FLY IN MY PROPWASH II

Upcoming flying events, fly-ins, airshows, flights etc
User avatar
Cacofonix
I hate turbulence
I hate turbulence
Posts: 349
Joined: Sun Jul 01, 2007 5:37 pm
Location: Pretoria

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Cacofonix » Thu May 16, 2013 11:46 am

:mrgreen: :mrgreen: :mrgreen:
Man small...why fall?..Skies call...that's all.
ZU-EJU
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Mon May 20, 2013 7:17 am

vhpy n paar pics wat die storie hieronder bietjie sal belig..Enjoy. vhpy
Attachments
Kuruman en Olifants Hoek 019.JPG
runway at Kuruman
Kuruman en Olifants Hoek 023.JPG
Sishen...Alpha se vorige vliegplek!!
Kuruman en Olifants Hoek 026.JPG
Party keer gaan dit sommer vinnig
Kuruman en Olifants Hoek 029.JPG
Romans Kalahari plaas at Olifantshoek.
Kuruman en Olifants Hoek 031.JPG
Plaas Romans
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Mon May 20, 2013 7:24 am

vhpy
I am going to copy and paste and hope it will word.!!
Eat your heart out.!!!! :lol:

Van Kuruman na Olifantshoek.
Our Flight from Kuruman to Olifantshoek was uneventful and gave me the opportunity to observe the vast Kalahari scene of Kameeldoring and Kareeboom.
Die Kalahari vlakte strek van horizon tot horizon en die duineveld le golwend onder jou tot waar dit in die verte verdwyn…met geen paadtjies onder jou sigbaar nie begin n ou wonder hoe iemand jou gaan bereik as jy n engine out moet kry.!!??
Weldra kom die myne van Sishen in sig en ongelukkig vir die eienaars le dit reg in my vliegroete en vlieg ek reg oor die groot gat wat deur mense gemaak word…..Vir n oomblik kom die woorde van n baie wyse man by my op wat se: “ Al het jy die geloof gehad om berge te versit” …….en wat daarop volg…..Ja by Sishen grawe hulle n gat waarin n groot berg kan pas en en dan bou hulle n berg langs die gat.!!!
Ons is op pad na n plaas naby Olifants hoek.. Die plaas se naam is Romans, n vriendelike ou, ( Mertin) het vir ons gese gaan land daar en julle kan in my hanger gaan slaap..
Soos reeds gese dit was n seep gladde vlug met niks snaaks wat gebeur het nie… Ons gaan kyk na die hanger wat spasie vir Afrika het maar ongelukkig nie hoog genoeg is vir die trikes nie…Ons anker ons trikes stewig en begin ernstig dink om die hanger te begin skoonmaak vir die ondersteunings span wie binnekort gaan arriveer.
So in die gesoekery om hulp iewers te vind wat kan help met die hanger se skoonmaak kom ons op plaaswerkers af wat ons in die rigting van n plaas-opstal beduie…..Die prentjie wat die Kalahari vir my teken het nog nooit so sterk deurgekom as op hierdie plaas nie,…Die opstal is omgewe met groot Kameeldoringbome, …. Sonbesies sing in die verte….en daardie groot verlange na rus en vrede weet ek sal hier gestil word.
Die eienaarres van die plaas het gese:”geniet my plaas”…..en ons kon nie anders nie.!!want alles was daar om ons gelukkig te maak..
Die aand terwyl ons braai begin die eerste rondte van die Geriatric Games…n veerpyltjie spel wat met die enigste oorblywende dart op die plaas beslis moet word..
Na twee spelle is ons gelyk-op en n uitspeel spel moet gespeel word…Louis vloek n trippel sewe met sy laaste dart en word as kampion gekroon, min wetende dat ek hom maar net gehelp het om bietjie self-vertrou terug te wen….!!!
Die onsekerheid oor ons vlug-klaring deur Namibiee maak ons haastig om weg te kom by Romans en ons beplan om eerste lig die volgende oggend te vertrek ( Mits Louis se carburators nie weer piepie deur die breather pypies nie.!!!!)
Ons plan is Upington toe met Kalahari Oryx as n halfpad ‘way-point’ vir ne
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Mon May 20, 2013 7:44 am

