FLY IN MY PROPWASH II

Upcoming flying events, fly-ins, airshows, flights etc
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sun Mar 31, 2013 8:19 pm

Hierdie is die ou wie met jo praat.. vhpy
Fly in my Propwash II

There is a bucket waiting to be kicked in the not so far distant future.!!
Before that happens I need to delete an entry on the bucket-list witch were entered a long time ago.
Name of entry…..Go and fly in Nam with your trike….take your time….dont worry about expenses…pray for sponsers and wellwishers and donations…..and just go.!!!!!
Now….I have teamed up with and ‘oldschool’ intellectual with more or less the same outlook towards life that I have….He is the man who is putting this thing together and I will feature in the background as handlanger and grootbek.
His name is Louis Cole..
Louis has committed us to a charity by the name of : REACH FOR A DREAM FOUNDATION…
Between us we have pledged to help as many teminal sick children through our sponsers and endeavours as possible…We feel that if we can reach at least 25 children with the hekp of our sponsers, our task will be worth the while…Obvious we will want to help more than 25 children..
R125,000 is the amount we have committed ourselves with.. ( and YOU the reader, and blessed individual) to benefit the REACH FOR A DREAM FOUNDATION with..
We both will keep a diary of our progress on this site, via our website, www.opencockpit.co.za to keep you informed in writing, pictures and maybe video clips…
We hope you will enjoy our adventure to Nam and elsewhere during the two months that will follow after the 10 th of May..
Fly in our propwash and let us now where we can land if you live in the Noordkaap or somewhere in Namibiee… We will depend on good people like yourselves to allow us to camp on your farm for a day or two or maybe allow us to wash ourselves in the irrigation dam.. or even to braai a choppie en n doppie saam met jou…
Vorentoe praat ek Afrikaans…
Tot later…
Besonderhede oor die Foundation is op ons site.!!
Asook besonderhede oor hoe om n bydra te kan maak..
Attachments
004.JPG
Dis al pic wat ek kon kry...ek is die outjie wie daar reg in die middel sit..
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Louis Cole
Whats the right frequency?
Whats the right frequency?
Posts: 293
Joined: Thu Apr 19, 2012 8:46 pm
Location: Jakkalsdans,Riverside Estates,Broederstroom.

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Louis Cole » Mon Apr 01, 2013 10:07 am

Paul met een ding is jy reg. "Old school" is ek, maar Intelektial kan ek nie eers spel nie. Ek gaan baie op jou ondervindinge staatmaak en kan nie wag vir 10 Mei nie. Gaan 'n "blast" wees. Nog 'n 1001 dinge om te doen en reel.
Loneranger
ZU-CEX Raptor 618
25 52.869' S 027 54.940' E
(http://www.opencockpit.co.za)
"Reach for your dreams"
User avatar
Louis Cole
Whats the right frequency?
Whats the right frequency?
Posts: 293
Joined: Thu Apr 19, 2012 8:46 pm
Location: Jakkalsdans,Riverside Estates,Broederstroom.

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Louis Cole » Mon Apr 15, 2013 6:07 pm

Paul ek is happy dat die Aquilla en Raptor nie vir mekaar gaan weg vlieg nie. Het jy ge-"cruise"of bietjie "bar" ingetrek vandag ? Ek het net ingetrek as ek agter geraak het. Onthou dat ons by Marius 'n "mount" vir jou kamera kry as ons hom hierdie week gaan sien.CEX by Flo gelos vir 'n diens.
Loneranger
ZU-CEX Raptor 618
25 52.869' S 027 54.940' E
(http://www.opencockpit.co.za)
"Reach for your dreams"
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Wed Apr 24, 2013 5:45 am

