FLY IN MY PROPWASH II

Upcoming flying events, fly-ins, airshows, flights etc
Asterix
Top Gun
Top Gun
Posts: 637
Joined: Thu Jan 26, 2012 5:38 pm

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Asterix » Sat Jun 29, 2013 3:39 pm

...and here I always thought that i was an anarchist

Lyk my ek kan lesse neem by Oom Polla in my minagting van regerings. :twisted: :twisted: :wink:
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Sun Jun 30, 2013 5:31 pm

Asterix wrote:Lyk my ek kan lesse neem by Oom Polla in my minagting van regerings.
Ek sal nie graag daarvoor bekend wil wees nie,.!!! :mrgreen: :mrgreen:

Hier volg stellig die voorlaaste episode van my geskrifte.!! Sal nog paar pics ook plaas.!! vhpy

Groblershoop tot by Hartswater.
Dit is Woensdag-oggend 26 Junie en ek staan by my trike op die plaas Brulpan (Thuru-Lodge) gereed om te vertrek. Die roete van Thurulodge oor Witasand, Postmasburg, Danielskuil tot by Hartswater is reeds in die GPS gelog, in total 175 knts.
Die wind kom van die Noordekant en my roete le reg Oos in die opkomende son. Witsand n afgelee Oasis met geen landings moontlikhede le 40 knts verder en Postmasburg n verdere 36 Knts. Ek styg op en merk as ek bar trek haal ek 55knts. Dit troos. Die son is ongemaklik in my oe en ek wens dit wil agter die wolke in beweeg wat ek verder af op die horizon gewaar.
Weldra is ek naby die wolke en besluit, ’ onder die plafon’ is die beste opsie. My voet is lig op die brandstof toe ek daal om onder die wolkkombers in te vlieg. Eensklaps se die engine Prrr en ek wonder of daar iets deur die prop beweeg het. (**) My hart sak in my skoene en die gedagte dat ek met een mag vlieg met n trike wat reeds oor sy 900 ure diens is, kwel my baie.!! Dan volg nog n prr en nog n prrr. (**) Ek besluit om n grondpad wat ek in die verte gewaar op te soek. Ek maak my gereed om op die pad te land en dan pak die gedagte my dat ek nie veel sal kan uitrig indien ek op n afgelee pad in die middle van die verlatenheid land nie. Ek gee petrol en hoor die rustige egalige dreuning van n gelukkige engine soos die revolusies optel. Ek berus my dat die engine nou gelukkig is en dat ek pas my tweede belewenis van carb-ice ervaar het… Dit neem my n goeie 20 minute om weer rustig te word onder die egalige gedreun van die Rotex hier agter my.!! Toe ek oor Witsand vlieg was ek kalm genoeg om foto,s te neem terwyl my voet onveranderd bly op die petrol pedaal uit vrees vir nog n prrrr.!!!!
Na 76 Knts land ek by Postmasburg en tap brandstof oor van n ekstra kan wat ek op die agter sitplek het.
My Destinasie vir die dag is Eagle Flight Acadamy naby Hartswater. Dawid Lubbe en DJ ( snr vlieg instrukteur) ken my reeds goed. Ek wou hulle nie vooraf kennis gee van my aankoms nie, hoofsaaklik oor die vrees wat hulle mag koester om my weer, in die middle van die nag, iewers te kom haal langs die pad soos twee jaar gelede toe my trike weg gewaai het by Reivilo.!!!. Gelukkig vir hulle, en myself, land ek veilig daar en is net betyds vir middagete.!!
Na n heerlike reunie met die Eagle Flight studente, by wie ek al n bekende geword het, is ek die volgende oggend vroeg daar weg om die laaste been van hierdie oderneming in een lang vlug van Hartswater tot Benonie te voltooi.
(^^) vir eers.
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Mon Jul 08, 2013 11:54 am

vhpy
My laaste hoofstuk en n paar pics volg.

