FLY IN MY PROPWASH II

Upcoming flying events, fly-ins, airshows, flights etc
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4958
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Potgietersrus
Contact:

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby nicow » Thu May 23, 2013 7:27 am

Bundy wrote:Good luck Oom polla...los asb die tentpalle op die treiler! ^ :)
...en bly uit die tronk uit :!:
Lekker vlieg (-)
Nico
Limpopo Flight School
vliegskool@hotmail.com
ZU-AWA
ZU-DMM
ZU-AJO
ZU-AWF
ZU-BAI
ZS-WOR
ZU-TCT
ZU-DOD
ZU-CIE
ZU-BIW
Bundy
Three Thousand
Three Thousand
Posts: 3624
Joined: Thu Sep 02, 2010 5:23 pm

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Bundy » Fri May 24, 2013 5:07 am

En? Waar's julle Oom? :)
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sat Jun 01, 2013 5:09 pm

vhpy
Hiers ek weer in n kroeg in die suide van Nam en die eerste plek waar ek na n week Wi Fi in die hande kon kry...Gelukkig het ek n paar geskrifte op word vasgele en gaan ek probeer om dit in dieselfde orde te pos as wat ek dit geskryf het.. :roll:
Na baie wind en gesukkel en lekker vlieg raak n ou deurmekaar met die geskriftese orde en n kroeg is ook die plek wat my ma sou aanbeveel het as die geskikste plek om jou huiswerk te doen nie.!!!
Laat ek probeer....

Vrydag 17 Mei 2013..Vertrek by Kalahari Oryx.
Kalahari Oryx na Upington.
Vroegoggend 17 Mei gaan laai ons weldoeners ons af by die runway en vertoef n wyle terwyl ons pak, preflight en engines warm maak. . Die vergasser op Louis se trike lol en na n senutergende gesukkel terwyl ons gasheer toekyk kry Louis die spul weer aan die gang…Intussen het ons gasheer hom al uit die voete gemaak en ek kan maar net raai wat in sy gedagtes rondom hierdie twee Geriatric Pilots aangegaan het.???? Sou die arme man geweet het dat ons ook n groot gesukkel het met ons Radio verbinding het hy ons seer sekerlik aangeraai om eers hulp van elders in te roep…!!!
Maar nee, die twee Geriatrics het net een ding in die kop en dit is Noordwaarts… Met geen radio kontak ( vir die soveelste keer) en Louis se vingertjie wat in die rigting van Upington beduie, lei ek af Louis se: “ alles is 100 persent in orde en ons kan maar opstyg” !!!! En daar gaan ons..!!!
Ter troos kan ek net meld dat ons reeds voorheen, met al die gesukkel, n dril uitgewerk het om te volg wanneer so n gebeurlikheid van swak of geen verbinding hom sou voordoen..Die dril is basies dat Louis sal naby my bly en ek sal al die radio werk doen en wanneer ons by n lughawe kom sal hy voor gaan en ek die “calls “ doen… .By Upington het dit toe anders gewerk want die beheertoring het as ware die leiding oorgeneem en ons rustig en kalm die circuit in gelei.!!
Die vlug was lekker glad en weldra kom die Oranje Revier in sig… en wonder bo wonder hoor ek Louis antwoord my radio roepe.. So gebeur dit dan dat ons met trikes op n internasionale lughawe land en vir beide van ons is dit n ervaring wat ons nog lank sal bybly..
Die onverwagte en ongelooflike is weer aan die gebeur.!!!! Vriendelike, hulpvaardige mense is daar om te help sonder om geld te wil he, net om te wil help…so asof dit vir die weldoener n plesier is om hom self te verontrief om ons te kan help.!!..Ek wil nie mense uitsonder nie, en ek is baie lief vir alle mense van alle rasse maar hierdie mense in hierdie streek van die wereld is Afrikaners en ek is trots daarop om te kan se dit is my mense… !!!!
Ons trek in twee woonstelle in wat n nuutgevonde vlieg-chommie met die naam van Ettienne Venter ons gratis aanbied..Na so bietjie kajuitraad besluit ons om sommer nog dieselfde dag die omgewing te verken en die ondersteunings voertuig dames besluit ons moet na Riemvasmaak gaan en vir n wyle vergeet van al die gevlieggery…Dit gese, dit gedoen en n onvergeetlike twee dae volg waar ek meer te wete kom van die Nama mense en die onregte wat daar teen hierdie Afrikaners gepleeg was gedurende die vorige bedeling…..Ek Kry Skaam.!!!
Terug in Upington kry ons kennis van Etteinne dat een van sy leerling vlieeniers, wie nie sy naam op record wil he nie, vir ons n droom se geltjies wil kom gee…N jong man van vroeg in die dertigs, reeds gevestig as n bekende sakeman in die omgewing, daag by ons op en se: “ Oom ek het van julle gehoor en hier is R5000. Die Here het my gelei om dit vir julle te bring..” Dit laat n mens dink.!!!en ek kry weer skaam!!
Ja, so kom ons tot insig….Vannaand is dit voorbereiding vir more se uittog oor die grens….en as ons nog eers gaan vleis braai saam met ons gasheer weet ek nie of ons more-oggend hier gaan wegkom nie.!!
Weet nie hoe die verbinding aan die ander kant van die grens sal wees nie…???? Sal maar sien !!!
Blue Max. 07H45, 21 Mei 2013….Pics to follow…
Gee maar kans vir die pics dit sukkel hier met signals en sim kaarte ens ens.!!!
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sat Jun 01, 2013 5:15 pm