:)
Om enigsins n signal in hierdie joint waar ek bly te kry moet n ou 5 uur in die oogend opstaan.!!!!
Was die laaste twee dae besig met Polisie klarings , reisversekering, Internasionale bestuurslisensies en derdeparty versekering.
Die laasgenoemde is vir net ingeval n ou n bok of n hoender raaktrap met die ondersteunings voertuig.!
In die proses het ek gemerk dat ons land nou een honderd persent suksesvol oorgeskakel het na n regstellende demografiese indiensneming stelsel.!!!
By die Voertuig uitklarings stasie moes ek wag dat n amptenaar eers luidrugtig aan die ou hier voor my in sy maskorro- skorro vertel wat hy alles gisteraand gedoen het terwyl hy moeite doen om my aanwesigheid te ignoreer.!!
Na n gewaggery en n geraai waar ek nou volgende moet gaan om of ge-ignoreer te word, of onvriendelik behandel te word, is ek toe daar weg met n stuk papier wat n Polisie stempel op het.
Daarvandaan is ek na n kantoorkie waar my waarneming oor die regstelling van ons demografiese indiensneming stelsel verder versterk is.
Lets face it ouens, ons lewe in Afrika.! en daar is miljoene mense wie ons beny daarvoor. En ek wil nerens anders bly nie.!!
N ou doen beplanning, dan doen jy meer beplanning en as jy nog wil beter kry jy Louis en Fransa om net seker te maak alles is in orde.!!
Ons rol oor 16 dae en ek moet my gat in rat kry om ons escort voertuig behoorlik funksioneel te kry.
Sal foto plaas volgende keer.!!
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sat May 11, 2013 1:00 pm

vhpy
I will post some interresting news with photo's as soon as we get a better signal.
Lots of interresting things happening along the way..
Hang bal dit is op pad.!!! vhpy
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sat May 11, 2013 6:34 pm

Manne hier volg my storie wat ek sukkel om gepos te kry.


Genade.! Genade?
Aan die Oos- Rand, op die straathoeke staan mense en bedel..
Ek is dankbaar vir DIT WAT EK HET want ek kon ook n arme drommel gewees het wat moes bedel vir n bestaan…..Maar nee, ek kan darm n trike bekostig en daarmee saam net, net die brandstof om die ding in die lug te hou..Is dit nou nie genoeg rede om dankbaar te wees nie.???? Lees asb oor hierdie onderwerp meer op http://www.opencockpit.co.za.
Die Open Cockpit span was oorweldig deur die entosiasme waarmee ons vertrek gepaard gegaan het…Tot my verbasing was daar n hele paar vriende en kennisse wat kom totsiens se het en dit 6 uur in die oggend.
Ons reklame agente van Digi Box het hul werk goed gedoen. Daar was n nuusspan van M Net wat ons te word gestaan het.!!! Beeld se briggewer en fotograaf was daar en nog n paar ander wie se name ek vergeet het.!!
Ons vlug van EAGLE,S CREEK het vooraf gegaan met n ‘paar korreksies’ wat vining deur Flo aan ons aeries gesoen moes word….daarna was dit ons en die elemente..
Wat n twee ure vlug moes wees het n 3 ure 15 min vlug geword..Vanaf Eagle Creek na Lichtenburg.. Ons grondspoed was nooi bo 40 knt nie en ek kan met vertroue se dat die gemiddelde spoed seker 30 Knt was…My wind-spoed was konstant op 55 knt.s…Maak self die afleiding.!
Op Lichtenburg ontmoet ons n cropspryer, wie se agterplaas en hanger soos n olierafinadery lyk weens sy gedurige werk aan sy aeries….Hy leen ons sy maskorro- skorro om branstof en kos in Lichtenburg te gaan koop en word beloon met n pakkie Kentuckey Fried Chicken…Sy handlanger draai n verlore bout in Louis se engine in en ons verkeer die res van die middag in n afwagting dat die wind moet bedaar.
Intussen rol die redakteur van die Noordwester daar verby en forseer hy ons om eers koffie te kom drink by sy huis terwyl die wind intussen voort woed.
Uiteindelik vertrek ek/ons teensinniglik uit Lichtenburg teen 16H30 en dit net omdat Louis n sagte bed langs sy vrou bo die harde grond tussen hangers verkies…. N uur en half later land ons by Jakkalsdand ( Mareetsane )in die verre weste waar die gemeenskap ons met motor ligte aan op die runway inwag….

