sesriem en Malteheue
Ons kry dit reg om nooit op die bestemde tyd te begin vlieg nie. Ons rekord vir laat opstyg is nou 12H10 SA tyd en 11H10 Nam tyd..!!! :? :?
So oor die etensuur verder gevlieg na n plek waar n baie welaf ou( Mnr Wolf) baie jare gelede n kasteel vir hom en sy vrou gebou het…( In die middle van no-where) Een mooviese kasteel wat in vandag se terme 100 Milj plus sou gekos het.
En toe besluit hulle om n paar stoet perde in Engeland te gaan koop om sy stoetery bietjie umpf te gee..Hy en sy vrou vertrek toe vanaf Luderitz per boot Engeland toe..Net toe breek daar n oorlog iewers uit en hulle word verhoed om trug te kom Namibie toe..een ding op die ander en die man kom te sterwe en die vrou, besluit om alles net so te los, die kasteel met alles daarin, meubels, bediendes, diere alles, alles los die antie net hier in Namibie en sy vat toe n ander man en het verder nooit geworry om terug te kom en of eienaarskap van haar besittings te eis nie..
Vandag is alles nog net so in die kasteel en as julle nou met julle microlights eendag hiernatoe vlieg soos ek en daardie ander malgat, dan kom kyk julle na alles wat nog net so in die kasteel besigtig kan word…Pas asb net op vir die runway want die opsigter vertel ons daar het 4 jaar laas n aerie op geland en moet tog nou nie op die hitte van die dag daar kom land nie anders gaan jy soos ek amper, amper in die gras langs die runway land en jou aerie totally opneuk.!!!, Dan gaan jy nog n halfuur sukkel om die aerie by die runway se hek uit te kry terwyl die wind hom wil wegwaai, en moontlik jou vlerk skeur wanneer jy sukkel om die vlerk oor die doringdraad te lig…en onthou asb as jy te naby verby n onskuldige doringbos verby gaan mag die prop dalk net die bos raak slaan.!!!en ten laaste moet nie vergeet as jy jou vlerkie te veel forseer gaan die prop een van die battons stukkend slaan!!!! vra maar vir Louis…!!!!
Ja, en die cherrie word op die koek gesit toe die grondspan hier in die donker aankom met n sleep-waentjie wat n papwiel gekry het en in die proses sy volle stel agterligte verloor het.!!!! (**)
En dan dors ek nog na daardie fonteintjie soet water in Benoni ook.!!!want toe ek uiteindelik die lig afsit sien ek Debbie uir die badkamer kom sonder haar kamerjas!!!!!! xxx
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Thu Jun 06, 2013 1:55 pm

:) :) :)
Sal probeer vir n paar pics.!!
Attachments
Duwisib kasteel na Hammerstein 001.JPG
Die kasteel by Dusibwib
helmeringhausen en kasteel 013.JPG
my vliegchom by Kolmanskop.
Betseba, Helmerinh 002.JPG
branstof by Gruenau
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Thu Jun 06, 2013 2:09 pm

Nog n paar pic,s
Attachments
Betseba, Helmerinh 016.JPG
voor die lodge by Helmeringhausen
Duwisib kasteel na Hammerstein 008.JPG
Dit lyk vreedsaam maar alles behalwe.!!!
Duwisib kasteel na Hammerstein 009.JPG
naby Hammerstein in erge wind.!!
helmeringhausen en kasteel 032.JPG
Baie moeg gevlieg
helmeringhausen en kasteel 033.JPG
gatvol gevlieg
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Cacofonix
I hate turbulence
I hate turbulence
Posts: 349
Joined: Sun Jul 01, 2007 5:37 pm
Location: Pretoria

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Cacofonix » Sat Jun 08, 2013 7:30 pm

Hoop julle gaan n DVD aan mekaar sit. Good Luke further guys vhpy
Man small...why fall?..Skies call...that's all.
ZU-EJU
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sun Jun 09, 2013 1:41 pm

