Etosha van vroer

The meeting place for gyronauts, gyronuts and those nuts about gyro's

Moderators: Gyronaut, Condor, FO Gyro

User avatar
Shallowpig
Learning to fly
Learning to fly
Posts: 52
Joined: Mon Aug 30, 2010 7:32 am
Location: The Coves

Etosha van vroer

Postby Shallowpig » Tue Jan 25, 2011 8:11 am

Hi Guys
Seeing that I'm planning a trip to Etosha I've started reading all and everything that I could find about Etosha and the surrounds.
I came across this snippet from an old game ranger, and felt this is to good not to share.
Unfortunately it's in afrikaans and I fear some of it might get lost in translation but if somebody feels he can put a handle on it ........ by all means give it a try.

...

"Etosha: Waar die leeus Afrikaans verstaan.

Hulle sê daar is nie 'n werk wat meer gesog is as die van 'n natuurbewaarder nie. Dis nie heeltemal sonder rede nie, want dis 'n voorreg om op 'n plek te kan werk waar jy heeldag en aldag in die natuur verkeer.
Dit terwyl die meeste ander mense baie moet betaal om net 'n bietjie daarvan te ervaar.
Ek was een van daardie bevoorregte mense, 'n natuurbewaarder in die Etosha-wildtuin, een van die regte "manne van die panne". Daardie wereld se mense praat mos nie van Etosha of die wildtuin nie, hulle praat van die naweek "'n bietjie panne toe gaan".
Die hoofnatuurbewaarder was 'n man wat geglo het alle natuurbewaarders moet gereeld patrollies te perd doen. Dan moes ons elke maandeinde 'n volledige verslag indien.

Ek kan nie presies onthou hoeveel uur se perdepatrollies verpligtend was nie, maar hier aan die einde van die maand moes ons gewoonlik 'n plan maak om die voorgeskrewe kwota vol te kry.

Dii patrollies was soms 'n nagmerrie, veral as jy sou opdrag kry om digbeboste gebied te gaan verken. As jy 'n goeie ruiter was, kon dit dalk lekker gewees het, maar ek het nie in daardie klas geval nie. Ek het darem redelik goeie balans gehad, en miskien om daardie rede het ek nooit van 'n perd afgeval nie.

Daar was ook die lekker van patrollies, want ek en my perd, Swernoot, wat van poonse afkoms was, het mekaar goed verstaan. Wanneer ek hom op die vlaktes teuels gegee het, het Swernoot dit net soveel soos ek geniet.
Omdat daar gewoonlik leeus in die omgewing was, het die jaag-episodes altyd in ooptes plaasgevind waar mens ver kon sien. Dit was ook nie my plan om onder takke deur te jaag en Absolom-Absolom te speel nie.
Moet nou net nie dink ek was bang nie. Ek was mos een van die "manne van die panne" en ons het nie maklik geskrik nie. Ek was, soos hulle sê, net versigtig.
So gebeur dit toe dat ek en 'n kollega besluit om 'n patrollie te doen om ons ure "vol te maak". Nie een van ons was al te perd op die Etosha-pan self nie en ons besluit toe om 'n bietjie dieper in die pan te gaan rondry.
Ons het die voertuie met die perde se sleepwaens ver van die pad gelos, op 'n punt iewers tussen Okondeka en Wolfsnes, vir die wat daardie wereld ken.
Daarvandaan is ons te perd die pan in. Dit was nogal 'n ekspedisie, maar baie veilig: As daar enige leeus op die pan was, sou ons hulle op 'n goeie afstand kon sien. Hoewel die rit 'n onbeskryflike ervaring was, wil ek nie daaroor uitwei nie. Hierdie storie gaan oor dit wat ons met die terugkeer ervaar het.
En wat 'n ervaring was dit nie !