:shock: Our flight from Farm Romans, to Upington was not as planned and in retrospect not the right choice.!!!
I suppose my daughter and wife will have a chat with me in this regard !!! Sorry pa se lieflings !!! (**)

Romans ( Olifantshoek na Upington….!!!!
Sesuur is ons op die runway by plaas Romans…die weer lyk nie baie lekker nie…toe dit lig word kry ons moed vir die vlug na Upington en merk dat die windkous alreeds wil begin styf staan,.!! Wind is gelukkig uit die Noord Ooste uit en onsis op roete suid wes.
Die aanduiding is ons sal hulp kry van agter-af….Na ons gebruiklike gevroetel met Louis se Carburators vertrek ons op, wat allermins as n aangename vlug gerapporteer kan word..
So baster bergreeksie le in ons pad en met die wind wat oor die berge spoel hier van ons regter-kant af raak die vlug ietwat stamperig..net so dat n ou nie lus is om foto,s te neem nie..By tye registreer my grondspoed op die gps 13 knt,s en teken ek dit aan as die tweede stadigste spoed wat ek nog gevlieg het… (My stadigste spoed was op Grahamstown toe ek amper in reverse geland het!!!)
Halfpad tussen Romans en Upington vlieg ons oor n hoekie van Afrika waar die paaie min is..die vlaktes wyd en ver….en elke kameeldoring-boom die potensiaal het om omskep te word in n potensiele veepos of jagters-kamp.!..Dit is hier waar ons nou al moeg gespook raak met die wind en dreigende wolke en besluit om so gou as moontlik n plek te vind om ons wiele neer te sit..
Salig onbewus van die beroering wat ons in die gemeenskap hier onder ons veroorsaak, maak ek n kaapse draai oor die jagkamp, die Lodge en ver-af geboue teen n berghelling…net om vir die manne te vertel ons het arriveer en kom help ons…! Intussen, onwetend aan ons is die woord alreeds lankal onder die plaaslike plaas-eienaars versprei dat hier onbekende vliegtuie is wat sonder toestemming en sonder die nodige protocol oor hierdie deel van Afrika vlieg en moontlik beytrokke kan wees om teikens te soek!!!!! ( sonder vermelding van detail dink ek my lesers sal verstaan wat ek bedoel.)..Feit van die saak is die mense is parraat en wildbewaring word hier ge-eet, geslaap en gedrink.!!!
Toe ons uiteindelik wiele neergesit kry en ek amper my tweede goosstep uitgevoer het merk ek twee landcruisers met stofwolke agter hulle, wag ons alreeds in by die holding-point..!!!Dit plaas my dadelik op die hoede vir n skropbering!!!
Ek is nog nie uit die nederige sitplekkie van my 11 jaar oue aeroplanetjie uit nie of iemand kom met n mening na my aangestap….Voor hy kan raas plant ek die eerste hou en dit tref die kol solied!!: ag meneer ek is VREESLIK jammer maar ons kon nie anders as om hier te land nie, kyk die wind, en meneer ek se jou nou-al, ons sal ook nie weer vandag kan opstyg nie…!!!! ..Ek merk hoe die persoon se blik met so 20% versag en ek plant vining die volgende hou met; meneer ons sal slaapplek nodig he vir tot die weer verbeter en as jy nie omgee ,die goedkoopste wat jy het vir ons sal voldoende wees.!!!..
Ons word hoflik verduidelik dat ons gehelp sal word en neem ook kennis dat dit n privaat aanloopbaan is en dat die regte protocol gevolg moet word in die vervolg…..
So met die terug ry na die kamp toe verduidelik ek aan die plaasbestuurder dat ons op n sending is om bewustheid te skep vir die REIK NA N DROOM STIGTING en dat ons reeds n beskeie R40,800. Ingesamel het vir die stigting…
Ons weldoener is die plaasbestuurder,en aangesien ek gevra is om nie name te vermeld in my skrywes nie sal ek volstaan daarby om te noem dat ons uiters professioneel en hoflik behandel is. n groot pakkie biltong en droe wors is later na ons kamers gestuur waarna ek my in die daaropvolgende uur aan oor-eet het.!!!!
Ek en Louis het teen skemer agtermiddag die tweede been van die Geriatric games aangepak met die Bokdrol spoeg kompetisie.!! Louis met sy winderige pens en ongemaklike bouvorm was van die begin af die gunsteling om te wen.!! Ek weer met volumes van die droe-wors en biltong wat ek met botter verorber het en wat teen die agtermiddag begin gis het in my maag was onwetend besig om die ideale scenario vir n oorwinning te skep..Al wat oorbly om te vermeld was dat ek as die oorwinnaar uit die stryd getree het en dat Louis agterna my met groter respek begin behandel het..
Die volgende oggend is ons weg met die goeie wense en hulp van die bestuur en ek met die hoop dat die eienaar van hierdie pragtige plek, dit waarmee ons besig is, te lese sal kry.
Upington het nou ons volgende bestemming geword.!!