Hartswater tot Microland.
My roete van Hartswater neem my oor Christiana, Bloemhof, Bothaville,Parys, Vanderbylpark, Kliprevier, Springs en Microland naby Babsfontein waar ek tydelik hanger.
Ek ken die roete goed en het dit reeds verskeie kere met die trike gevlieg. Hierdie keer wil ek dit doen sonder om oor te slaap.
My grondspoed is iewers tussen 50 en 60 knts en een na die ander skuif die dorpe onder my verby. Ek voel gelukkig. Die roete is veilig. Ge-oeste mielielande met paaie en veilige landingsplekke onder my is volop. Ek raak vermetel en daag CHG uit om nou maar n engine out te kry maar sy weier. ## Sy wil my veilig huis toe bring…Sy weet ek wil eerder vannaand agter Debbie se warm boudtjies slaap as om met haar langs die pad te sukkel.
Tussen Bothaville en Parys voel ek die wind begin ruk en pluk aan my. By Parys is die ruk en plukkery erger en my plan om daar petrol oor te tap laat ek vaar en besluit ek sal dit by Kliprevier doen.
Dit is nou ongeveer 11H00 uur en ek vlieg oor miljoene klein sinkdakhuisies terwyl thermals kompeteer om my voortydig in die hemel te besorg. Op my selfoon wat met Velcro aan die pod voor my vassit het pas n boodskap van Debbie gekom: “ jy moenie nou hier kom land nie want die wind is baie erg”!. (**)
Die laaste been van hierdie vlug is belangrik.! !Baie belangrik. Dit sal n avontuur van ongeveer 5500 km met n ‘trike’ en vlugtyd van 50 plus ure, suksesvol be-eindig. Dit kan nie nou bederf word deur n landing wat verkeerd gaan of n ongeluk nie..
Ek besef ek is die enigste vliegtuig in die lug toe die radio stil word… Ondervinding het my geleer dat die oomblik wanneer omstandighede rondom jou gevaarlik en baie ongemaklik word, word radio-roepe stil want pilots konsentreer dan op vlieg.!! Meer so as jy in n trike vlieg.!!
Ek slaag daarin om veilig by Kliprevier te land en met moeite anker ek die vliegtuig tussen twee hangers. Ek trek my vliegpak uit en gaan le met my kop teen die agterwiel. Die gedagte dat ek slegs 35 knts van my eindbestemming is vul my met vreugde. Ek maak my gemaklik teen die agterwiel terwyl die geraas van die wind wat aan die hanger deure ruk en pluk my laat wonder of ek ooit aan die slaap sal raak.
Van uitputting raak ek aan die slaap en ontwaak uur later toe ek voetspore naby my hoor...Die eienaar van Klip revier, Alan Pepper, luister in verwondering na my storie en gee my sy sel nommer en mail adres en word sodoende die heel laaste weldoener wie ek op my tog ontmoet,.!!
Die oorblywende 35 knts neem my 1 uur 30 min om te voltooi. Wat andersins as n baie gemaklike vlug beskou kon wees het toe in n gespook teen die wind verander wat n uur en half duur.
Met n laaste groet aan n uitgeputte oorwinnaar, demonstreer die wind vir oulaas sy heerskappy en laat my net, net toe om die trike veilig op die aanloopbaan by microland neer te sit. xxx
Toe kom die gevaarlikste deel van die hele trip.!!! Die laaste 20 KM in besige stadsverkeer.!!! :lol:
Fluit fluit my storie is uit.!!!
(^^)
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
Tumbleweed
Toooooo Thousand
Toooooo Thousand
Posts: 2349
Joined: Wed Nov 16, 2005 7:14 pm
Location: FASC

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Tumbleweed » Mon Jul 08, 2013 2:18 pm

Well done. (^^)
Sling ZU FYE - For Your Entertainment
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Blue Max » Thu Jul 18, 2013 6:29 am

vhpy
Ek hoop nie ek word 'afgegooi' terwyl ek pics plaas ni.! vhpy
Sorry vriende, die signal is so stadig en swak hier, slegs 8 KM van Oliver Tambo lughawe af, dat ek nou na twee weke moed op gegee het om nog pics op te sit. (**)
Dit is moeilik vir my om te verstaan want daar in Namibie, 150 KM van die naaste klein dorpie af, het ons meestal goeie en vinnige internet signals gehad.
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
Wingover1
Going for flight test
Going for flight test
Posts: 186
Joined: Thu Jul 10, 2014 1:57 pm

Re: FLY IN MY PROPWASH II

Postby Wingover1 » Wed Dec 18, 2019 6:05 pm

Nou Jou ongelooflike storie gelees. Ek het dit in CHG se flight folio gelees en moes ook met een mag van jou af gevlieg met ons trippie van Pyramid af. Wonder wat is dit met CHG en mags. By gesê ek het al baie ure self op haar gesit en snaaks genoeg heel wat van hulle was saam met jou met jou Raptor
ZU - ATE Windlass 503
ZU - CHG Aquilla 582
ZU - BAJ Bushbaby

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 20 guests