vhpy
Laat ek weer probeer... n ou raak deurmekaar met alles wat op word geskryf is en wag om gepos te word...Nog meer as jy in n kroeg op n saterdagmiddag sit en probeer om te konsentreer.!!!! (**)
vhpy Upington…05H00, 23 Mei 2013.
Ons verblyf Upington is weer gekenmerk deur hospitaliteit uit alle oorde.
Etteine verskaf gratis verblyf sonder vergoeding, Rudie ontruim sy hanger vir ons trikes, Eben werk gratis aan ons aeries en ten slotte, selfs die personeel by Upington International is daarmee genee dat ek plak in die ontvangs area.!!
Vanoggend is die plan om eerste lig, 6H30 die wiele gelig te kry na Ariamsvlei..Eers gaan daar weer gepoog word om Louis se NUWE radio van n paar duisend behoorlik aan die praat te kry….Met die gesukkel rondom Louis se Radio en Carbs het ek op nuut besef dat die geleentheid altyd daar sal wees om betekenis te gee aan woorde soos ‘ vlieg buddy, wingman, en in the spirit aviation.!!!
Ons het gedurende ons verblyf in Upington geleenheid gehad om ook soos normale mense bietjie iets anders te doen as om net heeldag oor aeries te praat.!!Dit was lekker en ons het n besoek aan die Riemvasmaak area gebring waar die uithou vermoe van ons ongeborgde GWM voertuig na behore getoets was…
Die mense van Riemvasmaak is Afrikaners wat Nama en Engels kan praat..n pragtige gemeenskap wat eenvoudig en vriendelik is. Hulle kuier ook lekker op n Vrydag-aand en Sondag is hulle almal in die kerk.. ….baie gelowige mense en ook lig-gelowig.!!!!
Ons vlug na Ariamsvlei is vol verwagting…Ons kan of daar ge-arresteer word, of verplig word om Keetmanshoop toe gestuur te word…of toegelaat te word om verder suid ons onderneming voort te sit….Ons behoort teen 10 uur te weet..
Ons wil vanoggend die ATC ontduik deur hier weg te kom voor hulle arriveer om 07h00… Dit beteken ons moes doeana R200 per aerie betaal sodat hulle ons teen 06H00 hier reeds uit geklaar kry.!!Dan skoert ons…koebaai Upington, Koebaai Suid Afrika. Hier kom ons Namibiee.
N onderbreking in ons geskrifte beteken ons sukkel met ontvangs, simkaarte, signals, of ons is in die tronk.!!!!
Blue Max
Sal pics later plaasx... dit gaan rof met signals ens ens...
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sat Jun 01, 2013 5:21 pm

