Ons het mekaar nodig “Lesse van ganse”

The meeting place for gyronauts, gyronuts and those nuts about gyro's

Moderators: Gyronaut, Condor, FO Gyro

User avatar
Pieter Smith
Flying low - mind the power lines
Flying low - mind the power lines
Posts: 379
Joined: Mon Mar 29, 2010 4:12 pm
Location: Alldays, Limpopo

Ons het mekaar nodig “Lesse van ganse”

Postby Pieter Smith » Tue Dec 21, 2010 9:35 am

In my dagstukkie wat ek vanoggend gelees het, moes ek hart konsentreer om nie heeltyd wat ek besig was om te lees met ons Gyro-pilots te vergelyk nie. Maar op die einde het ek toe wel gesien ons kan dalk hier uit iets leer. Terwyl ek die stuk gelees het kon ek nie help om so baie aan al die Stellenbosch en Kitty hawk stories te dink nie, en te dink aan alles wat nog vir ons voorle as ek na die “events” kalender vir 2011 op SAGPA se mooi nuwe webwerf kyk nie.

Ek sit dalk die pot mis, maar oor ek op n plaas bly en groot geword het maak vergelykings en lesse uit die natuur vir my net soveel meer sin. Wat ons (gyro-pilots) in die laaste paar maande bereik het, sien ek net n blink toekoms.
Die stukkie lees:

Lesse van ganse:
Wanneer n gans sy vlerke klap, skep dit n verheffing vir die voel agter hom. Deur in n V-formasie te vlieg, voeg die hele swerm 71% meer vliegafstand by as wanneer elke voel allen sou vlieg.
LES: Mense wat deel in rigting en n gevoel van gemeenskap kan vinniger en makliker uitkom waar hulle heen op pad is omdat hulle vlieg met behulp van mekaar se dryfkrag.
Wanneer n gans uit formasie vlieg, sal dit skielik die weerstand voel van om alleen te probeer vlieg en gou weer terugvlieg tot in die formasie en voordeel te put uit die krag van die voels voor hom.
LES: As ons soveel insig soos ganse het, sal ons inval by die formasie van diegene wat op pad is na daar waar ons heen wil gaan.
Wanneer die ganse wat voor vlieg, moeg raak, neem dit n plek agter in die formasie in en kry n ander gans die geleentheid om aan die voorpunt van die formasie te vlieg.
LES: Dit help om beurte te neem om moeilike take te verrig en leierskap te deel; mense sowel as ganse is interafhanklik van mekaar.
Die ganse in die formasie snater van agter af om die voorste ganse aan te moedig om nie spoed te verloor.
LES: Ons moet seker maak dat wanneer ons van agter af snater dit bemoedigend is en nie afbrekend is nie.
Wanner n gans siek word of gewond is of afgeskiet word, sal twee ganse die formasie verlaat en hulle maat help en veilig beskerming bied. Hulle sal by hulle maat bly totdat hy of sy sterk genoeg is om weer te vlieg en dan sal hulle n nuwe formasie vorm of by hulle ou formasie aansluit.
LES: As ons soveel insig soos ganse het, sal ons SAAMSTAAN.

As mens n kooltjie uit n vuur haal en weg van die res neersit, sal dit doodgaan. John Wesley

Alles uit:
Angus Buchan, n Mosterdsaad 21 Desember.

Geseende Kersfees vir almal en n Voorspoedige Nuwejaar. Veilig vlieg en kom ons staan saam in 2011. SAGPA beplan groot dinge vir ons almal vhpy .
User avatar
Jabbanaught
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1177
Joined: Sat Sep 01, 2007 7:45 pm
Location: FASH - Stellenbosch

Re: Ons het mekaar nodig “Lesse van ganse”

Postby Jabbanaught » Tue Dec 21, 2010 9:54 am

Baie goed gestel Pieter , Dankie , Ja ons kan baie leer van ganse , enm so ook van ons mede vlieniers .

Was goed om jou hierdie jaar te ontmoet so ook baie ander manne en dames , Ek dink 2011 hou groot dinge in vir ons sport

Hoop jy rus lekker

Paul
Autogyro - Calidus ZU- ???
Magni M22 - ZU EGA
User avatar
MAGNIficent
Got my wings at last
Got my wings at last
Posts: 230
Joined: Fri Dec 07, 2007 10:36 am
Location: Pretoria

Re: Ons het mekaar nodig “Lesse van ganse”

Postby MAGNIficent » Tue Dec 21, 2010 10:11 am

Dankie Pieter vir die ongeloooflike mooi inset.

Vrede vir julle gedurende die Kersfees!!
To fly is LIFE...!!!
Keep on LIVING...!!
User avatar
mak
Top Gun
Top Gun
Posts: 556
Joined: Wed May 09, 2007 2:29 pm
Location: Kitty Hawk

Re: Ons het mekaar nodig “Lesse van ganse”

Postby mak » Tue Dec 21, 2010 7:36 pm

Dankie vir daardie inset Pieter. Compliments of the season to everyone.
www.altairaviation.co.za
HOME OF XENON & ZEN GYROCOPTER
User avatar
Boet
Three Thousand
Three Thousand
Posts: 3795
Joined: Sun Jun 05, 2005 4:40 pm

Re: Ons het mekaar nodig “Lesse van ganse”

Postby Boet » Sat Dec 25, 2010 12:00 pm

Dankie vir jou mooi boodskap Pieter, ek hoop dat al ons ganse n mooi Kersfees en n veilige en voorspoedige nuwe jaar sal geniet!! (^^)

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 5 guests