:shock:
DUWISEB NA HAMMERSTEIN NA SESFONTEIN.5 Junie tot 9 Junie.
Ons vertrek op Duwiseb vanaf n benoude grondpad met kameeldorings langsaan wat dreig om ons vlerke te knip.. (**)
Ons vlieery die laaste twee dae was alles behalwe lekker. Hoofsaaklik agv n matige Oostewind wat oor die eskaprment rol. Onbewus van die gevaar pak ons die roete van Duwiseb na Hammerstein aan. Hier demonstreer die wind aan ons sy oppergesag oor ons roete. Gedurende een stadium van die vlug besluit ons om die wind sy sin te gee en ons laat toe dat hy ons wegvoer totdat ons weer beheer kan neem en die neus in die rigting van ons roete draai. By tye klou ek aan die bar vas asof my lewe daarvan afhang net om oomblikke later te voel hoe die bar pap word in my greep..!!! (**)
Sorry ouens as ek dramaties,klink maar ek en Louis ervaar omstandighede gedurende die been van ons vlug wat ek net nie weer oor wil he nie..Ek vlieg 7000 vt en ek merk hoe my vertical speed indicator teen n onrusbarende tempo hoogte verlies aandui..ek trap die petrol teen die vloerbord vas en steeds verloor ek hoogte. Ek sien hoe die aarde al hoe vinniger nader kom en begin wonder of my nota wat ek die vorige aand op die agterkant van Debbie se foto geskryf het sal werk as n wettige testament.!!!Dan merk ek uiteindelik dat die enginetjie hier agter my die oorhand begin kry teen die ‘downdraft’. Vir n oomblik vlieg ek gelyk en stelselmatig begin ons weer hoogte wen ..Hierdie proses word meer as een keer gedurende die vlug herhaal tesame met thermals wat jou 200 vt binne sekondes oplig. So tussendeur stamp die aerietjie verby sy 4 G,s waarvoor hy gebou is en merk ek ook gedurende die vlug dat die wash-out batton die rek van die boonste batton raak gehak het.. n ou raak bekommerd !!..Wat my die meeste bekommer was die gedagte hoe die wind die vorige dag tydens ons besoek in Luderitz op grondvlak gewaai het… (**)
Gelukkig was toestande op grondvlak by Hammerstein beter en land ons ongeskonde … vhpy
Daar vertoef ons twee nagte tewryl die ooste wind homself uitwoed.
Met ons vertrek na Sesfontein ervaar ons vlieg soos dit moet wees en kom ek tot die besef in hoe n mate ons op die vorige been van ons reis blootgestel was aan lewens gevaar. Ons verdwaal so amperkies en land op n stowwerige paaidtie waarvandaan ons weer rigting vind..Uiteindelik kom ons op Sesfontein aan in puik omstandighed en bring dadelik n besoek aan Sossusvlei.. vhpy
Sossusvlei le op sterwe en as jy hom wil sien voor hy totaal deur die bewegende duine verswelg word sal jy moet haastig plan maak om binne die volgende twintigduisend jaar n besoek aan hom te bring.!!...anders gaan hy nie meer daar wees nie,.!!
Vandag, 9 Junie 2013 plak ek en Louis in die voorportaal van die Sossus Lodge waar ons n WI-FI signal gebedel het en wag dat die wind moet bedaar.. Ons vliegbuddy, Chris Fourie, van Walvisbaai stel voor ons vlieg Oos oor Sossusvlei na die kus ( oor die Namib woestyn) en daarvandaan Noord al langs die kus tot by Walvisbaai..n Distansie van 168 seemyle.” Neem net so 5 litter water saam” se hy” en as julle probleme het sal ons Search and Rescue stuur om julle te vind…!!!”…Die rede vir sy voorstel is die Ooste wind wat dae aanmekaar waai en dan groot probleme veroorsaak as dit jou op die sy tref wanneer jy Noord vlieg al langs die bergrif.!!! Dus die seeroete van 168 nm sonder brandstof inname of binneland langs die bergrif onder gevaarliker omstandighede maar met een stop tussen in vir brandstof!!! (**)
Ons dink nog.!!! :shock:
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Thu Jun 20, 2013 3:56 pm

