Page 5 of 5

Re: Ou Grote se Safari

Posted: Wed Jul 06, 2011 3:54 pm
by Grote
Dankie manne , julle moet werk , lyk my almal sit voor die rekenaars en vlieg !!!!!!!!

Re: Ou Grote se Safari

Posted: Wed Jul 06, 2011 3:57 pm
by THI
Grote wrote:Dankie manne , julle moet werk , lyk my almal sit voor die rekenaars en vlieg !!!!!!!!
Sit voor die rekenaars en wens ons kan vlieg :(

Re: Ou Grote se Safari

Posted: Wed Jul 06, 2011 5:54 pm
by Boet
Ou Grote, geluk met jou 2de solo. Mag jy altyd veilig vlieg en saggies land, en blou-lug en stert-winde he! Hoop jy geniet jou errie. (^^) (^^) (^^) (^^) (^^) (^^) (^^) (^^) (^^)

Re: Ou Grote se Safari

Posted: Wed Jul 06, 2011 6:25 pm
by Big Mac
Congrats with second SOLO (^^) vhpy

Re: Ou Grote se Safari

Posted: Wed Jul 06, 2011 11:16 pm
by Oupa-G
Francois veels geluk my en jou pampiere doen die rondte by CAA. Dit kan selfs wees dat jy my wen. Ek moet se die Bosvark self is 'n baie opregte masjien ek keer net dat sy nie 'n hangar Queen word nie. Lekker vlieg het ook vanaand met Francois Jordaan gepraat en hy is vol moed dan is ek ook.

Cheers Oupa-G

Re: Ou Grote se Safari

Posted: Thu Jul 07, 2011 12:04 pm
by Grote
Dankie Oupa , dit wys jou 62 is nie te oud om na 31 jaar `n tailie te tackle , wat `n plesier .Om aan te las By KFA se skrywe op jou site , ek dink regtig dat van die persone by CAA moet miskien maar self kom en ons erries vat en hulle kom toetsvlieg sodat hulle nou eens en vir altyd kan happy wees . Stefan het wragtig baie geld ,tyd en moeite uitgedruk in die proses . Met sy toetse is als tog bewys . Jy as vlienier met al die ondervinding kan seker al teen die tyd met gesag praat . Ek weet regtig nie , weet nie hoe ek nou moet maak met die idee van die persoon om weer die toetsvlugte oor te laat vlieg , Francois sal maar moet raad gee .Die ander opsie is ek vat net eenvoudig my vliegtuig en ry hom tot iemand my wil kom toesluit , dit sal nie maklik gaan nie my maat , nie maklik nie . Dit is as gevolg van sulke " brieke " in die CAA sisteem dat ek vandag 5 vriende het wat net eenvoudig vlieg en klaar . Ons sal maar sien .Ek geniet in elk geval solank maar my belegging , ek is seker geregtig daarop .

Groetnis ,

Ou Grote

Vredendal Fly in

Posted: Tue Aug 30, 2011 10:11 am
by Grote
Vredendal Fly in ,

Wat `n plesier om na 25 jaar weer vlerke te he , manne dit was lekker. JXF start nou soos `n droom , die gatwiel se " shimmy " is reg ,. transponder werk reg . Nou nog net die Icom radio uitsort .

Dit alles te danke aan Oupa -G wat met die idee begin het , thanks Oupa .

Veilig ry vrinne .

Groetnis .

Ou Grote

Re: Vredendal Fly in

Posted: Thu Sep 22, 2011 2:59 pm
by Nevermind ZA
Grote wrote:Vredendal Fly in ,

Wat `n plesier om na 25 jaar weer vlerke te he , manne dit was lekker. JXF start nou soos `n droom , die gatwiel se " shimmy " is reg ,. transponder werk reg . Nou nog net die Icom radio uitsort .

Dit alles te danke aan Oupa -G wat met die idee begin het , thanks Oupa .

Veilig ry vrinne .

Groetnis .

Ou Grote
Mooi manne, en nou is Ou Grote se radio'tjie ook sommer uitgesort...!