(**)
Hier is nog maar ek moet erken hoe later hoe meer deurmekaar...Die wind waai die shit uit die vlaktes en ek en Louis sit in n kroeg tussen n klomp boere wie kla oor hulle bokke wat so gesteel word.!!!
Ons trikes is voor die kroeg vasgemaak en ons kan hulle nie eers hier weg taxi nie...nevermind nog probeer vlieg,!!!!
vhpy
Verblyf in Upington aankoms in Namibie

Ons mees onlangste plek van verblyf was Kalahari Oryx waar ons met n hoorbare HOERA! vertrek het..
By Upington word ons met groot antisipasie ingewag..want so met die aankomslag word dit duidelik aan die lug-kontroleur dat hy hier te doen het met manne wat met’ hand held radios’ op privaat runways vlieg..Ek word aangese om al die Radio werk te doen want Louis se radio wil nie lekker werk nie.!!!
Ek voel gekomplentimenteer by die gedagte dat ek nou sommer twee trikes inbring op n Internasionale lughawe…Nie n geringe taak nie.!!! Na so paar blapse en teregwysings vanaf die toring land ons en skud mekaar die blad met die besondere prestasie..min wetend wat voorle..
Ons weldoeners help ons om die aeries in n hanger te kry en die plan is om weer die volgende oggend verder te vlieg na Namibie…( sien Louis se blog vir meer erkentlikheid teenoor diegene wie ons gehelp het).
So gese so gedaan en vroeg-oggend is ons by die lughawe.. ( oggend 22 Mei) Na n paar run-ups wys Louis alles is nou reg met die carbs op sy trike…Net die Radio pla nog n bietjie en die uwe ( dis ek) sal weer die punishment vat met die radiowerk.. Ek moet byvoeg dat die ATC ons nou al baie goed ken en ons vir hulle!!
Die ondersteunings voertuig word aangese om te vertrek want” alles is O K en ons sien julle in Ariamsvlei…” Nou moet ek byvoeg dat dit alleen gebeur na al die administratriewe werk verbonde aan die Doana, Uitklaring, Immigrasie, landingsfooie, vlugplanne , checks en preflight checks ens ens ens…gedoen is.
Ek is reeds in die lug maar sien geen teken van Louis nie…Sy Radio werk nie en ek het nie kontak nie en hy het my klaarblyklik nie gevolg nie.!!!! Die gedagte om deur te druk Ariams vlei toe kom by my op maar gelukkig sien ek toe uit die hoek van my oog dat hy weer geland het…
Ek draai om in n wind wat nie lekker is nie, en moet weer met radiowerk begin wat nog minder lekker is..Intussen Taxi Louis op die runway sonder radio verbinding en toestemming van ATC en ek word aangese om die Pilot van CEX aan te se om by die beheertoring te rapporteer sodra hy terug is op die apron..!!! Louis kon nie in die lug kom nie want sy aerie het gesmoor agv n gebrek aan brandstof wat te wyte is aan die Carburators wat foutief is. ( Klink soos engine out!!!!)
Die ondersteunings-voertuig wat nou al amper oor die grens is word aangese om terug te draai en ons weldoeners word in kennis gestel dat ons terug is…Nou is dit weer vlugplanne wat gekanselleer word, immigrasie, Doana, ens ens ens…Ons wag die dag uit met die verwagting dat die wind sal bedaar en ons later die kans sal kry om weer te probeer…..maar daardie geluk kom ons nie oor nie..
Ons sal weer 23 Mei probeer en hoop dat die wind ons gaan toelaat….Intussen benut ons die tyd om n paar aankope te doen en ons skryfwerk op datum te kry..en hulp te kry met die carbs en Radio op Louis se aerie. Ek besluit om in die aankomssaal te slaap…