Pics to follow after I try to shrink them!!
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4958
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Potgietersrus
Contact:

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby nicow » Mon May 20, 2013 8:02 am

Lekkerrrr (^^)
Nico
Limpopo Flight School
vliegskool@hotmail.com
ZU-AWA
ZU-DMM
ZU-AJO
ZU-AWF
ZU-BAI
ZS-WOR
ZU-TCT
ZU-DOD
ZU-CIE
ZU-BIW
Loco
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1097
Joined: Sun Nov 27, 2011 7:53 pm
Location: Crosswinds
Contact:

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Loco » Mon May 20, 2013 8:17 am

Baie dankie klink of julle dit baie geniet, die beste deel van die trip is seker al die verskydenheid mense wat julle ontmoet?

Kon julle al enige van die locals vir 'n flip vat?

Groetnis en veilig vlieg

Ant (^^)
Last edited by Loco on Mon May 20, 2013 10:02 am, edited 1 time in total.
Anthony Hugo

Crosswinds
Proud member of The Chain Gang
viewtopic.php?f=1&t=18311
http://www.facebook.com/groups/574736389205283/
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Mon May 20, 2013 8:30 am

vhpy Lets try a few pics.!!
Attachments
Romans en Oryx en Upington 002.JPG
Unknown runway on our track...The thought to use it occur.!!
Romans en Oryx en Upington 003.JPG
we are crabbibg thats why the arrow is not in allighnment
Romans en Oryx en Upington 007.JPG
Louis in die verte en weer laat n ou worry !!
Romans en Oryx en Upington 009.JPG
No choice we have to go and land.!!
Romans en Oryx en Upington 013.JPG
Agter tussen die koppe sit die lodge..
Romans en Oryx en Upington 018.JPG
Competitors in Bokdrol challenge displaying their amo.
Romans en Oryx en Upington 023.JPG
Triumphant Blue Max
Romans en Oryx en Upington 026.JPG
Pragtige duineveld.
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Martinvt
Look I'm flying
Look I'm flying
Posts: 224
Joined: Fri Feb 18, 2011 6:31 pm
Location: Potgietersrus

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Martinvt » Mon May 20, 2013 9:03 am

Sjo dit lyk lekker. Mooi fotos.

(^^) (^^)
Martin van Tonder
Limpopo Flight School

Aerotrike Safari
ZU-CIE
User avatar
Tumbleweed
Toooooo Thousand
Toooooo Thousand
Posts: 2349
Joined: Wed Nov 16, 2005 7:14 pm
Location: FASC

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Tumbleweed » Mon May 20, 2013 2:52 pm

