Pine, Dankie aan jouself en Dirk..

Ek was Saterdag by Jenna. Hy is die ou wie vlerke bou en trikes herstel. Hy het my op die "keel-tube" gewys hoe die "hanging Block" omtrent 150mm agtertoe geskuif het tot teenaan die posisie waar die Kingpost vanuit die Keeltube boontoe gaan.

Omgesetsynde die vlerk het vorentoe beweeg. Op die swart blok wat deel is van die hanging block het hy my gewys hoe die bout nadat dit losgewikkel het skeef geforseer is in so n mate dat dit n merk agter galaat het.

Die bout kon dus maklik vanuit daardie posisie op enige plek geval het, moontlik nog nadat ek opgestyg het...Hy het ook aan my gewys dat die bout makliker los kom wanneer daar n trilling ontstaan wat dan die bout sal laat loswikkel en laat uitval..
Saterdag toe ek by hom was merk ek dat die ringetjies wat deur die gaaitjies op die boute sit almal oop is aan een kant, soveel so dat hulle maklik met n trilling in die rondte draai om op so n manier heeltemal los te draai..Dit is presies wat gebeur het..Ek sal voortaan sorg dat al die ringetjies duidelik toe is aan beide kante..
Hiedie Numbie ervaring sal ek onthou vir die goeie dinge wat gebeur het en die lesse wat daaruit geleer word.
Dankie aan almal vir die inspirasie..!!!en goeie wense...
