Page 1 of 1

M24

Posted: Thu Nov 24, 2011 6:00 pm
by Gawie Steyn
Hallo daar,
Ek beplan om'n Magni M24 te koop. Kan iemand my meer oor die Gyro inlig asb. Ons vlieg van 'n veld wat 5500" is en sal baie graag van julle wil hoor.

Thanks

Re: M24

Posted: Thu Nov 24, 2011 6:50 pm
by BONZAI BELL
Gawie
Ons het een in ons hanger by Springs lughawe. Jy kan met Rainier j/v Rensburg oor die gyro gesels.
Ek vlieg n M-22 , en het 2 maande gelede my advanced training in n M-24 gedoen,
Groete
Swannie

Re: M24

Posted: Thu Nov 24, 2011 6:53 pm
by Gawie Steyn
Dankie Swannie, hoe het jy die M24 gevind en wat is jou algemene indruk.

Re: M24

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:40 pm
by saraf
Hi Gawie

Welkom in die wereld van gyros. Daar is baie aspekte wat gepaard gaan met gyro koop, soos hoogte bo see ens soos jy genoem het. Kom ek vra so , wat wil jy met die gyro wat jy wil koop doen?
Gaan jy meestal aleen vlieg of saam vriende en familie. Wat weeg jy?
Al die goed speel ma n rol....

Groete Eben Mocke Jnr

Re: M24

Posted: Thu Nov 24, 2011 8:19 pm
by braam hechter
Hi Gawie.

Ek moet met Eben saamstem. Wat, en hoe jy die Gyro wil gebruik, kan n redelike rol in jou keuse speel. Die voorstel wat ek wil maak, en wat nogal redelik goed gewerk het tot nou toe, is om so 5 vlieg lesse mee te maak. Jy kan op die SAGPA webblad kyk vir n instrukteur naby jou. Vir die eerste 5 ure gaan die tipe gyro nie so groot rol speel nie. Dit gaan jou egter die basiese beginsels en hantering van n gyro laat ervaar. Ek is seker Butch sal jou dan in n demonstrasie vlug met die M24 neem of miskien iemand met n RAF, of die Calidus, of wat ook al. Jy sal dan kan ervaar wat vir jou as persoon gaan werk.

Groete en geniet ons wereld.

Braam Hechter

Re: M24

Posted: Thu Nov 24, 2011 9:52 pm
by BONZAI BELL
Gawie Steyn wrote:Dankie Swannie, hoe het jy die M24 gevind en wat is jou algemene indruk.
Hi Gawie

Ek is n biker , en gewoond aan wind . So , die oop gevoel in my gyro is wat ek graag wil he.
Die ouens wat die " side by side " gyros vlieg , lyk my baie ingenome met hul keuse.
My opinie is dat die tandem gyros makliker hanteer.
Laat weet my in watter omgewing jy bly , dan reel ek n paar dinge vir jou.
Swannie
0824452889

Re: M24

Posted: Fri Nov 25, 2011 8:01 pm
by Gawie Steyn
Hallo Saref, Braam & Swannie,
Dankie vir julle reaksie. Ek het sowat 1500 "Blik errie" ure met 260 Bantam ML ure, maar nou het die Gyro's gogga gebyt.
Vir julle info ek weeg 93kg($%$#@) en my pax omtrent dieselfde ( My vrou is darem baie ligter) en ons wil die Gyro gebruik soos die Bantam - vlieg waarheen ons wil.

Ek en Ansie het met die Bantam baie Fly-aways by gewoon en beplan dieselfde.
Swannie ons is van Hendrina, Mpumalanga.

Groete

Re: M24

Posted: Sat Nov 26, 2011 5:18 am
by BONZAI BELL
Gawie
Ons het volgende saterdag n fun dag by Springs lughawe , as jy meer oor die gyros wil weet , sal dit n goeie idee wees om daar n draai te maak.
Ons het so 15 gyros in ons hanger wat jy na kan kyk.
Laat weet my of jy daar sal kan wees.
Groete

Re: M24

Posted: Sat Nov 26, 2011 6:52 am
by saraf
Hi Gawie
Hoe ver is Hendrina van Middelburg?

Groete eben

Re: M24

Posted: Sat Nov 26, 2011 6:55 am
by Sukkelaar
So 80 na 100km

Groete

Re: M24

Posted: Sun Nov 27, 2011 2:51 pm
by Gyronaut
Hier in die Kaap is ek en Nic baie gelukkig met ons M24's. Oeps..

Here in the Cape Nic and I are very happy with our M24's. We have both flown (landed and taken off/operated from actually) at much higher altitudes than here (5'300) without hassles, but watch the weight and DA. Situation Normal.

I am happy to answer any questions honestly Gawie.
So far, I am very happy with my investment. (^^)

Len ZU-RJR