Inspiring. Well written :)
Sling ZU FYE - For Your Entertainment
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Tue May 21, 2013 10:08 pm

vhpy
Lets try coppy and paste....
Vrydag 17 Mei 2013..Vertrek by Kalahari Oryx.
Kalahari Oryx na Upington.
Vroegoggend 17 Mei gaan laai ons weldoeners ons af by die runway en vertoef n wyle terwyl ons pak, preflight en engines warm maak. . Die vergasser op Louis se trike lol weer en na n senutergende gesukkel terwyl ons gasheer toekyk kry Louis uiteindelik die spul weer aan die gang…Intussen het ons gasheer hom al uit die voete gemaak en ek kan maar net raai wat in sy gedagtes rondom hierdie twee Geriatric Pilots aangegaan het.???? Sou die arme man geweet het dat ons ook n groot gesukkel het met die Radio op Louis se trike het hy ons seer sekerlik aangeraai om eers hulp van elders in te roep…!!!
Maar nee, die twee Geriatrics het net een ding in die kop en dit is Noordwaarts… Met geen radio kontak ( vir die soveelste keer) en Louis se vingertjie wat in die rigting van Upington beduie, lei ek af Louis se: “ alles is 100 persent in orde en ons kan maar opstyg” !!!! En daar gaan ons..!!!
Ter troos kan ek net meld dat ons reeds voorheen, met al die gesukkel, n dril uitgewerk het om te volg wanneer so n gebeurlikheid van swak of geen verbinding hom sou voordoen..Die dril is basies dat Louis sal naby my bly en ek sal al die radio werk doen en wanneer ons by n lughawe kom sal hy voor gaan en ek die “calls “ doen… .By Upington het dit toe anders gewerk want die beheertoring het as ware die leiding oorgeneem en ons rustig en kalm die circuit in gelei.!!
Die vlug was lekker glad en weldra kom die Oranje Revier in sig… en wonder bo wonder hoor ek Louis antwoord my radio roepe.. So gebeur dit dan dat ons met trikes op n internasionale lughawe land en vir beide van ons is dit n ervaring wat ons nog lank sal bybly..
Die onverwagte en ongelooflike is weer aan die gebeur.!!!! Vriendelike, hulpvaardige mense is daar om te help sonder om geld te wil he, net om te wil help…so asof dit vir die weldoener n plesier is om hom self te verontrief om ons te kan help.!!..Ek wil nie mense uitsonder nie, en ek is baie lief vir alle mense van alle rasse maar hierdie mense in hierdie streek van die wereld is Afrikaners en ek is trots daarop om te kan se dit is my mense… !!!!
Ons trek in twee woonstelle in wat n nuutgevonde vlieg-chommie met die naam van Ettienne Venter ons gratis aanbied..Na so bietjie kajuitraad besluit ons om sommer nog dieselfde dag die omgewing te verken en die ondersteunings voertuig dames besluit ons moet na Riemvasmaak gaan en vir n wyle vergeet van al die gevlieggery…Dit gese, dit gedoen en n onvergeetlike twee dae volg waar ek meer te wete kom van die Nama mense en die onregte wat daar teen hierdie Afrikaners gepleeg was gedurende die vorige bedeling…..Ek Kry Skaam.!!!
Terug in Upington kry ons kennis van Etteinne dat een van sy leerling vlieeniers, wie nie sy naam op record wil he nie, vir ons n droom se geltjies wil kom gee…N jong man van vroeg in die dertigs, reeds gevestig as n bekende sakeman in die omgewing, daag by ons op en se: “ Oom ek het van julle gehoor en hier is R5000. Die Here het my gelei om dit vir julle te bring..” Dit laat n mens dink.!!!en ek kry weer skaam!!
Ja, so kom ons tot insig….Vannaand is dit voorbereiding vir more se uittog oor die grens….en as ons nog eers gaan vleis braai saam met ons gasheer weet ek nie of ons more-oggend hier gaan wegkom nie.!!
Weet nie hoe die verbinding aan die ander kant van die grens sal wees nie…???? Sal maar sien !!!
Blue Max. 07H45, 21 Mei 2013….Pics to follow…
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Cacofonix
I hate turbulence
I hate turbulence
Posts: 349
Joined: Sun Jul 01, 2007 5:37 pm
Location: Pretoria

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Cacofonix » Wed May 22, 2013 6:47 am

Thanks oom Paul for the story's. please wait for me when I turn 60 cause then I want to go with on one of your expeditions haha
Man small...why fall?..Skies call...that's all.
ZU-EJU
User avatar
Alpha
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1020
Joined: Mon Oct 19, 2009 3:20 pm
Location: Klipriver Airfield JHB South

