Ongeskiktheidvoordele vir Gyrocopter vlieg op jou LEWENSVERS
Posted: Thu Jan 24, 2013 3:28 pm
Hoop iemand kan my help en bietjie meer inligting gee oor jou/ jul versekering asb?
Skies as ek dit gemis het, daar is al seker hieroor gepraat op die forum.
Ek het die begin van die jaar my makelaar gaan sien om so bietjie my lewensversekering te hersien.
Met my seuntjie wat vroeg in Januarie 2 jaar oud geword het begin mens al meer aan die tipe goed dink. Julle ou manne het seker al die pad gestap en graag wil ek by julle hoor en leer wat is die beste.
Op my lewensversekering is daar n VOORWAARDES paragraaf wat die volgende se:
Addisionele uitsluitings wat sal geld.
Uitgebreide Beroeps Ongeskiktheidsvoordele. (eie)
Sluit eise uit wat verband hou met vlieg in n “GYROCOPTER”
Benewens die bepalings en voorwaardes van my kontrak kom ek hiermee ooreen dat geen eis ingevolge die Voordeel hierbo gelys oorweeg sal word nie indien die gebeurtenis waarvoor geeis word, op enige wyse teweeggebring of verhaas is deur die Versekerde Lewe se deelname aan lugvaart waarby n “GYROCOPTER" betrokke is.
Is daar enige iemand wat Gyrocopter vlieg en wel Beroeps Ongekiktheidsvoordele op hom /haar se lewensversekering het en hoe werk joune en by wat se maatskappy is dit?
Byvoorbaat baie dankie.
Groete uit n lowergroen en sopnat Limpopo!
Pieter