:cry: :cry:
Die mannetjie daarbo huil.!!!
Ek skryf my malle verstand af, ek plak in Lodges se voorportale, ek koop signals, ek sit foto,s op die forum en ek kry die indruk niemand lees my geskrifte nie.
Gelukkig weet ek my dogter in Kanada lees dit en sy lees dit ook voor aan haar kinders omdat hulle dink hulle Oupa is n baie brawe ou. (-) (-)
Daaris darm n paar ouens wie ek weet lees, soos Asterix en Tumbleweed..!!!
My afleiding is ons kyk te veel TV en het te lui geword om te lees of ons verstaan nie Afrikaans nie..!!! Of my geskrifte is vervelig.!!!! ## ##
Wat is dit..Moet ek ook soos ander maak en dit op Hanger Talk sit...??? en as almal dit doen dan maak ons Events toe.??
## Julle laaste kans hier kom nog geskrifte.!!! ##

Datum, 12 Junie 2013.06.12

GISTER , VANDAG EN MORE.

Ons vlug van Hammerstein na Sesriem was aangenaam en ontdaan van die invloed van die die Noordewind.!!!Dit was n tog uit die HELGAT van Namibie sover dit die kennis van die plaaslike vlieniers betref… Die plek waar die Noordewind oor die escarp rol en en jou in die proses n skoen in n tuimeldroer maak..
Ons word by die runway op Hammerstein welkom geheet deur n windkous wat loodreg teen die paal afhang..en met hernieude moed vertrek ons na Sesriem waar ons n dag spandeer om die Sossus vlei area te besoek.
Na drie nagte en drie dae in die Sesriem Area is ons nou reeds bekendes en word ons plakkery in die voorportaal van die 5 ster Sossus Vlei Lodge, beloon met n skenking van R10,000 wat deur een van die toeriste gedoen word nadat Louis hom vertel van ons liefdadigheids werk..
Na twee dae se ondraaglike wind wonder n mens waarheen die wind op pad is, want dit kry nie klaar gewaai nie!!! Die gat wat dit moet vul wil nie vol nie.!! Gelukkig is die trikes stewig ge-anker aan n waterstelsel wat aan die westekant van die afdak funksiuneer en bied dit net genoeg beskerming om n ou sleg te laat slaap as jy snags luister hoe die intensiteit daarvan telkens vererger.!!!
Dit is gedurende hierdie tyd dat ek daarvan bewus word dat my gemoedstoestand ge-affekteer word deur wind, die wag en die onsekerheid.. Selfs n dop brandewyn kry nie die toestand onderdruk nie.
N tot nog toe onbekende vriend, Chris Fourie van Walvisbaai, bring vrees in ons gewagtery toe hy ons meedeel dat daar net een roete is wat ons kan vlieg as ons Sesriem verlaat..En dit is die 63 see myle, wes oor die Namib en dan Noord, 100 seemyle kuslangs tot by Walvisbaai..
Hierdie voorstel het ek en Louis dadelik afgemaak as die heel laaste opsie wat ons sal neem.!!Namate ons meer en meer oor die voorstel gepeins het en dit opgeweeg het teen die ervaring van n paar dae gelede toe ons met die helwinde van Hammerstein te doen gehad het, het die wenslikheid van die voorstel begin posvat!!!
Die saadtjie was geplant en uiteindelik kon ek vir Chris laat weet dat ons die woestyn en kuslangs roete sal neem…Op sy voorstel neem ons genoeg drinkwater saam en ek pak 50 Litt Ekstra brandstof in twee kanne agter op die sitplek. “ moenie worry ouens, die manne van Search en Rescue sal julle maklik kry as julle probleme ervaar”, was sy laaste woorde tydens ons telefoon gesprek voor ons vertrek.!!!
Wat hierna volg was een van die aangenaamste en bevredigendste ervarings wat ek in n lang tyd gehad het….Wanneer jy opstyg by Sesriem volg jy die roete al langs die Sossus vlei vir ongeveer 30 seemyle, daarna het jy nog 33 seemyle oor barre woestynsand, wat voor jou en langs jou uitstrek sover as die oog kan sien.
Geleidelik begin die kontoere van Meobsbaai voor jou vorm aanneem en begin jy besef dat oorwinning binne bereik is..Meobsbaai is n naam op die kaart van Namibie, Suid ongeveer 300 Km is Luderitz en Noord ongeveer 200 Km is Walvisbaai.!..geen teken van n mens nie net die spore van n enkele Gemsbok wat die nag tevore daar verby is.!!
By Meobs baai wag ons dat toestande in Walvisbaai gunstiger raak vir n trike…Want met ons vertrek by Sesriem verneem ons dat die wind 23 KNt,s pomp in Walvisbaai.!!!Ons vertoef ongeveer n uur en half by Meobs en vertrek daar met n gemiddelde spoed van 30 Knts wat stelselmatig na 40 Knts vermeerder soos ons Noordwaarts vorder.
Die vlug langs die kus is aangenaam en ons vlieg by tye op n hoogtes wat wissel tussen 100 vt en 300 vt…Kan nie anders as wonder of daar nog nog vis aan die weskus van Namibie oor is as jy kyk na die Rob getalle wat langs die kus te bespeur is…Jakkalse probeer sonder sukses die getalle in bedwang hou want telkens sien n ou twee of vier of ses jakkalse wat padgee wanneer hulle die trikes bo hulle gewaar.!!
In total vlieg ons ogeveer 4 ure 30 min aan hierdie seksie en arriveer skuins voor donker by Walvis Internasionaal aan.. Hier word ons ingewag deur n groep vriende wie almal deel in ons vreugde om veilig te arriveer..
Sommer so met die eerste gesels word ons uitgenooi na Hentiesbaai om daar te oornag en dan weer die volgende dag na een van die plaaslike manne se plaas toe te vlieg vir n lekker ‘fly-in’.!!! Ongeveer 350 km verder Noorwes naby die Brandberg.!!!..Dit is op die kaarte vir more. Vandag, 12 Junie verwyl ons in Walvisbaai. So oor n rukkie kom n paar pelle saam met ons by n vis Restaurant eet en vannaand is ons uitgenooi om die plaaslike Rotary klub toe te spreek.!!!!!
Ag jammer daar by die huis dat dit so lekker gaan met ons.!!! puff puff
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Bundy
Three Thousand
Three Thousand
Posts: 3624
Joined: Thu Sep 02, 2010 5:23 pm