Nou kom daardie deel van’ dankbaarheid’ waarvan ek hierbo gepraat het en wat my tot die besef bring, dat tenspyte van al die pyn wat ons daagliks sien en ervaar om ons, daar oorweldige getuienis is dat daar meer goed in die mens is as kwaad..!!!
Ons gashere wag ons hier in met bykans die hele gemeenskap op die runway…Die kamaras flits en ons moet saam met almal posseer vir n pic…Ons ontvang ook n verdere R5000 vir n droom en nog beloftes van ondersteuning vir Reach vir n Dream….Die plaaslike tak van die NG kerk oorhandig aan ons n geskenk pakkie….Die plaaslike skoolkie belowe n blikkie kollekte.
My hart word week wanneer ek die goedheid van die mense om my ervaar en die tekortkomings van myself.
Die plaas, Jakkalsdans is n ideale oorslaap plek met n pratige runway en lodge op n wildplaas.. Wanneer julle na die Panne toe kom of die kalaharie Boendoe Bash of volgende jaar na die wereld land- spoed -record- poging, kan julle gerus hier aandoen en ons weldoeners ontmoet..Hulle naam is Jannie en Thea du Randt.( Cell no 0828889277)
Manne, ten slotte, ek sal op n aparte thread erkenning gee aan al die weldoeners.
Daar is baie van hulle.
Selfs onder julle trike Pilots..Dankie Asterix.Nog n kind slaap gelukkig!!!!
Attachments
IMG_4053.JPG
Leon van Agri Maretsane, dankie vir jou skenking.
IMG_4053.JPG (91.32 KiB) Viewed 6076 times
IMG_4051.JPG
Dit was n behoorlike ontvangs.!!!
IMG_4051.JPG (84.97 KiB) Viewed 6076 times
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Mon May 13, 2013 7:54 pm

vhpy
Will Try my best to remain to the point.!!Without to mutch melodrama.!!
Hartswater...19h30...13 May.
The plan is to get airborne about 06H00 tomorrow morning..Will see about that.!!!
I am not a very fast starter and with Louis as my Buddy I suspect we wont get into the air before 08H00 !!!..Will tell you later..
We had a lovely braai with some student Pilots from Germany, India, Irak, and South-Africa. All receiving training under the watchfull eyes of D.J.Lubbe , the Chief Flight Instructor of Eagle Flight Acadamy..
My geuss is, and it is confirmed by the students, It is the closest you will get to the real African scene while you are being taught how to fly an aircraft. !!!!

Vanmiddag Toe die son oor die Kalaharie vlakte sak en ek kyk na die Kameeldorings, soetdorings en Karee bome, toe kom die woorde van die ou kalaharie lied in my op.....Wyd le jou eindlose vlakte...Kameeldoring boom en sand, eensame vreedsame wereld...dit is my Kalaharie land....!!!!
Manne ons bly in n mooi land !!!!...My arne dogter in Kanada, huil haar oe stukkend as sy die lees vannaand....en my hart raak week van heimwee.!!!

