Page 1 of 1
Rotor Blades
Posted: Fri Feb 29, 2008 8:56 pm
by AlwynB
Is daar enige rotor vervaardigers in SA?
Posted: Sat Mar 01, 2008 8:55 am
by Gyronaut
Hi Alwyn
Ek kan ongelukkig nie jou vraag beantwoord nie maar wil my ondervinding met jou deel. Die gyro waarop ek my opleiding gedoen het, het 'n "wagtail" composite rotor opgehad en ek dink dit word hier vervaardig.
Ek het tans 'n 30voet Advanced Kinetics aluminium rotor op my gyro wat in Australia vervaardig word. Die werkverrigting is merkbaar baie baie beter! Waar ons beswaarlik 200ft/min klim kon handhaaf met die wagtail kry ek nou maklik tussen 600/800ft met dieselfde gewig en selfde enginekrag.
Kies dus jou rotor baie versigtig.
Lekker vlieg
Len
Rotors
Posted: Tue Mar 04, 2008 2:21 pm
by Low Level
Wagtail vervaardig nie rotors nie, maar ontwerp dit, en laat dit lokaal vervaardig.
Weet van mense wat met dit gevlieg het, en afgehaal het. Baie vibrasie op die rotor gehad, en dit is meer as dubbel so duur as ingevoerde rotors.
Beaam wat Len sê. Doen jou huiswerk. Dit is die een enkele ding wat jou vliegtuig baie onaangenaam kan maak.
Buitelandse mark is baie goed met rotors - prys en kwaliteit.