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Bundy » Thu Jun 20, 2013 4:42 pm

Hey sies! Ek lees ook! ^

Bly julle vorder mooi. (^^)
User avatar
Tumbleweed
Toooooo Thousand
Toooooo Thousand
Posts: 2349
Joined: Wed Nov 16, 2005 7:14 pm
Location: FASC

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Tumbleweed » Thu Jun 20, 2013 4:55 pm

Blue Max,

Ons lees graag an begin wonder of julle afgetree het want julle post so min. Geniet julle avontuur en spaar die goeie stories en fotos vir n' brandewyn kuier.
Sling ZU FYE - For Your Entertainment
User avatar
Goose
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1174
Joined: Tue Nov 04, 2008 10:18 pm
Location: Pretoria, FAWB

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Goose » Thu Jun 20, 2013 9:29 pm

Ek lees ook Oom Paul. Ek dink julle manne het Braas Bols, hou die blink kant bo en veilig vlieg (^^)

Goose
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sun Jun 23, 2013 1:30 pm

:)
Die spoed waarteen ons pos is n probleem omrede ons nie orals signal het nie,..Maar DIT is slegs onderliggend. Die werklike rede is dat ons op plase aankom waar ons gratis gehuisves word vir op tot 3dae,!!! Daar tree gewoonlik n weldoener na vore wat alles betaal of wie net vooraf se julle betaal nie.
Die 'prys ' wat ons vir hierdie hoflikheid betaal is 'bedagsaamheid'.!!! Want nou kan n ou nie na jou kamer beweeg of heeldag in die sitkamer sit en op jou laptop werk nie.!!!.
Die ander rede is dat n ou baie ver gevlieg het om ook iets OM jy in te neem en nie net ONDER jou nie..So op meeste van die plase is n ou so betower met die omgewing en aktiwiteite wat daar aangaan dat jy net eenvoudig nie tyd het vir iets anders nie...( tensy jy n totale Nerd is)
DAARVAN kan julle lees op my volgende threads.!!!
Vandag 23 Junie sit ons weer in Ariamsvlei en wag vir ons grond voertuig en 'beter dae'!!!!!
Tegnies is ons REEDS uit Namibia geteken op Keetmanshoop en is ons Paspoorte gestempel..maar weens weers omstandighede het ons dit vanoggens net net gemaak van n plekkie met die naam Narubis tot by Ariamvlei....n distansie van 100 KNT en met n wind van agter het ons teen n gemmiddelde spoed van 120 kpu binne 1 uur 30 min hiet aangewaai gekom....en hier sit ons nou .!!!
Praat later..
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sun Jun 23, 2013 1:41 pm

vhpy
Hier is nog geskrifte...
Verblyf en Vertrek Walvisbaai...