Die volgende oggend, 23 Mei, is ons vroeg by die lughawe. Ons betaal R200 elk aan die Doana mense vir die vroeg inkom.!!Dit word later duidelik dat dit n vermorsing van tyd en geld was want ons kom in elk geval nie hier weg voor 08H30 nie……en dit na al die papierwerk, doana, vlugplan, immigrasie ens ens..afgehandel is…Nie n geringe taak nie en Louis neem die leiding met hierdie dinge..By die Apron word Louis gehelp deur Eben Mocke, n nuutgevone vriend en vliegtuig-werktuig kundiges om CEX se carburators na te gaan en hierdie keer vertrek ons met n gevoel van ‘alles is reg’. Die ondersteunings voertuig wag hierdie keer tot hulle oortuig is alles is wel met ons….Die wind is tussen 8 en 10 KNTs en die verwagting is dat dit ons in die ribbes sal tref en dalk nog bietjie spoed sal gee. ..Die Radio-werk is weer aan my oorgelaat en met n n bietjie meer vertroue pak ek die taak aan om tog maar net weer reg gehelp te word met van die kleiner detail.!!! So met die opstyg merk ek met afguns hoe styf die windkous in die lug staan en wonder wat dit vir ons inhou!!!
Na 25 min in die lug besef ons dat die wind ons nie gaan toelaat om ons destinasie te bereik nie aangesien die gronspoed af is na 14 tot 20 knt,s. By tye wys ons verwagte tyd van aankoms by Ariams vlei 8 ure vorentoe..Ons besluit om om te draai en binne 5 min is ons terug en dis weer ek en die lug kontroleer.. Weer deur die roetine van vlugplanne ens ens doeana ens ens..Ons begin nou al soos bekendes voel en ons ken al die 4 lugkontroleurs op die voorname.!!!
Intussen is ons ondersteunings voertuig al op pad na Namibie en ons besluit om dit daar te laat en die dag af te wag vir n beter geleentheid..
Ons weldoener kom haal ons by die lughawe laat die agtermiddag en dring aan ons slaap by hom....Hy laai ons by n Dros af en later die aand hike ons terug na die kamers 6 km verder..
Met al die radiowerk is ons al ou bekendes by die lug kontroleurs...die volgende oggend, 24 Mei, is ons weer terug en hierdie keer is ons vasbeslote om op te styg en nie weer terug te vlieg na Upington nie…Al is die wind hoe sterk en al moet ons elders land..!!! Louis het weer n reuse taak om ons deur al die vlug-planne en landings fooi afdeling te kry en uiteindelik beweeg ons weer by die gelukkige windkous verby wat nie huiwer om sy manlikheid ten toon te stel nie.!!
Na ongeveer 2 uur 30 min land ons veilig in Namibiee, word opgelaai deur die plaaslike polisie inspekteur en na die doana en immigrasie kantore geneem..Binne ongeveer 15 min is ons pasboeke gestempel en word ons wettige toeriste in die land van drome.!!! Dit natuurlik heeltemal teenstrydig met alle verwagtings in want ons was gewaarsku dat ons in Ariamsvlei ge-arresteer sal word..!!! :lol: :lol: :lol:
Blue Max…foto,s will follow.!!!
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sat Jun 01, 2013 5:29 pm

:(
Die wind waai nog en ek weet nie wat die wet se as n ou met twee brandewyne agter die blad op n nasionale pad taxi na die naaste Lodge so 1 km verder met die pad langs... :? :?