Ek het gese ek gaan nie melodromaties raak nie en kyk nou net wat maak goeie geselskap en drie brandewyne aan n ou.!!!!
Was nie lank nie en ou Louis pluk sy kitaar uit en ons sing ...Ver in die ou Kalaharie uit volle bors..!!!
Sodra ek my pics gekrimp het sit ek dit op...
Blue Max..!!
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Mon May 13, 2013 10:44 pm

vhpy
Hier is n paar pics om jou na die Kalaharie te laat verlang.
Attachments
Hartswater 001.JPG
Asterix se krans-atleet geniet n drankie saam met ons.
Hartswater 009.JPG
Louis se nuwe chommie.
Hartswater 004.JPG
ver in die ou Kalaharie
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Cacofonix
I hate turbulence
I hate turbulence
Posts: 349
Joined: Sun Jul 01, 2007 5:37 pm
Location: Pretoria

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Cacofonix » Tue May 14, 2013 5:16 am

Enjoy! (^^) Salute
Man small...why fall?..Skies call...that's all.
ZU-EJU
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Wed May 15, 2013 8:51 pm

(**)
Ons sukkel met Signal, sal probeer om te copy en paste van Word.!!

Hartswater Oor Reivilo tot Kuruman.
Ons het 12 en 13 Mei by Eagle Flight Acadamy geslaap. Dawid weier enige betaling. Die span verwyl hulle tyd om Logs en geskrifte op datum te bring en ek verval in n euforiese droom toestand oor die skoonheid van die Kalahari.
Metterwoon leer ons mekaar beter ken en beide ek en Louis aanvaar dat die naam Geriatric wat aan ons toegedig is nie sonder rede is nie..!!!( Louis, natuurlik aanvaar die benaming veel meer gemaklik as ek.)
Louis knoop n verhouding hier aan met n Kransatleet ( sien Foto,s) en na aanleinding daarvan word ek uitgedaag tot deelname aan die GERIATRIC GAMES… wat tussen ek en Louis beslis sal word soos die tyd vorder..Ons eerste uitdaging behels n spotlanding en die tweede n bomgooi…snooker darts en kettieskiet sal ingewerk word soos die die dae aanstap…Ongelukkig laat die wind ons nie toe om die eerste rondte te begin nie en op Louis se aandrang stel ons die kompetisie uit tot later..( Hie Hie)
Ons vertrek 07hoo uur op 13 Mei en ons roete neem ons oor Reivilo, 42 KNT,s wes na Kuruman, n verdere 40 Knts verder…Met die wind effens Oos van Noord vorder ons fluks teen 48 knt,s…
Reivilo was vir my bietjie van n uitdaging weens die feit dat my trike Meimaand verlede jaar op dieselfde Runway, wat toe amper onder water was, weg gewaai het…Die dag toe ek daar moes land was my grondspoed 18 Knts…..Vir my was dit baie lekker om hierdie keer teen 48 Knts oor die droe runway te vlieg…Ek het die oomblik gevier met n low level saluut oor Reivilo se NG kerk.!!!! ( sien foto).
Vir die res van die trip ervaar ek weer die oorweldigende skoonheid van die Kalahari vlaktes wat net soms afgewissel word deur n sigbare en oppervlakige wateraar wat n groen spoor laat soos dit deur die vlaktes kronkel…Dit is langs hierdie ‘are’ waar die plaas opstalle meestal gevestig word en soms daar waar twee are oorkruis ontmoet. Ek sien ook ‘letsels’ op die oppervlakte wat voorkom asof dit impak-kraters kan wees. ( toegegee ek het n sterk verbeelding)!!!!
Na twee ure in die lug land ons by Kuruman waar ons ingewag word deur beide die Hotel eienaar Corne De Jager) en ook Sonja Grobler, die fotograaf, en tegelyk hulp verslaggewer, en ook hoof van die plaaslike diere Beskermings eenheid is wat hier onafhanklik funksioneer.
Binne twee ticks is ons aeries in die hangers, dit eers nadat Louis n verstommende toertjie uitgehaal het om sy aerie in die hanger te kry..(sien Foto).. Daarna na die Restaurant vir koffie en Ontbyt..
Ons Gasheer en vrou is Soja en Anton Grobler..En WEER slaap ons sag en eet HEERLIK sonder dat ons van ons kitty hoef te gebruik.!!! Ja ons het nog nie hoef te ernstig te kamp nie want orals waar ons kom loop die REACH FOR A DREAM projek ons vooruit. Dit danksy ons Publisiteits agente en die puik werk wat Fransa en Lynette ons ondersteunings-span verrig met Face Book Twitter en opencockpit.
Vanoggend, 06H30, 15 Mei, is ons op Kuruman lughawe en reg om te rol. .Ons roete neem ons na Olifants Hoek, n klein dorpie Suid-Wes van Kuruman..en klipgooi van Kathu af. Ons hoef slegs 44 Knts te vlieg want ons moet iewers land sodat Louis vir Radio 702 kan te woord staan.!!!..Ons gemiddelde spoed was baie na aan 70 Knts. !!! en binne 45 Min is ons by ons bestemming op n plaas met die naam Romans in die hartjie van die bosveld..en dit weereens te danke aan die goedheid van die boere.!! …Ons gaan weer warm en lekker slaap….na ek my nodige medikasies geneem het.!!!!
Foto,s volg..sodra Ground crew arriveer.!!!
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Wed May 15, 2013 9:19 pm

