Postby HennivR » Wed Jun 21, 2017 8:36 pm
Hi Hans,
1. KR2 het beperkte dwars wind hantering vanwee die sterwiel. Dis hoekom so baie nuwe bouers vir die neuswiel opsie gaan. Ek het baie KR2 videos. In een staan die loods amper regop in die sitplek met die canopy oop om te sien waar hy taxi. Verskil in neuswiel en stertwiel gewig nie baie groot nie. Skuif hoof wiele slegs na agterkant van main spar - gebruik selfs dieselfde gate. Links voor gaan na regs agter en anders om. Neuswiel is castering, so nie baie werk nodig nie.
2. KR2 kom baie, baie vlak in vir landings. Plus die sig oor die neus is baie swak op finals. Die split flaps is maklik om te maak, weeg min en help vir altwee hierdie simptome. Weeg feitlik niks.
3. Vir die cowl inlets - sien huidige cowl foto waar die vorige bouer reeds hiermee begin het. Ek hoef dit net af te rond. Geen gewig impak hoegenaamd.
4. 'n Sy cowl outlet is baie meer effektief. Die lae druk bokant die vlerk suig letterlik die lugvloei uit die cowl uit. Geen gewig impak hoegenaamd.
5. Die 6 silinder Jabiru weeg minder as die turbo Volla, maar lewer 120 perde. (Dit hang van my finansies af - huidiglik net 'n droom) Ek dink 'n 2e handse enjin vanaf 'n Bantam sal nie veel meer kos as opgeboude 'n turbo Volla nie.
6. Agter venster gemaak van dun mylar - weeg baie min maar gee baie beter gevoel van ruimte plus baie beter sig na agter.
7. Wingfold - hierdie is rerig 'n baie eenvoudige konsep met verbysterende resultate. Dun aluminium pyp en nylon bushes wat rerig nie baie weeg nie.
8. Ek oorweeg nog die canopy oopmaak metode.
9. Wingwalk - die standard KR2 verg 'n geoefende kuns om in en uit te klim deur direk boop die main spar te trap. Goed vir die eienaar bouer - nie noodwendig vir alle passasiers nie.
10. Belly airbrake - nie rerig nodig met split flaps nie (ek skat albei werk ewe goed) My 1ste KR2 het 'n belly airbrake gehad, sonder die gate. Die effek daarvan op die grond op 80mph is werklik stunning. Lees my verhaal erens op hierdie thread. Ek gaan eersdaags fotos van daardie projek hier pos - moet eers fotos van fotos neem en werk tans lang ure.
11. Ronde rudder - lyk heel anders - verg amper geen modifikasie. Sien hoe ek dit voorheen gedoen het. Wat jy agter aan die rudder sien is slegs dun ply wat met 'n lagie veselglas aan die huidige rudder geplak is.
11 Ek gaan die standaard canvas slingseat gebruik soos per die planne - hierdie weeg letterliks niks nie. Die sitplek ingeboude "kussings" le slegs bo-op dit. Sy sywaartse seksies word op dun, dun ply gevoeg wat net oor die stringers aan die kant van die romp le. Lyk uiters luuks, weeg so te se niks nie.
Wel, daar het jy dit. Ons almal droom, myne is van 'n spesiale KR2. As dit nie uiters lig kan wees nie, dan uiters vining. Al die idees hierbo genoem vlieg reeds op KR2s regoor die wereld. Ek voeg net die bestes saam, did al.
Vriendelike groete,
Henni
-
Attachments
-

- Cowl inlets as is
-

- My 1ste KR2 projek
-

- See how easy this will be.
-

- See how easy this will be.
-

- See how easy this will be.
-

- Op 'n KR2