Die Potties Patrollie het Vrydagoggend vroeg die son gaan soek oppad Hazyview toe.Visibility was maar sleg met die son van voor,en ons hel almal maar in formasie by mekaar gevlieg.Ons moes naby Steelpoort tot 10000' klim om veilig oor Winterveld berge te vlieg.Ons moet dadelik nadat ons die Winterveld bergreeks oor is,krag los en begin sak vir ons landing naby Burgersfort.Hier volg so paar fotos tot by Burgersfort...
Vanaf Burgersfort het ons weer geklim om oor die berge by Ohrigstad te vlieg,rigting Pelgrimsrus Graskop na Hazyview...Tussen Burgersfort en Pelgrimsrus is nie baie plek om te land nie,en jy luister maar mooi na jou Rotax terwyl jy daar vlieg...Vanaf Graskop na Numbi,begin ons nou stadig te decent omdat Hazyview baie laer as Graskop is.Die natuur in daai area is mooi en groen-baie lekker om daar te vlieg met al die vars lug...
Hier volg so paar fotos vanaf Burgersfort na Numbi...