Wat jy beplan en uiteindelik gedoen kry is nie altyd versoenbaar nie. Die landing in Walvis was weer n “Internasionale” landing.!! Dit het ook gepaard gegaan met die nodige teregwyssings maar genadiglik baie meer vriendelik as elders ervaar.!! (**)
Ons word deur die bekendste persoonlikhede van Walvisbaai by die lughawe ingewag en word vervolgens afgevoer na Chris en Marissa Fourie se woonhuis waar n genoeglike gereg op ons wag..Na n paar doppe word ons program vir die volgende paar dae aan ons verduidelik wat sonder enige teenspraak deur almal aanvaar word. xxx
Christo Marais ( vrou Deona) n plaaslike Gyro pilot onderneem om met’ brieke aan’ saam met ons te vlieg na n plaas genaamd Libertas waar die eienaar, Poena Olivier en sy vrou Connie n Pilots Fly-Inn vir die naweek bedryf. Die plaas is naby Outjo gelee in die hart van Noordelike Namibie en net n oggend se vlieg van die Etoshapanne..!!! Van Walvis, ons vertrek punt, is dit oor Uis verby die Brandberg en vingerklip en so entjie verder sien jy n runway van 1.3 Km wat uit die bos te voorskyn kom. Die naam is Libertas.
Voor ons vertrek moet Louis se aerie se carburator vervang word met een wat per koerier vanaf SA bestel is. Die taak word opgedra aan Chris Marais ons nuut gevonde Gyro pel..Die Joppie neem ons die beste deel van n dag en is uiteindelik afgehandel teen laat agtermiddag toe dit nie meer moontlik was om die eerste been van ons vlug na Henties te onderneem nie…Met die res van die span wie toe reeds in Hentiesbaai is vlieg ons toe sommer padlangs met ons vriend se Volkswagen Amarok….en die volgende oggend weer terug om werk op Louis se aerie klaar te kry.. (**) Op hierdie stadium begin ek al wonder hoe n ou die trip verder sal doen met n vliegtuig wat net nie wil regkom.!!! Min wetende wat voorle vir my.!!!!! (**)
Terug by Walvis word die werk aan die carbs vootrgesit en teen ongeveer 10H30 is Louis tevrede dat die aerie genoeg reffs het om hom in die lug te besorg.
Ons landing by Uis gaan weer gepaard met die tipiese hoflikheid en vrygewigheid wat ons tot nog toe in Namibie ervaar het. Piet Fourie, hy vlieg ook n trike, sponser my met 25 litt brandstof .
Teen laat agtermiddag land ons by Libertas… Op die runway staan reeds n Jabiro, n Cheeta, twee Gyro,s n Jak, en n Savanna dan nog die twee trikes van ek en Louis. Nog n paar vliegtuie word verwag en moontlik ook ons vriend en donateur van Sesriem en sy aktriese vroukie.
Libertas is gedeeltelik gelee op n plato vanwaar dit deur beboste klowe en droe riviere met oer-oud-watervalle afsak in valleie wat duisende voet onder jou oopmaak in n laeveld wat voor jou uitstrek so ver soos jou oog kan sien. Op die rand van die plato by die ‘valei van stilte ‘ sit ons met n glasie wyn in die hand en staar voor ons uit na n lewende skildery wat wag om op doek vasgele te word.. Die tydloosheid, waarin wind en water oor miljoene jare hierdie tonele baar, sal nie ongemerk deur n oplettende natuurliefhebber mis gekyk word nie.. Teen die kranse wat duisende voet na benede sak bestaan n mikro kosmos van lewe..bekadig jy een vernietig jy die ander… Dassies, bobbejane, pappagaaie, luiperds, slange, maak n lewe teen die kranse.!! Onaangeraak oor miljoene jare..In onontdekte grotte le die gebeentes van diere wat deur luiperds ingesleep en verslind is.