24 Mei tot 30 Mei.
Ek vermoed elkeen in die span het daaraan gedink dat die saamwees van 4 persone oor n tydperk heen sy tol gaan eis..Ons dink nie almal dieselfde nie, ons oordeel oor dinge is verskillend en die tandepaste-buisie –uitdruk-sindroom tree weldra in.!!!!
Gelukkig word alles in n goeie gesindheid besleg en neem ek my voor ek sal nie weer hard’ goeie more’ aan enigiemand vroeg in die oggend skree nie, want dalk maak ek net iemand wakker wie vergeet het ons is in ‘wilde Afrika’ waar die leeus nog spore langs tente trap.!!!
Ariamsvlei nestle in die suide van Namibie waar die plaaswerwe nog net so lyk soos n 100 jaar gelede. Ou stukkende ossewaens en motorkarre van die jaar toet le en vergaan in wind en weer…stukke plaas masjienerie wat in onbruik verval het le nog net soos die boer dit daar 30 jaar gelede gelos het..Die wind suis oor die vlaktes en bosse en bome het n stryd met baie wind en min water.
Die runway, wanneer nie in gebruik nie, is die aanjaag en kom haal gang van iemand se boerbokke...Op die threshold van 03 kry die lammers melk wanneer die groot ooie van die veld kom en so nou en dan ruik n boerbok aan my vliegtuig sitplek ..ek vermoed hulle wonder seker hoe smaak hierdie stuk vrot lap!!”
Van Ariams vlei vat die roete ons na n plaas met die naam Kleinbegin, so 16 knts van Karrasburg af en 46 knts van Ariamsvlei. N uur se vlieg oor eentonige landskap met min geleentheid vir treffende foto.s..
Na die uurtjie se vlieg tot op die nuutgevonde juweel van n Namib boer se plaas, kom ons ondersteunings span daar aan met die nuus dat ons sleepwaentjie so 5 km verder langs die pad staan met n gebreekte as..By ondersoek reken ek die skade op so R3000 rand!!
Met een moerse gesukkel kry ons die waentjie die volgende dag by n herstel werf op Karrasburg en berus ons by die gedagte dat almal in hierdie dorpie vir ons baie eerlik voorkom.!!
Intussen het ek reeds die grafte op die plaas besoek en die gedagte van my eie korstondigheid jaag my aan om meer gedoen te kry voor ek self in n graf beland.!!
Lang storie kort. N baie aangename tyd van twee dae breek aan waartydens ons suid vlieg tot teen die Oranje en toe weer wes al langs die revier af.
Nie orals langs die revier word besproei nie en lang ente aan die oewer van die revier is onontwikkel aan beide kante…Die revier is eensaam waar dit deur die berge kronkel vanaf Pella tot by Hakkies doorn waar ons die eerste nag oornag.. ek kry die indruk dat dit by sommige plekke hierdie tyd van die jaar moontlik sal wees om die revier met n 4 trek voertuig oor te steek…ek neem talle fotos en wonder by myself hoe n ou hierdie skoonheid sal beskryf aan iemand…miskien sal die foto,s n beter verhaal vertel.
Ons slaap twee nagte langs die Oranje op weldoeners se plase en vertrek die derde oggend weer langs die revier af en draai noord waar die Visrevier begin en vlieg al met die Canyon langs tot by Cannon Rocks vakansie oord…Die visrivier Canyon vertoon soos n reuse verspoeling wat veroorsaak het dat die plato oppervlakte diep oop gekloof is. Onder in die valleie is die rivier sigbaar en is daar net op sommige plekke water te sien…Die sytakke van die revier het die selfde uitwerking op die plato gehad en stellig sal die Canyon oor n paar miljoen jaar nog n groter attraksie wees…!!!!(who cares.!!!)
Ons waarneming uit die lug vertel ons dat die oorslaap koste by Canon Rocks buite ons bereik sal wees en ons besluit om oos te draai en koers te kry na Gruenau..
Hiervandaan weer terug na Kleinbegin waar ons 5 dae gelede aangeland het..!!!!So uur en kwart se vlieg na waar ons bagasie gestoor is...
Intussen waai die wind nog...
Vandag 1 Junie en 20 dae van die huis en ek verlang vrot na die softnes.!!!!
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Bundy
Three Thousand
Three Thousand
Posts: 3624
Joined: Thu Sep 02, 2010 5:23 pm

