
Our flight from Farm Romans, to Upington was not as planned and in retrospect not the right choice.!!!
I suppose my daughter and wife will have a chat with me in this regard !!! Sorry pa se lieflings !!!
Romans ( Olifantshoek na Upington….

Sesuur is ons op die runway by plaas Romans…die weer lyk nie baie lekker nie…toe dit lig word kry ons moed vir die vlug na Upington en merk dat die windkous alreeds wil begin styf staan,.!! Wind is gelukkig uit die Noord Ooste uit en onsis op roete suid wes.
Die aanduiding is ons sal hulp kry van agter-af….Na ons gebruiklike gevroetel met Louis se Carburators vertrek ons op, wat allermins as n aangename vlug gerapporteer kan word..
So baster bergreeksie le in ons pad en met die wind wat oor die berge spoel hier van ons regter-kant af raak die vlug ietwat stamperig..net so dat n ou nie lus is om foto,s te neem nie..By tye registreer my grondspoed op die gps 13 knt,s en teken ek dit aan as die tweede stadigste spoed wat ek nog gevlieg het… (My stadigste spoed was op Grahamstown toe ek amper in reverse geland het!!!)
Halfpad tussen Romans en Upington vlieg ons oor n hoekie van Afrika waar die paaie min is..die vlaktes wyd en ver….en elke kameeldoring-boom die potensiaal het om omskep te word in n potensiele veepos of jagters-kamp.!..Dit is hier waar ons nou al moeg gespook raak met die wind en dreigende wolke en besluit om so gou as moontlik n plek te vind om ons wiele neer te sit..
Salig onbewus van die beroering wat ons in die gemeenskap hier onder ons veroorsaak, maak ek n kaapse draai oor die jagkamp, die Lodge en ver-af geboue teen n berghelling…net om vir die manne te vertel ons het arriveer en kom help ons…! Intussen, onwetend aan ons is die woord alreeds lankal onder die plaaslike plaas-eienaars versprei dat hier onbekende vliegtuie is wat sonder toestemming en sonder die nodige protocol oor hierdie deel van Afrika vlieg en moontlik beytrokke kan wees om teikens te soek!!!!! ( sonder vermelding van detail dink ek my lesers sal verstaan wat ek bedoel.)..Feit van die saak is die mense is parraat en wildbewaring word hier ge-eet, geslaap en gedrink.!!!
Toe ons uiteindelik wiele neergesit kry en ek amper my tweede goosstep uitgevoer het merk ek twee landcruisers met stofwolke agter hulle, wag ons alreeds in by die holding-point..!!!Dit plaas my dadelik op die hoede vir n skropbering!!!
Ek is nog nie uit die nederige sitplekkie van my 11 jaar oue aeroplanetjie uit nie of iemand kom met n mening na my aangestap….Voor hy kan raas plant ek die eerste hou en dit tref die kol solied!!: ag meneer ek is VREESLIK jammer maar ons kon nie anders as om hier te land nie, kyk die wind, en meneer ek se jou nou-al, ons sal ook nie weer vandag kan opstyg nie…!!!! ..Ek merk hoe die persoon se blik met so 20% versag en ek plant vining die volgende hou met; meneer ons sal slaapplek nodig he vir tot die weer verbeter en as jy nie omgee ,die goedkoopste wat jy het vir ons sal voldoende wees.!!!..
Ons word hoflik verduidelik dat ons gehelp sal word en neem ook kennis dat dit n privaat aanloopbaan is en dat die regte protocol gevolg moet word in die vervolg…..
So met die terug ry na die kamp toe verduidelik ek aan die plaasbestuurder dat ons op n sending is om bewustheid te skep vir die REIK NA N DROOM STIGTING en dat ons reeds n beskeie R40,800. Ingesamel het vir die stigting…
Ons weldoener is die plaasbestuurder,en aangesien ek gevra is om nie name te vermeld in my skrywes nie sal ek volstaan daarby om te noem dat ons uiters professioneel en hoflik behandel is. n groot pakkie biltong en droe wors is later na ons kamers gestuur waarna ek my in die daaropvolgende uur aan oor-eet het.

Ek en Louis het teen skemer agtermiddag die tweede been van die Geriatric games aangepak met die Bokdrol spoeg kompetisie.!! Louis met sy winderige pens en ongemaklike bouvorm was van die begin af die gunsteling om te wen.!! Ek weer met volumes van die droe-wors en biltong wat ek met botter verorber het en wat teen die agtermiddag begin gis het in my maag was onwetend besig om die ideale scenario vir n oorwinning te skep..Al wat oorbly om te vermeld was dat ek as die oorwinnaar uit die stryd getree het en dat Louis agterna my met groter respek begin behandel het..
Die volgende oggend is ons weg met die goeie wense en hulp van die bestuur en ek met die hoop dat die eienaar van hierdie pragtige plek, dit waarmee ons besig is, te lese sal kry.
Upington het nou ons volgende bestemming geword.!!
Pics to follow after I try to shrink them!!