vhpy We try the pics, enjoy but dont get to jealous.!!!
Attachments
Kuruman en Olifants Hoek 017.JPG
Impact crater...??? Plent of them
Kuruman en Olifants Hoek 010.JPG
Reivilo Runway, where I was blown over last Year...
Kuruman en Olifants Hoek 009.JPG
Ng Kerk Reivilo..Salute...
Kuruman en Olifants Hoek 003.JPG
N oppervlakige wateraar sigbaar uit die lug.


Oppervlakkige water aar sigbaar.
Kuruman en Olifants Hoek 030.JPG
Romans Runway, Olifants Hoek.
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4958
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Potgietersrus
Contact:

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby nicow » Thu May 16, 2013 7:54 am

Lekkerrrr.........
Thanks vir die update. :!:
Julle moet dit geniet-dit lyk maar vaal en kaal daar-net sand en gras.
Veilig vlieg (-)
Nico
Limpopo Flight School
vliegskool@hotmail.com
ZU-AWA
ZU-DMM
ZU-AJO
ZU-AWF
ZU-BAI
ZS-WOR
ZU-TCT
ZU-DOD
ZU-CIE
ZU-BIW
User avatar
Tribal Croc
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1445
Joined: Wed Sep 16, 2009 2:23 pm
Location: Ntokozo & Sibaka Game Lodge , Bela Bela
Contact:

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Tribal Croc » Thu May 16, 2013 8:41 am

(^^) (^^) Klink lekker

Geniet dit ## ## ##
Tribal Croc
ZU-ICanXplane
Bushbaby Explorer MK2
Tailwheel fun starts here

#exploringsouthafricanskies
User avatar
Martinvt
Look I'm flying
Look I'm flying
Posts: 224
Joined: Fri Feb 18, 2011 6:31 pm
Location: Potgietersrus

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Martinvt » Thu May 16, 2013 9:38 am

Mooi fotos. (^^) (^^)
Martin van Tonder
Limpopo Flight School

Aerotrike Safari
ZU-CIE
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Thu May 16, 2013 10:42 am

vhpy
nicow wrote:dit lyk maar vaal en kaal daar-net sand en gras.
Veilig vlieg
Ja, dis waar maar dit is verder stil, rustig, nie traffic cops en skelm poliesmanne nie.. ( Buiten Louis wie nou op pension is...Hy is baie skelm want hy kroek met die Geriatrix games.) Geen misdaad, en taxi,s wat jou mal maak nie...

Dankie dat julle my geskrifte lees want as ek nie feed back kry nie voel dit of ek alles onnodig doen So ek verwelkom alle kommentaar..
Was na die Kuruman besoek by n plaas met die naam Romance.....lees gerus meer daarvan..ek pos dit sodra die signal my toelaatlll
Ons signal is swak en die aflaai van die foto,s neem tyd..
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 24 guests