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Alpha » Wed May 22, 2013 7:36 am

Oom Paul en Louis,

Julle is werklik my Heroes...Well done...ek wens so ek kon saam. Oom Paul as ek die fotos sien, verlang ek so na daai vliegvelde...dis so n mooi plek en ek moet se ek mis al die vlieg in daai wereld. Al die beste vir die avontuur voorentoe en mag die winde net van agter af wees... God speed... (^^) (^^)
Sometimes you will never know the value of a moment until it becomes a memory - Flying is making moments, memories

ZS-WGT
ZU-AAS
Proud member of The Chain Gang
viewtopic.php?f=1&t=18311
http://www.facebook.com/groups/574736389205283/
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4958
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Potgietersrus
Contact:

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby nicow » Wed May 22, 2013 8:24 am

peters wrote:Thanks oom Paul for the story's. please wait for me when I turn 60 cause then I want to go with on one of your expeditions haha
(^^)
Nico
Limpopo Flight School
vliegskool@hotmail.com
ZU-AWA
ZU-DMM
ZU-AJO
ZU-AWF
ZU-BAI
ZS-WOR
ZU-TCT
ZU-DOD
ZU-CIE
ZU-BIW
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Thu May 23, 2013 5:29 am

vhpy
Hier volg n relaas wat ek geskryf het terwyl ek op Upington Lughawe geplak het...geniet!! vhpy
Upington…05H00, 23 Mei 2013.
Ons verblyf Upington is weer gekenmerk deur hospitaliteit uit alle oorde. vhpy
Etteine verskaf gratis verblyf sonder vergoeding, Rudie ontruim sy hanger vir ons trikes, Eben werk gratis aan ons aeries en ten slotte, selfs die personeel by Upington International is daarmee genee dat ek plak in die ontvangs area.!!
Vanoggend is die plan om eerste lig, 6H30 die wiele gelig te kry na Ariamsvlei..Eers gaan daar weer gepoog word om Louis se NUWE radio van n paar duisend behoorlik aan die praat te kry….Met die gesukkel rondom Louis se Radio en Carbs het ek op nuut besef dat die geleentheid altyd daar sal wees om betekenis te gee aan woorde soos ‘ vlieg buddy, wingman, en in the spirit aviation.!!!
Ons het gedurende ons verblyf in Upington geleenheid gehad om ook soos normale mense bietjie iets anders te doen as om net heeldag oor aeries te praat.!!Dit was lekker en ons het n besoek aan die Riemvasmaak area gebring waar die uithou vermoe van ons ongeborgde GWM voertuig na behore getoets was… :(
Die mense van Riemvasmaak is Afrikaners wat Nama en Engels kan praat..n pragtige gemeenskap wat eenvoudig en vriendelik is. Hulle kuier ook lekker op n Vrydag-aand en Sondag is hulle almal in die kerk.. ….baie gelowige mense en ook lig-gelowig.!!!! :)
Ons vlug na Ariamsvlei is vol verwagting…Ons kan of daar ge-arresteer word, :evil: of verplig word om Keetmanshoop toe gestuur te word… :evil: of toegelaat te word om verder suid ons onderneming voort te sit…. :) Ons behoort teen 10 uur te weet..
Ons wil vanoggend die ATC ontduik deur hier weg te kom voor hulle arriveer om 07h00… Dit beteken ons moes doeana R200 per aerie betaal sodat hulle ons teen 06H00 hier reeds uit geklaar kry.!!Dan skoert ons…koebaai Upington, Koebaai Suid Afrika. Hier kom ons Namibiee. vhpy
N onderbreking in ons geskrifte beteken ons sukkel met ontvangs, simkaarte, signals, of ons is in die tronk.!!!!
Blue Max
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Bundy
Three Thousand
Three Thousand
Posts: 3624
Joined: Thu Sep 02, 2010 5:23 pm

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Bundy » Thu May 23, 2013 6:04 am

Good luck Oom polla...los asb die tentpalle op die treiler! ^ :)

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 45 guests