Page 6 of 7

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Tue Apr 26, 2016 9:10 pm
by Boet
Nie "knap" nie grootseun: Vreeslik versigtig!! Glo my, jy werk NET een keer jou duim se kop so skuinsweg aan n ou mouterkussing vas, dan werk jy ook "knap". :lol: :lol: :lol: :lol: ...........mmm, en dan moet jy hom los torring. Daai Singer se naald is baie skerp, en vattie prisoners nie!!

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Tue Apr 26, 2016 9:57 pm
by Jean Crous
:lol: :lol: :lol: Klink my dis die ervaring wat daar praat :shock:
J

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Wed Apr 27, 2016 9:25 am
by Boet
Dis hoe ver projek kussings nou gevorder het

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Thu Apr 28, 2016 8:34 pm
by Jean Crous
Nou kort jy net twee "Boom-box" speakers in daai parcel tray, djy wiet mos,.....soos die Capies het :lol:
Lyk goed meneer !
J

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Mon May 09, 2016 7:09 am
by ppakotze
By die flieks noem hulle so sitplek vir twee sonder 'n armleuning tussen in 'n love nest...

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Fri May 13, 2016 8:30 am
by Boet
Jooong, en da sit hy nou vir geheel leeekkkkerr, nes oorle Ouma se sitkamer banke. Man sal dalks effe sukkel om wakker te bly. :lol: Ten minste het die dem ding darem my size bucket :wink:

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Fri May 13, 2016 9:51 am
by Goose
[quote="Boet] Ten minste het die dem ding darem my size bucket :wink:[/quote]

Dan behoort ek ook te pas :lol: Hy is seker amper reg om weer die lug in te vlie Oom Boet.

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Fri May 13, 2016 8:38 pm
by Boet
Nou nie meer so lank nie Oom Gans, net gou besig om eers n paar 90 grade draaie met ons lewens te gooi! :lol:

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Sat Jul 02, 2016 7:34 pm
by Goose
Vlieg hy al Oom Boet :?:

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Mon Dec 05, 2016 9:29 pm
by Boet
Noggie, Oom Gans. Nou neuk die lewe my rond met n "F". Daar is net altyd iets anders wat ek eers moet klaar kry. TYD, demmit. :(

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Tue Dec 06, 2016 5:52 am
by Goose
Ag tog, maar iewers moet die wildtuin fotos vandaan kom om te kan lewe.
Sterkte daar Oom Boet, hoop TYD kom gou :lol:

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Tue Nov 28, 2017 8:08 am
by Boet
So tussen al die gewoel om te oorlewe deur, is Antjie besig om die ander vlerk se verf af te stroop. n Tydsame en versigtige proses, wat nog n rukkie sal duur. Intussen staan die voltooide romp op sy wiele in my skuur by die huis. Met rug-operasie en al die drama daaraan verbonde, het ons die jaar baie tyd verloor. Ek kom darem so stadigaan reg, maar dit sal nog baie tyd vat.

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Wed Apr 08, 2020 1:17 pm
by JvTonder
Oom Boet, wanneer vlieg hy?

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Wed Apr 08, 2020 6:14 pm
by Jean Crous
Hey Boet, sit n slag weer so n paar fouties op van die Turbi. Hoe ver is julle nou met die vlerke se oortrek ?
J

Re: Rebuilding the Turbi ll

Posted: Sun Sep 05, 2021 9:05 am
by JvTonder
Oom Boet wat gaan hier aan, hy al amper klaar?