Ek sit dalk die pot mis, maar oor ek op n plaas bly en groot geword het maak vergelykings en lesse uit die natuur vir my net soveel meer sin. Wat ons (gyro-pilots) in die laaste paar maande bereik het, sien ek net n blink toekoms.
Die stukkie lees:
Lesse van ganse:
Wanneer n gans sy vlerke klap, skep dit n verheffing vir die voel agter hom. Deur in n V-formasie te vlieg, voeg die hele swerm 71% meer vliegafstand by as wanneer elke voel allen sou vlieg.
LES: Mense wat deel in rigting en n gevoel van gemeenskap kan vinniger en makliker uitkom waar hulle heen op pad is omdat hulle vlieg met behulp van mekaar se dryfkrag.
Wanneer n gans uit formasie vlieg, sal dit skielik die weerstand voel van om alleen te probeer vlieg en gou weer terugvlieg tot in die formasie en voordeel te put uit die krag van die voels voor hom.
LES: As ons soveel insig soos ganse het, sal ons inval by die formasie van diegene wat op pad is na daar waar ons heen wil gaan.
Wanneer die ganse wat voor vlieg, moeg raak, neem dit n plek agter in die formasie in en kry n ander gans die geleentheid om aan die voorpunt van die formasie te vlieg.
LES: Dit help om beurte te neem om moeilike take te verrig en leierskap te deel; mense sowel as ganse is interafhanklik van mekaar.
Die ganse in die formasie snater van agter af om die voorste ganse aan te moedig om nie spoed te verloor.
LES: Ons moet seker maak dat wanneer ons van agter af snater dit bemoedigend is en nie afbrekend is nie.
Wanner n gans siek word of gewond is of afgeskiet word, sal twee ganse die formasie verlaat en hulle maat help en veilig beskerming bied. Hulle sal by hulle maat bly totdat hy of sy sterk genoeg is om weer te vlieg en dan sal hulle n nuwe formasie vorm of by hulle ou formasie aansluit.
LES: As ons soveel insig soos ganse het, sal ons SAAMSTAAN.
As mens n kooltjie uit n vuur haal en weg van die res neersit, sal dit doodgaan. John Wesley
Alles uit:
Angus Buchan, n Mosterdsaad 21 Desember.
Geseende Kersfees vir almal en n Voorspoedige Nuwejaar. Veilig vlieg en kom ons staan saam in 2011. SAGPA beplan groot dinge vir ons almal
