Dis hoe dit moet is!!!

Fly-in destinations and airfield information - also use this forum to make contact with people in other areas
wingover
Passed radio course
Passed radio course
Posts: 69
Joined: Fri Sep 03, 2010 1:12 pm
Location: Koedoeskop area Between Brits and Thabazimbi
Contact:

Dis hoe dit moet is!!!

Postby wingover » Sun Aug 07, 2011 8:25 pm

Ek wil gebruik maak van die geleentheid om my waardeering uit te spreek oor n mede vlienier en kollega Tribal Croc van Sibaka Ntokozo Lodge vir sy gasvryheid. Hy het al verskei kere hier oor my my gevlieg maar nooit het ons mekaar ontmoet nie. Na n bietjie speur werk op die forum kry ek toe sy kontak besonderhede en kontak hom. Ek stel my self, toe offisieel bekend en "Nee sy hy ook dis hoog tyd dat ons by mekaar uitkom" en nooi my toe om Sat oggend oor te vlieg vir n koffie. 8 Uur Sat oggend is ek in die lug na al die pre - flight en dinge wat eers sorgvuldig en deeglik gedoen moet word, sonder haas. Ek vlieg toe oor nog n vriend en kollega Johan en Cristo Van der Merwe van Sunset Ranch se vlieg veld en gaan land to heel wat later as wat ek beplan het a.g.v. van n wind van voor by Tribal, maar voor ek land sien ek daar kom die Cruiser aan gery toe weet ek dit kan maar net hy wees. Daar geland word ek deur n lang jong man met n bree glimlag begroet. Na n lekker koffie en n gesels oor ATF, AI en lisensie hernuwings kry ek nog n geskenk ook wat ek baie waardeer maar nie net dit nie, ek dink dis n bakgat idee ook, dis n geborduurde lap wapen wat ek op my vlieg baadie gaan sit wat sê LANDED AT NTOKOZO met n Krokodil op met n ysige glimlag en GAME LODGE S 24 58.759 E 02752.882 op. Ek en Tribal gaan hierdie bosveld saam plat vlieg want sien ons is in die bevooregte posisie om nie "pub crawling" soos ons stads nefies en niggies te doen nie maar "Lodge hopping" te kan doen want ons sit in die middel van maklik 15+ lodges en wilds plase met aanloopbane asook met die mooi Krokodil vallei en Waterberge op ons voorstoep. O en dan wat lekker is ons hoef nie kilometers te ry na die naaste vlieg veld en as jy daar kom dan waai die wind so dat nie eers n 747 wil opstyg nie. Die wind waai bitter min vroeg oggend en laat middag hier tensy dit a massiewwe front of n Donder storm is. As daar van julle stads nefies en niggies is wat belangstel om hierdie lekker saam te wil mee maak kan julle ons gerus kontak. (-)
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4958
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Potgietersrus
Contact:

Re: Dis hoe dit moet is!!!

Postby nicow » Mon Aug 08, 2011 7:15 am

Dis nou Bosveldgasvryheid (^^) (^^) (^^)
Nico
Limpopo Flight School
vliegskool@hotmail.com
ZU-AWA
ZU-DMM
ZU-AJO
ZU-AWF
ZU-BAI
ZS-WOR
ZU-TCT
ZU-DOD
ZU-CIE
ZU-BIW
User avatar
Pieter Smith
Flying low - mind the power lines
Flying low - mind the power lines
Posts: 379
Joined: Mon Mar 29, 2010 4:12 pm
Location: Alldays, Limpopo

Re: Dis hoe dit moet is!!!

Postby Pieter Smith » Mon Aug 08, 2011 7:27 am

Ja nee, 'n regte Bosveld Storie. (^^) Geniet en veilig vlieg.
User avatar
Shallowpig
Learning to fly
Learning to fly
Posts: 52
Joined: Mon Aug 30, 2010 7:32 am
Location: The Coves

Re: Dis hoe dit moet is!!!

Postby Shallowpig » Sun Aug 14, 2011 7:43 am

Wingover - jy het PM
I should have..,I could have..., I would have...,
Means nothing compared to I DID...
User avatar
BONZAI BELL
I hate turbulence
I hate turbulence
Posts: 337
Joined: Fri Sep 17, 2010 11:54 am
Location: Springs Airfield

Re: Dis hoe dit moet is!!!

Postby BONZAI BELL » Mon Aug 22, 2011 7:13 am

Tribal croc se gasvryheid en hulpvaardigheid wil ek graag ook self bevestig , om nie eers te praat van die pragtige lodge nie. Op my eerste geleentheid daarheen per voertuig(agv. die weer) het het ek daar oornag. Jy word op die hande gedra. My tweede geleentheid , daar geland , en ook my " Landed at Ntokosa" lap wapen ontvang.
Dit is n vooreg om Francois en Landi met al hul gasvryheid te ken.
ZU-EOL
Magni M-22

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 17 guests