Gyro accident with a sad outcome

The meeting place for gyronauts, gyronuts and those nuts about gyro's

Moderators: Gyronaut, Condor, FO Gyro

User avatar
Condor
Whats the right frequency?
Whats the right frequency?
Posts: 290
Joined: Tue Nov 08, 2005 8:52 pm
Location: Kitty Hawk

Gyro accident with a sad outcome

Postby Condor » Fri Sep 12, 2008 4:12 pm

Just saw this article on Avcom.

Condolences to the family...

Report this postReply with quote Re: Gyro down at Nondela around 3pm 11 Sept 2008
by Step on Fri Sep 12, 2008 8:54 am

Ouers sterf toe kopter neerstort
Sep 11 2008 11:26:40:270PM - (SA)
Herman Scholtz

’n Ouerpaar van drie kinders van Moreletapark, Pretoria, het gistermiddag in ’n vliegongeluk in die Drakensberg ongekom.
Mnr. Willem en mev. Susan le Roux se girokopter het gistermiddag laat neergestort.
Hulle was in hul vroeë 50’s en was sakemense wat in die mediese bedryf gewerk het.
Volgens me. Phindiwe Gwebu, woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid, het agt girokopters saam oor die Drakensberg gevlieg toe die Le Roux’s se MT3-girokopter vermoedelik buite Harrismith neergestort het.
’n Girokopter is ’n klein tuig wat deur ’n skroefmotor aangedryf word.
Dit het ’n rotor, soos ’n helikopter, maar die rotor is nie aan ’n enjin gekoppel nie.
Soos die tuig vorentoe beweeg, draai die rotor wat dit van die grond lig.
“Al wat ons weet, is dat dit ’n noodlottige ongeluk was. Die weertoestande was baie sleg, maar ons ondersoek nog die voorval,” het Gwebu gesê.
Sers. Christopher Mophiring, polisiewoordvoerder, het gesê die tuig het vermoedelik op ’n plaas aan die KwaZulu-Natalse kant van die Drakensberg neergestort.
Teen druktyd was die presiese ligging van die ongelukstoneel nog onbekend.
Ds. Johan Smith, die familie se leraar van die NG gemeente Moreletapark, het gisteraand die familie by hul huis bygestaan.
“Dit is vir almal nog baie onwerklik. Die meeste mense hier is nog baie kalm,” het hy gesê.
Smith het gesê die egpaar sou gisteraand in die Drakensberg oorbly en vanoggend na Port Shepstone aan die suidkus vertrek.
“Dit was baie bewolk en mistig. Toe hulle opgestyg het, het hulle glo gehoor hulle moet omdraai. Die radiokontak is kort daarna verbreek,” het hy gesê
Die gesin se huis was gisteraand laat nog vol familielede en vriende wat die egpaar se kinders ondersteun het.
Die oudste dogter, Elmari, het van Bloemfontein gekom om by die res van die familie te wees. Sy studeer medies aan die Universiteit van die Vrystaat.
Die ander kinders, Willem jr. en Ansu, is onderskeidelik in gr. 12 en gr. 10 in die Hoërskool Waterkloof.
Willem jr. is een van dié skool se uitblinker-atlete en het onder meer nasionale kleure in spiesgooi.
“Dit is ongelooflik hoeveel van die familie se maats hier is om hulle te ondersteun,” het Smith gesê.
Die matriekleerlinge skryf vandag hul natuur-en-skeikunde-rekordeksamen.
“Ek het klaar met die onderwyser geskakel en sy was baie inskiklik om die leerlinge tegemoet te kom. Willem (jr.) sal nie (vandag) skryf nie.
“Dit is so ’n tragedie. Hulle was die wonderlikste, wonderlikste mense,” het Smith gesê.

beeld.com
Auto-Gyro Calidus ZU-RRG
User avatar
saraf
Pilot in Command
Pilot in Command
Posts: 776
Joined: Thu Apr 06, 2006 9:11 am
Location: Upington
Contact:

Re: Gyro accident with a sad outcome

Postby saraf » Fri Sep 12, 2008 4:39 pm

Dit is baie hardseer, ons gedagtes en gebede gaan uit vir die familie en die kinders.

Groete

RAF SA
Good instructors always speak well about all flying machines.
Bad instructors speak badly about machines they cannot fly.
User avatar
Koevoet
I hate bird strikes
I hate bird strikes
Posts: 315
Joined: Sun Dec 16, 2007 8:20 am
Location: Diemerskraal, Paarl
Contact:

Re: Gyro accident with a sad outcome

Postby Koevoet » Fri Sep 12, 2008 7:56 pm

See tread - Gyro down at Nondela around 3pm 11 Sept 2008

http://microlighters.co.za/viewtopic.ph ... 96dbb2aefa
Nothing is impossible in life.
Very happy Scout Piloooot
http://www.facebook.com/home.php#!/home ... p_activity

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 9 guests