Ons besoek aan Libertas sluit onder andere n besoek aan een van hierdie grotte in. Die grot bestaan uit gange en ruim sale wat oor miljoene jare geskep is deur die tydsame werking van natuurkragte waaroor jy net kan wonder..!!!
Die plaasbestuurder, Klaas Oberholzer en sy vrou Maryna, word ons gasheer en gasvrou toe die res van die besoekers Sondag 16 Junie hulle pad terug vind.
Ons vertrek is bestem vir baie vroeg Maandag oggend 17 Junie...en soos n goeie pilot betaam is ek en Louis gereed om 7 uur Maandag oggend in die lug te klim op pad terug na SA toe waar Debbie my vrou, reeds die dubbel bed met roosblare bestrooi het.!!. (-) My laaste preflight toets, net voor jy volspoed opstyg is die ‘mags’ en ag tog, daar kom ek toe agter wat gebeur as n magneto gek@k het. (**) (**) (**)
Laaang storie kort, dit is nou Woensdag en more is Donderdag en ons is nog op Libertas en wag vir iemand om n job op my aerie te doen en n onderdeel te kom installeer wat ek by n trike pilot gekoop het met die naam van Dirk Oelofse van Rundu. Die bekendse en bekwaamste trike AP in Namibie…Dirk het die afgelope week al ure met myself en Louis en andere op die telefoon gespandeer om aan ons en die persone wie ons help leiding te gee….DANKIE DIRK, BAIE DANKIE.
Terwyl ek hier skrywe het die werktuigkundige van Outjo ge-arriveer en is hy besig om CHG van al haar waardigheid te stroop..Sy staan ontbloot daar op die runway terwyl n vreemde man in haar binnegoed rondkrap en ek uit hoflikheid teenoor die werktuigkundige en my geliefde CHG eerder hier onder die lapa kom sit en skrywe..In die agtergrond hoor ek die werkruigkundige wie kom koffie drink het praat oor die operasie wat hy uitvoer en moet ek bieg ek is te bang om te luister…
Ja, n ou kry ouens wie trikes bou, dan kry jy ouens wie ander leer om die goeters te vlieg..Nog ander bou vlerke en ander bou weer engines om die goed aan te dryf. Dan is daar die dommes soos ek, wat die goed vlieg, hulle word die pilots genoem en meer kere as gereeld weet hulle niks van die ding se engine af nie.!!!! Ek is een van laasgenoemde.!! Die ou wie die aerie herstel is die tipiese ‘boer maak n plan’ soort, wat kans sien vir alles en nie ophou voor die ding werk nie, of dit nou n generator n waterpomp of n vligtuig engine is, maak nie saak nie.!!
Die goeie nuus is die aerie is herstel..Gestrip op die runway en n ander magneto in gesit..!!Karel van Boere Dienste in Namibie se motto is; daar waar hy breek maak hy hom reg en hy hou nie op voor hy nie reg is nie.!!!Dit wil gedoen wees.!!...En R6000. Vlieg ek weer met mags wat werk… (!!)
Die naam van die plaas is Libertas en die persoon wie jy kan kontak indien jy die ervaring van jou lewe wil he, en dit alles teen n billike tarief is:
Poena en Connie Olivier. +264814356326…of Klaas en Maryke Oberholzer +264817936503.
(^^) Vir eers.!!
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sun Jun 23, 2013 1:45 pm