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Bundy » Sun Jun 02, 2013 6:55 am

Dankie Oom Polla. :)

E het nou oor a uur gesit en lekker gelag and gelees hoe julle vorder. Ja ongellukkig vat dit so lank vir n soutie soos ek om die Afrikaanse woorde stadig mooi te lees! :lol:

Dankie vir al die nuus en veilig verder vir julle almal. (^^) Wind voorspelling lyk nie goed nie vir die volgende paar dae... het jy genoeg brandewyn geld? Laat roep en ons stuur vir jou! (^^)

Groete!
User avatar
Robbie Shaw
The sky is all mine
The sky is all mine
Posts: 453
Joined: Fri Mar 01, 2013 5:30 am

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Robbie Shaw » Sun Jun 02, 2013 7:35 am

Would love to read up on the happenings..... Need to brush up on my afrikannse a lot ....

Robbie Shaw (Rhodie)
ZU-BJU
Robbie Shaw. (Rhodie)
Zero seven 2 5 six zero 2 six two seven
ZU-BJU. (Love Machine)
Airmanship No 1
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sun Jun 02, 2013 1:45 pm

Gaan paar pics plaas as die signal sterk genoeg is.!!
Attachments
Upington tot Ariamsvlei en Kleinbegin 053.JPG
plaas werf op Ariamsvlei.
Upington tot Ariamsvlei en Kleinbegin 048.JPG
Die polisie inspekteur het ons kom inspekteur vir ons wettigheid.!!!
Hakkiesdoorn 030.JPG
Al langs die Oranje af. naby Noord Oewer.
Hakkiesdoorn 044.JPG
plaas Hakkiesdoorn in agtergrond.
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sun Jun 02, 2013 1:56 pm

vhpy
Nog pics....
Attachments
Langs Oranje en Canyon 006.JPG
word mooier op pad na Vistivier Canyon.
Langs Oranje en Canyon 017.JPG
Auzenkher omgewing..
Langs Oranje en Canyon 026.JPG
berge Suid en....
Langs Oranje en Canyon 025.JPG
....en woestyn Noord.!!!
Langs Oranje en Canyon 035.JPG
Visrevier Canyon strek voor ons uit.
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sun Jun 02, 2013 2:49 pm

:lol: :lol: :lol: :lol:
Ek en Louis werk so hard.!!!
Attachments
Langs Oranje en Canyon 036.JPG
Langs Oranje en Canyon 031.JPG
Langs Oranje en Canyon 037.JPG
Langs Oranje en Canyon 043.JPG
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sun Jun 02, 2013 2:59 pm

vhpy vhpy
En toe baland ons weer in Greunau waar ons wag vir die front om verby te gaan..
En ek kry tyd om die pics te plaas en skrywery op datum te bring..
Attachments
Gruenau 002.JPG
Die personeel kom verwelkom ons voor die hotel.!!
Upington tot Ariamsvlei en Kleinbegin 030.JPG
Hierdie ouens het ons op Upington raak geloop...Seriuese thunder pilots wat ek beter wil leer ken,.. van Vereenining
Upington tot Ariamsvlei en Kleinbegin 034.JPG
Ons trikes staan tussen die groot aeries op die internasionale lughawe by Upington.
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4958
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Potgietersrus
Contact:

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby nicow » Sun Jun 02, 2013 9:09 pm

Baie mooi-lyk lekker-sal laaik om julle daar te vergesel ($$) huistoe.
Geniet dit end bly veilig. (-)
Nico
Limpopo Flight School
vliegskool@hotmail.com
ZU-AWA
ZU-DMM
ZU-AJO
ZU-AWF
ZU-BAI
ZS-WOR
ZU-TCT
ZU-DOD
ZU-CIE
ZU-BIW
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Mon Jun 03, 2013 9:03 pm

vhpy vhpy vhpy
:lol: :lol: :lol:
Ons vlieg vandag was nie n grap nie, Ons voel soos twee ouens wat die comrades voltooi het.!! 130 knt,s in wind en wolke en thermals.!!!