My kollega, Francois , het 'n perd gery wat kort tevore op Grootfontein gekoop is. Omdat die perd 'n lyf gehad het wat baie aan die van 'n renperd herhinner het, is hy July gedoop.
Toe ons uiteindelik weer uit die pan kom en "voet aan wal" sit - dis letterlik hoe dit gevoel het - het Francois gereken ons moet kyk wie's eerste terug by die bakkies.
Die twee perde het ook geweet ons was op pad huis toe en het nie op hulle laat wag nie. Aangesien dit oop vlakte was, het hulle op volle vaart reguit na die bakkies toe koers gekies.
'n Hele ent vorentoe, min of meer op ons pad, was daar 'n groot boom, stoksielalleen op die vlakte. Uit die aard van my belangstelling in bome wou ek sommer so in die verbygaan kyk watter soort dit is. Ons het die perde soontoe gestuur.
July was ietwat vinniger as Swernoot en ek het effens agter geraak.

Maar skielik, 'n entjie voor my, het die lyftaal van Francois en sy perd verander. Ek kon sien daar is erens 'n groot skroef los. July het eers links gemik en toe regs en toe weer links. In 'n stadium het dit vir my gelyk of Francois sommer so in die hardloop van die perd gaan afklim.
En toe sien ek hulle. LEEUS !
Die hele Okaukuejo-trop van 24 leeus het in die skadu van daardie boom gelê en slaap. Daar was nie tyd om te stop of uit te swaai of selfs op te styg nie. Ons was te naby.

Francois doen toe al wat daar was om te doen. Hy stuur vir July reg in die middel van daai trop leeus in sonder om spoed te verminder. Om die slapende leeus se aandag te trek en hulle te oortuig dat hy eintlik 'n gevaar is waarmee rekening gehou moet word, begin spreek hy hulle toe so effentjies in tale aan.
Kyk, ek het al gelees van die Comanche-Indiane se oorlogskreet, en hoe bloedstollend en vreesaanjaend dit is. Maar dis 'n vulletjie teen dit wat daardie dag uit Francois se keel gekom het.
Die leeus moes seker dink hulle word aangeval deur iets uit 'n ander wereld, want hulle laat spaander in alle rigtings om pad te gee voor die aanstormende skreeuende gedierte.
Ongelukkig het 'n paar jong leeus koers gekies in presies dieselfde rigting waarheen ons oppad was. Ek kon sien July begin die gevaar loop om hulle in te haal en op hulle te trap.

En net daar verander July se hardloopstyl dramaties. Iewers moes Francois July se "panic button" gedruk het, want hy skakel oor na iets soos 'n kruising tussen 'n volstruis en 'n seeskilpad. Met die agterpote hol hy met alles wat hy het om te probeer wegkom van die leeus agter hom; met die voorpote roei hy so half in die lug om tog net nie op die leeus hier voor hom te trap nie.
Die jong leeus gee toe gelukkig pad na weerskante en July kon weer sy voorpote normaal aanwend. Toe hulle grond raak, slaan hy oor na die hardloopstyl van 'n windhond in volle vaart, want sy agterpote kom elke keer hier langs sy ore verby soos hy hom inspan om spoed aan te sit.
Dit kan ook wees dat July probeer wegkom het van die gillende ruiter op sy rug, want 'n hele ent anderkant die boom was Francois steeds besig om die leeus in te lig oor wat hulle behoort te doen en waarheen hulle kon gaan.
Ek kon net 'n paar woorde uitmaak, en een het vir my na "voertse-e-e-k!" geklink. Die res behoort nie gepubliseer te word nie.

Die leeus het so positief gereageer op sy instruksies, dat 'n mens maar kan sê Etosha se leeus verstaan Afrikaans.
Maar nou moet julle onthou, ek kom nog agterna, met Swernoot steeds salig onbewus van die drama, "happy go lucky" oppad bakkie toe.
Die volgende oomblik is ons tussen die leeus. Swernoot sien hulle en hoor hulle en ruik hulle en ek dink hy het hulle gevoel ook.
Kyk, ek was nie 'n kenner van perde nie en het nie geweet perde het Turbo Boost nie. Toe ons so mooi tussen die leeus is en Swernoot kom skielik agter hier is nou groot fout ... toe skop sy Turbo in.
Toe ons onder die boom uitkom, toe sit ek heel agter op sy kruis en klou soos 'n klein bobbejaantjie aan sy ma soos wat Swernoot onder my uitgehardloop het. Maar ek het my pad kon terugklou tot in die saal.