vhpy
Sal later pics plaas.!!
(^^)
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sun Jun 23, 2013 5:17 pm

:lol: :lol:
Lees verder, pics sal kom sodra ek kan.!! :mrgreen:
:lol:
Suid vanaf Libertas tot Reveille.
Uiteindelik het die dag aangebreek dat ons kon losbreek van die greep wat die plaas LIBERTAS en sy mense op ons gehad het. :)
Vroeg oggend is klaas en Maryka reeds op die runway om totsiens te se. Die windkous hang slap en verkondig die vooruitsig van n lang en lekker vlug. vhpy
Right Hand out en ons vat die lug vir n vlug van ongeveer 120 KNT. Om dit makliker te maak deel ons dit deur twee en vind n halfpadmerk so 60 KNT verder. Ons was gewaarsku:” Manne dis bos en geen plek om te land nie”. (**) Wat ook duidelik tot ons spreek soos ons vorder. Ek se vir Louis:” die aarde lyk nie baie vriendelik daaronder nie.!!” En ek hoor op die radio hy se :” ek copy “.
Die 582 enginetjie sing hier agter my prrrrrrrrrrr terwyl ek wonder of ek die mags getoets het voor ek op gestyg het.!!!!???? ## ##
120 Knt is ongeveer 223 KM. Daar is geen vooruitsig vir n veilige engine out nie. Die bos skuif oonophoudelik onder jou verby en strek suid sover as wat jy kan sien. Vir terug draai is daar nie sprake nie want die grondspoed het opgetel na 70 plus Knts en kort voor lank vlieg ons verby die halfpadmerk wat ons hierdie keer besluit is nie nodig om te besoek nie…
Wanneer n trike 120 Km n uur vlieg in n sagte egalige wind wat geen inspanning verg nie voel n trike pilot soos wanneer ek voel as Debbie my skouers masseer nadat ek gebad het…Man dis mos lekkerr!!!... (-)
En in daardie gemoedstemming land ons toe by die plaas Reveille van Botha Jansen.
In die lug bokant die plaas was daar n paar onverwagte gate maar ons beide kry die trikes veilig op die grond waar Botha ons reeds inwag… Net een verkeerde landing op hierdie trip kan n einde daaraan bring en wanneer jy teen 75 knts “base” draai verander die lug dinamika oor jou vlerk en word vererger deur die hitte wat teen 11 uur van die grond opstyg en n reeks stampe en stote volg wat jou met dankbaarheid vervul as jy eers veilig uit jou trike geklim het…Dit is dan ook die tye wat ek en Louis die vriendelikste met mekaar is en gee ons mekaar sommer n spontane handruk om die oorwinning oor die lug te vier.!!!! (^^)
Elke plaas waarop ons land het sy eie karakter plus daardie opvallende hoedanighede wat die plek en die mense verbonde daaraan binne n oogwenk aan jou verklaar…!!! In die geval van Reveille kon ek nie anders as om te let dat, ten spyte daarvan dat dit ook n jagplaas is, die eienaars n inspirerende liefde teenoor diere, alle diere, openbaar..Die vlakvark ma is sonder twee van haar kleintjies verklaar Toekies.!! Later weer die klein volstruisie is weg, het vir twee dae nie kom water drink nie.!!! Sweerlik het n rooikat of jagluiperd haar gevang!!..Dan weer, daar is aasvoels in die lug, ek moet gaan kyk wat gaan aan.!!..Die honde op die plaaswerf vertel hul eie storie van sorg en liefde wat hier in grootmaat uitgedeel word.
Terwyl ek oor die werf stap en na die geboue en gereedskap en uitrusting en krale en hekke en drade kyk, besef ek dat so n plek oor geslagte van plaas na vesting verander.!!
Ons gaan saam met die eienaar, die vee-arts en n span werkers om n paar Sable Antelopes van een kamp na n ander te verskuif. Dit is n baie besienswaardige operasie wat teen groot koste gedoen word met absolute akkuraatheid sonder om enige van die teeldiere aan stress te onderwerp. Een van die teel ramme se horings word gemeet en blyk langer te wees as enige geregistreerde paar horings op rekord.. Botha, die eienaar kry n handeklap vir die prestasie.!!!
Ek was so ge-absorbeer deur hierdie plaas ervaring dat ek skaars aandag daaraan gegee het dat die eienaar ook die plaaslike agent en instrukteur vir Gyro pilots is.!!!En tussen al die boerdery lei hy nog pilots ook op.!!!!
Ook hier weier die eienaars enige vergoeding vir al die heerlike kos wat ge-eet is en drankies wat geniet was.
Met ons vetrek die volgende oggend hoor ons weer daardie bekende woorde:” Manne julle moet veilig vlieg en onthou dit is net bos.!!!” (**)
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Rudolph
Going for flight test
Going for flight test
Posts: 189
Joined: Sat May 27, 2006 2:08 pm
Location: Ingwe/Laser

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Rudolph » Sun Jun 23, 2013 8:32 pm

Dit lyk darem na een maal in leeftyd ervaring?
ZU-FYX / ZU-RBY
@ Ingwe/Laser

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 8 guests