3 Junie 2013.06.03
Vanaf Gruenau na Helmerinhausen.
Noordwaarts.!!! Make or brake..
Ons wil uit die suide van Nam wegkom.!
Die weer lyk kakkerig, soos julle almal op die TV gesien het…reen en gailforce winde word aan die weskus voorspel..55 Km per uur winde aan die weskus…Gelukkig is die aeries hel-styf vasgemaak, en in die warm lodge kamerkie met TV en n warm water sak wat Debbie in gesit het is ek min gespin.!!!
Maar toe kom die volgende oggend…! n Windstil oggend begroet ons 90 % oortrokke met wolke..Onder stille protes styg ek en Louis 09H30 ( SA tyd ) op….Die reenweer gooi druppels op my visor en sover ek kyk is dit net wolke.!! n Boer by die petrol pomp waar ons petrol ingegooi het, het ons verseker dat dit nie sal reen nie en die gedagte is n troos vir ons..
Ons vlieg 63 Knt,s oor die mees eensaamste wereld wat seker nerens elders in Suidelike Afrika te sien is nie!!! Weens die koue en my hande wat kliphard verys is kry ek nie my kamara uitgehaal nie. Onder my skuif van die mooiste tonele verby wat ek nie instaat is om vas te le op video of kamara nie.!!! Omrede my hande verkluim is.!!!
Ons vlieg verder Noord en merk dat n landing by ons eerste waypoint ( Berseba) nie naby genoeg aan die kroeg en ontvangs-area is nie. Ons besluit om die volgende destinasie te probeer wat slegs 12 Knt,s verder is.( Vogelstruis-pan) Daar land ons in n pan en geniet n blitsige snack van oorbly braaivleis van so paar aande gelede.!!...Ons volgende destinasie is Betanie…Die runway is te ver uit die dorpie uit en ons land sommer in n sy-straaitjie vanwaar ons tot groot vermaak van die plaaslike inwoners taxie tot voor die Lodge..Ek moet by-voeg dat dit die eerste keer is dat ek met my trike by n stopsstraat stilhou om die verkeer verby te laat gaan en dan n ent verder onder groot bewondering my trike beveilig voor die plaaslike slaghuis.!!!Hierna beweeg ons oor na die lodge oorkant die straat en geniet koffie, tuisgemaakte brood, spek en eiers vir slegs R100. Vir twee.
So teen 14H30 SA tyd besluit ons om die laaste 42 Knt,s na Helmeringhausen aan te pak. Met die betaalslag by die Lodge dring die eienaar daarop aan om eers n gebed vir ons te doen ten einde ons veiligheid verder in die hande van die Skepper te laat..Na n’ laag vlieg groet’ vat ons die lug na Helmeringhausen so 42 Knt,s verder en land n uur en 06 minute later op n grondpad by die dorpie,..Ter inligting, meeste runways by die klein plekkies is ver van die sentrale dorpie af en dit het nou n instelling geword dat ons sommer op n grond-pad digby n dorpie land en dan daarvandaan in taxi na die naaste hotel, kroeg, of lodge…Dit werp baie aandag op ons en help om kostes tot die minimum te beperk deur die simpatie n bewondering wat so afgedwing word.!!!( hie hie hie!! ).
Daars-hy…ek dink die hotel eienaar gaan net volgende week n trike koop.!!!!
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
BONZAI BELL
I hate turbulence
I hate turbulence
Posts: 337
Joined: Fri Sep 17, 2010 11:54 am
Location: Springs Airfield

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby BONZAI BELL » Tue Jun 04, 2013 5:33 pm

Man , ek beny julle. Dit lyk of jul jul gate uit geniet. Dankie vir die " up dates " en hou so aan .
Veilig vlieg en geniet dit .
Groete , Swannie
ZU-EOL
Magni M-22

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 13 guests