Kort daarna is ons verby Francois en July, volspoed plus 81%.
My sleepwa se agterklap was gelukkig reeds laat sak. Die klap se grendel het gereeld losgeskud en ek het dit altyd met 'n tou vasgemaak sodat dit nie moes oopval nie.
Gewoonlik het ons maar gesukkel om die perde in die sleepwa te kry, maar die slag het Swernoot sommer self daar gaan skuiling soek. Met die intrapslag vat hy die tou so in sy bek en trek daardie klap agter hom toe, so groot het hy geskrik.
Die kante van die sleepwa was van plank, en aan die een kant was daar 'n gat waar 'n kwas uitgeval het. Toe ek die tou vasgemaak het, stap ek agter toe om die grendel in te skuif en ek sien 'n beweging by die gat.

Toe ek deur die gat kyk, kyk ek in Swernoot se oog vas. Hy was besig om met een oog uit te loer waar die leeus was ....
Francois-hulle het eers 'n rukkie later daar opgedaag.
Ek kan onomwonde sê dat niemand nog so vinnig beweeg het op 'n perd se rug soos ek daardie dag nie.

Ek het later die saal met water en seep gewas, maar dit was terperntyn wat uiteindelik die reuk verwyder het. Perde se sweet ruik heeltemal anders nogal sleg - as hulle geskrik het.
En eers veel later het dit my bygeval dat ek nooit gekyk het watter boom daardie was nie.
Piet Grobler"


Enjoy

Jaco
I should have..,I could have..., I would have...,
Means nothing compared to I DID...
User avatar
Blue Max
Frequent Flyer
Frequent Flyer
Posts: 1458
Joined: Mon Aug 25, 2008 9:00 pm
Location: Elands River Bush and Quad Camp. Loskop Valey S25 01 55.70 E029 08 02.35

Re: Etosha van vroer

Postby Blue Max » Tue Feb 08, 2011 7:55 pm

vhpy vhpy
n wonderlike plek Etosha
Die beskrywing laat n man se hart n punt trek soontoe.
Ek wonder waarom is daar so min kommentaar.?? 133 ouens het die beskrywing gelees.!! :roll: :roll:
Ek praat jou thaal...
Visit www.opencockpit.co.za to read about my Namibiee adventure...
User avatar
MPL Pilot
Whats the right frequency?
Whats the right frequency?
Posts: 275
Joined: Sun Jun 28, 2009 9:33 pm
Location: Hartbeespoort

Re: Etosha van vroer

Postby MPL Pilot » Wed Feb 09, 2011 7:27 am

Blue Max wrote:Ek wonder waarom is daar so min kommentaar.?? 133 ouens het die beskrywing gelees.!!
Die manne wens seker hulle kon saamgaan, dan is dit beter om stil te bly (**)

Jaco, beplan jy om Etosha toe te vlieg met die gyro? En wanneer?

Vlieg veilig manne.
If you fail.... get up and try again. That is the only way to succeed!
ZS-VMS, ZU-RGG, ZU-FWY
User avatar
Shallowpig
Learning to fly
Learning to fly
Posts: 52
Joined: Mon Aug 30, 2010 7:32 am
Location: The Coves

Re: Etosha van vroer

Postby Shallowpig » Thu Feb 10, 2011 8:56 pm

Pierre

Etosha toe vlieg........... Ek wens.

Nee ons gaan maar op die gewone hoogte Etosha toe.
Sal seker eeeendag julle manne se arm draai om so 'n trip met die Gyro's te doen.

J
I should have..,I could have..., I would have...,
Means nothing compared to I DID...

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests